Category: Argiewe

  • SANGER PIETER MARCATO HET PAS SY NUWE ENKELSNIT KUIER TOT DIE SON OPKOM BEKEND GESTEL

    SANGER PIETER MARCATO HET PAS SY NUWE ENKELSNIT KUIER TOT DIE SON OPKOM BEKEND GESTEL

    .Dit is sy vierde enkelsnit as solo-kunstenaar en volg op treffers soos As jy vra, Lekker tye en Swipe regs.

    As ‘n lid van groepe soos Marcato en Eon het Pieter al diep spore in die musiek bedryf getrap en hy beskryf Tot die son opkom as ‘n nuwe fase in sy musiek. ‘’Die eerste drie liedjies wat ek vrygestel het was meer pop georïenteerd, maar met Tot die son opkom het ek meer country en rock elemente ingebring.

    Pieter het van jongs af ‘n liefde vir musiek ontwikkel. ‘’Ek het groot geword met Punk Rock. Ek was dertien toe ek vir die eerste keer The kids aren’t alright gehoor het, en ek was so gefasineerd deur wat die kitare gedoen het,’’ vertel hy. Op daardie stadium het hy net ‘n Casio klawerbord gehad wat sy Ouma vir hom gekoop het. Hy het sy pa oortuig om vir hom ‘n kitaar te koop, ‘n vriend het vir hom ‘n paar drukke gewys en van daar af het Pieter homself leer speel

    Pieter het nog altyd geweet dat hy ‘n musikant sou word, maar sy ouers het nie van die idee gehou nie, ‘’Ek wou oorspronklik musiek gaan swot het, maar my pa-hulle wou nie daarvoor betaal het nie, want hulle het gesê daar is nie geld in musiek nie,’’ lag Pieter. ‘’Ek het toe ‘n sound engineering kursus gevind wat ook ‘n musiek module gehad het en omdat dit die woord engineering aan die einde gehad het, het my pa dit meer gelike.’’

    Pieter het egter nooit sy studies voltooi nie ‘’Dit was ‘n twee jaar kursus wat ek in drie jaar nie kon klaar maak nie, want ek het net die heeltyd ander mense gesoek om mee musiek te maak,’’ onthou hy.

    Pieter het vir Ben van Zyl ontmoet en hulle het hulle ‘n heavy metal band genaamd Evelyn begin. ‘’Ons het vining besef dat metal nie gaan werk as jy musiek in Suid-Afrika gaan maak nie, want daar het net nie genoeg mense na die shows toe gekom nie. Ons het R500 vir ‘n show gekry om te deel tussen vyf ouens, lag Pieter.

    Pieter het vir ‘n rukkie as ‘n ‘’roadie’’ op een van Nicholas Louw se toere gewerk. ‘’Ek het geweldig baie respek vir Nicholas,’’ vertel Pieter. ‘’ek het baie by hom geleer oor produksie en hoe om ‘n show aanmekaar te sit.’’ Na die toer het Pieter ‘n pos as klankinginieur by ‘n maatskappy gekry. ‘’Dit het ook maar net ‘n week gehou en van toe af maak ek musiek,’’ skerts hy.

    In 2008 het Pieter en Ben weer hul kitare opgetel en hul die folk groep Marcato saam met hul mede musikant begin. Marcato het bekend geword vir hul unieke mengsel van country, Bluegrass en rock.

    In 2017 het Pieter beplan om sy solo loopbaan te begin, maar hy het nog getwyfel. Hy het teen dit besluit en toe die pop groep Eon saam met Altus Theart en Jerry Spangenberg begin. ‘’ Eon sou my solo-projek gewees het, maar ek was nie seker of ek al reg was om solo te gaan nie. Ek en Altus en Jerry was saam op ‘n bike trip. Ons het gesels en toe het ek hulle gevra of hulle saam met ‘n boyband wil begin,’’ het Pieter vertel.

    In 2019 het Pieter uiteindelik besluit dat hy reg was om sy solo-loopbaan. ‘’Ek dink ons het almal besig begin raak met verskillende dinge en dit was moeilik om optredes te reel. Dit het net soos die regte tyd gevoel.’’

    Tot die son opkom behou elemente van pop, maar sluit ook klanke van country en rock in end it voel as of hierdie enkelsnit die beste van Pieter Marcato in een liedjie saamgesnoer het.

    Pieter het ook ‘n musiekvideo vir Tot die sonopkom bekend gestel. Die musiekvideo is vervaardig en verfilm deur CoolerBox Kreativ se Wian van der Walt en wys Hoe Pieter en sy goei vriend kuier ‘tot die son opkom.

    Die musiek is nie al wat verander het nie. Pieter is ook nou ‘n Pa. ‘’omdat ek ‘n musikant werk ek, maar meestal oor naweke. Deur die week as hulle by die skool is dan werk ek aan my musiek. In die middae gaan haal ek hulle by die skool en dan is dit Daddy time. In die aande dan gig ek weer, so dit is maar ‘n juggling act,’’ sê Pieter.

    Sy dogtertjie Amila is met geboorte met hydrocephalus gediagnoseer. ‘n Toestand wat veroorsaak dat vloeistof in die brein ophou. ‘’Dit was ‘n groot skok vir ons, maar ons het gelukkig baie vroeg opgetree. Sy is nou 3 jaar oud en sterk goed aan,’’ deel hy met trots.

    Pieter glo dat altwee sy kinders in ook eendag musikante gaan word. ‘’My laaitie Ilan is mal daaroor as ek kitaar speel. Hy gaan definitief eendag kitaar speel, maar my dogtertjie gaan ‘n drummer word. Sy sing ook saam met die radio, maar as ek saam sing dan kyk sy my aan so as sy sê ek moet eerder nie sing nie,’’ lag hy.

    (optredes)

    Tot die son opkom is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

  • Suid-Afrikaanse rock duo, The Stinging Rogers, het pas hul nuutse enkelsnit getiteld, Purgatory bekend gestel.

    Suid-Afrikaanse rock duo, The Stinging Rogers, het pas hul nuutse enkelsnit getiteld, Purgatory bekend gestel.

    Purgatory is ‘n  vars nuwe rock ballade wat jou laat terug verlang na die musiek van die laat 90’s.

    The Stinging Rogers trek sterk sterk vergelykings met groepe soos Just Jinjer en Counting Crows, maar die groep wat bestaan uit beste vriende, Francois Roux en Storm Opperman lewer beslis iets oorspronklik op.

    Purgatory volg op die bekendstelling van hul lied Borderline wat uiters goed ontvang is op radio stasies en selfs nommer een gehaal het op Radio Laeveld se treffer parade.

    Framcois en Storm het ook besluit om die musiek bedryf van twee kante af te betree met twee projekte wat Parrallel loop. Hulle Speel as The Stinging Rogers vir die Engelse mark en het meer onlangs Vrede as ‘n Afrikaanse Projek geloods.

    Vrede se debuut enkelsnit, Perspektief het met hul eerste week nommer een op Reputasie se Afrikaans Top 40 trefferparade behaal.

    The Stinging Rogers se nuwe enkelsnit, Purgatory handel oor die idee dat dit kinders is wat kinders kry. ‘’Toe ek die lirieke, ‘When the air fills her lungs geskryf het, het ek geskry oor die geboorte van ‘n dogtertjie, ‘’ het Storm vertel. ‘’Die liedjie gaan oor hoe wat volgende gebeur alles in haar lewe gaan bepaal. Daar is ‘n groot verskil in wat dit beteken om met of sonder liefde groot te word end it het ‘n groot impak op die samelewing waar in ons vandag lewe.’’

    Purgatory se lirieke is iets waarmee Storm homself kan vereenselwig. ‘’Ek het groot geword met ‘n ma wat liefde uitgestraal het. Dit is as of dit haar doel op aarde is om lief te hê en sy doen dit terwyl sy drie kinders groot maak. Aan die keer kant het ek groot geword met verskillende pa figure. Die een het sy eie pad gevolg en die ander het ek glad nie mee oor die weg gekom nie. Die lyn was heel duidelik vir my getrek om te besluit watter tipe persoon ek wil wees en watter tipe pa ek eendag vir my kinders wil wees,’’ het hy vertel.

    Francois het Purgatory beskryf as ‘n metafoor vir die idee dat jou omstandighede jou toekoms bepaal. ‘’Dit gaan vir my daaroor dat jy moet aanvaar dat jou ouer ‘n invloed op jou lewe gaan hê, maar jy het ook ‘n keuse oor wie die persoon is wat jy eendag gaan word. Ek kis om te glo dat daar meer liefde in hierdie werel is as donker,’’ het hy vertel.

    The Stinging Rogers het die beeld van ‘’purgatory gebruik as ‘n wagkamer waar jy wag om groot te word en waar jy jou eie identiteit kies ten spyte van omstadighede. Hulle beskryf die lirieke ‘’ Love makes you richer’’ as die woorde wat die hele boodskap van die lie vol sirkel bring.

    Purgatory is nou beskikbaar om te stroom op alle digitale platforms.

  • ONSKULD VAN ‘N KIND  – VREDE WIL ‘N POSITIEWE BYDRAE LEWER

    ONSKULD VAN ‘N KIND – VREDE WIL ‘N POSITIEWE BYDRAE LEWER

    ‘’Musiek en sport is universiële tale en het die vermoë om mense bymekaar te bring. Ons is musikante, so ons moet ons musiek gebruik om ons boodskap daar buite te kry,’’ so sê Vrede se Francois Roux oor hul nuwe enkelsnit, Onskuld van ‘n kind.

    Onskuld van ‘n kind is die folk duo se tweede Afrikaanse enkelsnit. Hul eerste Afrikaanse enkelsnit, Perspektief is goed ontvang op Radio en het selfs nommer een op Reputasie musiek se Afrikaanse Top 40 behaal.

    Die Groep wat bestaan uit beste vriende, Francois Roux en Storm Opperman is al ‘n geruime tyd in alternatiewe sirkels bekend vir hul engelse projek waar hulle onder die naam The Stinging Rogers speel. The Stinging Rogers se enkelsnit, Borderline het ook uiters goed op radio gevaar en het selfs nommer een op Radio laeveld gehaal.

    Vir hul Afrikaanse projek het Storm en Francois op die naam Vrede besluit. ‘’Ons sien baie mense het hierdie spesifieke idees oor hulle kuns. Hulle wil hierdie beeld uitstraal dat hulle oor niks omgee nie en dis koel, maar dit is nie wie ons is nie. Ons gee om veral oor wat ons deur ons lirieke daar buite sit en ons het nogal baie om te sê,’’ het Storm verduidelik.   

    Onskuld van ‘n kind se lirieke is deur Francois geskryf en is geïnspireer deur ‘n vrou wat ‘n groot impak op sy lewe gehad het. ‘’Ek is gebore in Parow en toe ek drie maande oud was het my ouers na ‘n huis in Welgemoed gaan kyk. Die huishulp Johanna het nog op die eiendom gebly en sy was dadelik verlief op my, so my ouers het haar gevra of sy sou aanbly na die koop,’’ het Francois vertel.

    Johanna het vir 12 jaar by Francois se ouers gewerk en sy het hom baie met sy musiek gehelp. ‘’Sy het my altyd na kitaar lesse toe gevat en sy het die drukke wat die musiek onderwyser my geleer het gememoriseer en as ek in die week geoefen het, het sy my reg gehelp,’’ onthou hy.

    Francois vertel dat Johanna ook in die kerk gesing het en dat sy hom leer sing het. ‘’Sy was my heel eerste “vocal coach” en sy het my oor die vingers getik as ek iets verkeerd gedoen het.’’

    Francois het verduidelik dat hierdie oomblikke in sy gedagtes gespeel het terwyl hy die liedjie geskryf het. Johanna het onlangs haar stryd teen kanker verloor en Francois en sy ma het na Vredendal gereis om die begrafnis by te woon. Francois het ook tydens die diens gesing.

    ‘’Ons het besluit om die lied aan haar op te dra, want die belangrikste les wat sy agter gelaat het is liefde en ons het meer van dit nodig in die wêreld,’’ het Storm vertel. ‘In die lewe gaan baie dinge jou perspektief probeer verander, maar wanneer jy gebore word – die oomblik wat lig in donker verander het jy die vermoë om te kies wat reg en wat verkeerd is. Jy moet net in daardie onskuld van ‘n kind kan vashou, ‘’ het hy af gesluit.

  • Sanger Willem van der Ryst is terug met sy nuwe album getiteld dis ‘n liedjie boer-ding

    Sanger Willem van der Ryst is terug met sy nuwe album getiteld dis ‘n liedjie boer-ding

    Willem is bekend daarvoor dat hy sy eie musiek skryf en het meer onlangs treffers soos Nikkels en die wyn, Knipmes Aand en Suid van Eden bekend gestel, maar vir hierdie album het hy op die werk van Suid-Afrika se liedjieboer Anton Goosen gesteun.

    ‘’Tydens my akoestiese vertonings sal ek so nou en dan ‘n paar Anton Goosen liedjies of ‘n medley speel, die mense sing altyd saam. Ek het gedink dat dit lekker sou wees om ‘n paar van my gunsteling Anton Goosen treffers op te neem en dit ‘n bietjie van ‘n moderne gevoel te gee,’’ vertel Willem.

    Willem se verteenwoordigers het Anton Goosen gekontak en hy het sy toestemming gegee dat Willem sy liedjies kon opneem. ’’Ek is nie heilig oor my werk nie en sien dit as ‘n geweldige kompliment,’’ het Goosen vertel.

    Dis ‘n liedjieboer-ding sluit in Willem se weergawes van, Blommetjie gedenk aan my, Byeboerwa, Geelperskereën, Pampoene op die dak, My Stellenbosch se nonnatjie roep my en Trompie.

     Die album is vervaardig deur Tertius Human van CoolerBox Studios wie ook verantwoordelik is vir die nuwe verwerkings van die liedjies. ‘’Tertius het die kitare verander en die liedjies ‘n meer modern gevoel gegee en ek dink luisteraars sal regtig die ‘’kick’’ en ‘’base’’ geniet wat ons by gevoeg het,’’ vertel Willem.

    Willem het met Goosen se musiek groot geword so elke ‘n liedjie het ‘n spesiale herrinnering herroep hy, veral Trompie.

    ‘’Op skool was ek in die koshuis en ek het die boeke daar begin lees en ek was mal daaroor. Ek het eers heelwat later die TV reeks en die flieks ontdek. Ek dink die storie het vir jong seuns geleer dat hulle leiers moet wees en as ek deur die liedjie dit kan regkry om een stoutgat seunskind aan Trompie voor te stel, sal dit vir my baie lekker wees,’’ het Willem gedeel.

    Willem se span het natuurlik die voltooide album vir die oorspronklike liedjieboer gestuur om seker te maak dat dit sy goedkeuring dra. ‘’Ek hou baie daarvan. Dis ‘n vars aanslag,’’ het Goosen per telefoon gedeel.

    Willem sien uit daar na om die album met sy aanhangers te deel en het gedeel dat hy intussen druk besig is met vertonings en om nuwe oorspronklike musiek te skryf.

  • KAAPSE SANGERES EN LIEDJIESKRYWER, NOA MILAN, SKRYF TEMALIED VIR S.A WATER WARRIORS.

    KAAPSE SANGERES EN LIEDJIESKRYWER, NOA MILAN, SKRYF TEMALIED VIR S.A WATER WARRIORS.

    Die Kaapse sangeres en liedjieskrywer, Noa Milan, het pas haar enkelsnit, VEG, VAL, OPSTAAN bekend gestel. Noa het Veg, Val, Opstaan geskryf as ‘n temalied vir SA Water Warriors.

    Vir Noa was dit ‘n vreemde samevoering van gebeure wat tot hierdie liedjie gely het. “Ek was genader deur die sangeres, Andriëtte Norman, om vir haar ‘n liedjie te skryf. Nadat dit gebeur het, het ek ‘n plasing daaroor op Facebook gemaak. ‘n Oom het dit gesien en my gevra of ek ook die temalied vir sy organisasie sou skryf.” vertel sy.

    SA Water Warriors is ‘n niewinsgewend organisasie gebasseer in Kaapstad. Hul doel is om water donasies in te samel en na droogte geteisterde gebiede te versprei.

    “Hierdie liedjie is baie meer mainstream as wat van my ander musiek is. Ek moes dus myself herinner dat ek moet doen wat reg is vir die kliënt se teikenmark. My musiek wat ek gewoonlik skryf is baie meer Folk, Indie en Blues-gedrewe. My doel met hierdie song se lirieke was om iets te skep wat die boere sal bemoedig en ook vertel van die merkwaardige werk wat S.A Water Warriors doen. Dit het nie hier oor my gegaan nie,” het Noa oor die liedjie vertel.

    Noa het groot geword Melkbosstrand in die Wes-Kaap en het haar liefde vir musiek in die kerk ontdek. “Dit klink bietjie na ‘n cliché, maar ek het in die kerk begin sing. My pa was ‘n predikant, dus was ek maar altyd by die kore en orkeste betrokke. My ouers is albei verslaaf aan musiek en het my, toe ek baie klein was, aan teater blootgestel. Dit was dus die natuurlike ding vir my om, na skool, Musical Theater, te gaan swot,’’ deel sy.

    Noah het in 2007 haar studies by die Watefront Theatre School in Kaapstad begin. Na sy klaar studeer het, het sy vir vier jaar lank drama afgerig by Laerskool van Riebeeck strand in Melkbosstrand. “Terwyl ek studente voltyds afgerig het, was die kans om self te sing en toneel te speel, baie min.” Sy het wel gedurende die tyd ‘n paar keer haar buiging op Artscape se verhoog gemaak en vir ander kunstenaars geopen, maar dit was nie vir haar genoeg nie.

    In 2018 het sy besluit om voltyds haar passie vir sing, skryf en toneelspel te volg. “Ek het net lekker aan die gang gekom toe Covid die wêreld tref. Ek moes dus, na die pandemie, so te sê, van voor af begin. Ek is wel nie bang vir oor begin nie,” vertel sy.

    Noa het besluit om die lied Hemel skree op te neem. ‘’Ek het Hemele skree in 2010  geskryf, maar ek het besluit om vir Bouwer Bosch te nader om saam met my aan die snit te werk. Ek was mal oor sy spoken word, so ek het vir hom ‘n boodskap gestuur en hy was in. Ek het vir hom die musiek gestuur en hy het amper dadelik sy deel terug gestuur.’’  Hemele Skree het tot op hede meer as 40 000 kykbeurte op Noa se persoonlike blad geniet.

    Intussen het sy ook haar enkelsnitte Dagboek, Gronpad en Laat die mense maar praat bekend gestel. “Laat die mense maar praat” is seker my belangrikste Afrikaanse song wat ek al geskryf het. Die liedjie het die tonge laat klap, maar die song gaan oor wie ek regtig is,” deel sy.

    Noa se fokus is nou om voltyds musiek te maak, maar sal ook binnekort op TV te sien wees. “Ek vertolk ‘n rol in die nuwe seisoen van ‘n Afrikaanse reeks, maar hieroor mag ek nog niks sê nie,” sluit sy af.

    Veg, Val, Opstaan is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

  • Dewald Gouws mik vir nuwe horisonne met nuutste enkelsnit

    Dewald Gouws mik vir nuwe horisonne met nuutste enkelsnit

    Dewald Gouws, een van Suid-Afrika se voorste Gospel-sangers mik vir nuwe horisonne met sy nuutste enkelsnit, Die Evangelie. Met besprekings vir sy optredes wat reeds tot in 2023 strek, is dit duidelik dat Dewald daarop uit is om met mening sy plek in die Afrikaanse Gospel-mark te vestig.

    Dit is Dewald se missie om vir mense die ligter, liefdevoller kant van Geestelike musiek te wys: “Ek het baie keer in my lewe beleef dat prediking soms ‘n wan persepsie by individue kan agterlaat en hul selfs kan laat struikel…” meen die 47-jarige sanger wat reeds meer as 5 albums die lig laat sien het.

    In sy nuutste enkelsnit, Die Evangelie, wat pas vrygestel is, snoer hy kragte saam met die immergewilde kletsrymer, Hemelbesem. Alhoewel dit vir talle aanhangers ‘n verrassing mag wees om hierdie twee uiteenlopende musiekstyle te sien hande vat, beloof Gouws dat dit verseker horisonne en uitkyke van luisteraars sal verbreed.  “Ons wil met hierdie lied die luisteraars herinner dat die boodskap van die Evangelie ‘n liefdesboodskap is en nie ‘n boodskap is wat vrees bring nie: Jou tekortkominge diskwalifiseer jou nie van die liefde van God nie…” vertel Gouws met groot opgewondenheid oor sy nuwe materiaal.

    Gouws meen dat sy uitgangspunt aangaande hierdie produksie was om eenheid te bring tussen verskillende kulture en daarom ook die verrassende bydrae deur Hemelbesem, wat daarvan spreek dat ons almal saam kan staan waar daar liefde en genade ter sprake is.

    Gouws is tans besiger as ooit tevore en sy dankbaarheid vir die musiekindustrie wat steeds herstel na Covid-19 se greep is onbeskryflik groot, “Dit is verrassend om te sien hoe ontvanklik die mense vir hierdie boodskap is.” 

    Die Evangelie ft Hemelbesem is nou op alle platvorme beskikbaar.

    Vir vêrdere media navrae kontak gerus:

    Ashley

    Dewald Gouws se volgende optree-datums:

    3 Sept Phalaborwa manne/vroue 08:00

    4 Sept Phalaborwa W in Waarheid 09:00

    4 Sept Tzaneen 18:00

    9 Sept Skuinsdrift 18:00

    11 Sept AGS Lichtenburg 09:00

    11 Sept VEK Klerksdorp 17:00

    16 Sept Bikersjol Sabie 18:00

    18 Sept VEK Nelspruit 09:00

    18 Sept VEK Baberton 18:00

    21 Sept Harties Lofprysing 18:00

    23 Sept MMC – Sentraal 

    24 Sept MMC – Sentraal 

    25 Sept MMC – Sentraal 

    1 Okt Groblersdal 18:00

    2 Okt Manne – Groblersdal 09:00

    3 Okt VEK Groblersdal 09:00

    6 Okt Sasolburg Sel groep 18:00

    7 Okt MMC – Carltonville 

    8 Okt MMC – Carltonville 

    9 Okt MMC – Carltonville 

    15 Okt – Potgietersrus Fees 09:00

    16 Okt – VEK Pta Noord 09:00

    16 Okt – Victory Life Pretoria 18:00

    21 Okt – Bethlehem 18:00

    23 Okt – AGS Bethlehem 09:00

    29 Okt – VEK Secunda 18:00

    30 Okt – AGS Vryheid 09:00

    30 Okt – AGS Vryheid 18:00

    5 Nov – Richardsbaai vroue 11:00

    6 Nov – Richardsbaai NG 09:00

    12 Nov – Hoopstad 16:00

    13 Nov – AGS Odensdaalrus 09:00

    20 Nov – AGS Sasolburg 09:00

    20 Nov – Boksburg 18:00

    27 Nov – VEK standerton 09:00

    27 Nov – Vereeniging 18:00

    4 Des – AGS Wolmeranstad 09:00

    4 Des – AGS Hartbeesfont 18:00

    11 Des – Zeerust AGS 09:00

    11 Des – Potch 18:00

    18 Des – Boksburg NLB 09:00

    19-29 Des – TO Strand Suid-Kus

  • DOZI SE BLOUTREIN: ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN THEUNS JORDAAN

    DOZI SE BLOUTREIN: ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN THEUNS JORDAAN

    Dozi, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers, is verheug om sy nuwe enkelsnit, “Bloutrein”, aan te kondig. Hierdie aangrypende lied sal beskikbaar wees op alle digitale platforms vanaf 6 Oktober 2023.

    “Bloutrein” is ‘n spesiale live weergawe wat opgeneem is tydens die Theuns Tribute vertoning by Loftuspark in Maart 2023. Die lied, oorspronklik geskryf deur Theuns Jordaan in 2012, dra ‘n diep emosie wat Dozi byvoeg in hierdie optrede. Dit is ‘n huldeblyk aan die sterk vriendskap tussen Dozi en Theuns Jordaan, wat vir baie jare geduur het. Die lied roep die vrees op van die Bloutrein wat ons almal eendag kom haal, soos dit Theuns uiteindelik kom haal het.

    Die live weergawe van “Bloutrein” vang die emosie en intensiteit van Dozi se optrede saam met die orkes. Die lied bou op vanuit ‘n eenvoudige begin tot ‘n hoogtepunt van emosie en musikaliteit. Ons nooi luisteraars uit om hierdie meestervertoning te geniet met die lewendige beeldmateriaal wat reeds beskikbaar is op Vonk Musiek se YouTube kanaal.

    Dozi se interpretasie van “Bloutrein” is ‘n ware eerbetoon aan Theuns Jordaan en sy nalatenskap. Die lied raak diep aan die hart en herinner ons aan die kosbare vriendskappe in ons lewens. Dozi se emosievolle vertolking en die meesterlike begeleiding van die orkes maak hierdie weergawe van “Bloutrein” ‘n unieke en onvergeetlike luisterervaring.

    https://linktr.ee/dozimusiekGeniet die enkelsnit op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/dozimusiek

    Geniet die musiekvideo hier – https://www.youtube.com/watch?v=nAq9O1tlkQE

    SOSIALE MEDIA (Dozi)

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    Vonk Musiek

    Carla Burg

    Sel: 068 303 1346

    E-pos: carla@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

    E-pos: francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za 

  • SAK SAREL, DAAR IS ‘N NUWE STEM IN AFRIKAANSE MUSIEK

    SAK SAREL, DAAR IS ‘N NUWE STEM IN AFRIKAANSE MUSIEK

    Sak Sarel daar is ‘n nuwe stem in die Afrikaanse musiek bedryf. Sanger en liedjieskrywer, Sarel Kleinhans het pas sy debuut enkelsnit  getiteld, Blommetuin bekend gestel.

    Blommetuin is ‘ romantiese ‘’folk’’ liedjie wat Sarel vir sy vrou Mariaan geskryf het. ‘’Die lewe het ‘n manier om jou na vreemde plekke en soms ‘n paar grondpaaie te lei, en as jy die regte persoon ontmoet dan tel hulle jou op, stof jou af en ruk jou weer reg,’’ vertel Sarel oor die liedjie.

    Sarel is miskien ‘n nuweling, maar musiek is in sy Bloed. Sy ouer broer is die bekroonde liedjie skrywer en sanger, Herman Kleinhans.’’Ek kyk baie op na my broer en hy het my baie geleer, veral wanneer dit kom by musiek skryf,’’ vertel Sarel trots.

    Sarel vertel dat hulle met musiek groot geword het en dat hul pa, Christo gereeld vir hulle kitaar gespeel en gesing het. ‘’Op skool as hy sportswedstryde gaan speel het, het my pa op die toerbus geklim en hy het altyd sy kitaar saam gebring. Hy sou liedjies soos ‘’Sunday Girl’’ of ‘’Give me Hope Johanna’’ speel en hulle het almal saam gesing.’’vertel Sarel

    Sarel was agt jaar oud toe hy sy eerste kitaar gekry het, en hy het homself geleer speel, maar hy wou aanvanklik nie musiek as ‘n loopbaan volg nie. ‘’Ek het besluit om regte te studeer, want ek wou iemand wees wat ‘n verskil in ander se lewens maak,’’ het hy vertel. Kort na hy klaar studeer het, het Sarel besef dat dit nie vir hom was nie. ‘’Ek het besef dat ek nie hard genoeg was om ‘n prokureur te wees nie,’’ en hy het besluit om sy passie vir musiek te volg.

    Sarel was nie bang om hard te werk nie en sy toewyding en talent het gesorg dat hy vining baie besig geword het en het net begin momentum kry toe tref die noodlot.

    ‘’Ek het ‘n baie besige naweek gehad. Ek het die vrydag by ‘n troue op Nooitgedacht landgoed opgetree. Die Saterdag het ek ‘n vertoning in Hermanus en op Stellenbosch gehad en die Sondag het ek weer twee 4 uur lange vertonings in Franschoek gehad.’’ Teen die einde het Sarel siek begin voel en hy het skielik sy stem verloor. ‘’My stem het nie terug gekom lonie en ek het bekommerd  geraak,’’ het hy vertel.

    ‘’Ek moes twee weke wag om ‘n spesialis te sien, en hy het vir my gesê dat hy niks fout kon sien en dat ek net my stem moet rus.’’ Dit het egter twee jaar geneem voor Sarel se stem herstel het.

    Intussen het Sarel saam met sy broer begin werk en hy het betrokke geraak met die besprekings, toere en die feeste. ‘’Ek is ongelooflik dankbaar vir die, want ek het baie by Herman geleer oor die musiek bedryf,’’ vertel Sarel. ‘’Die belangrikste lesse wat ek by hom geleer het gaan oor stiptelikheid, om goeie verhoudings te bou en om musiek te skryf waarvan ek hou.’’

    Sarel het stelselmatig weer begin musiek maek en optree, en 2021 is hy ‘n platekontrak by Vonk Musiek aangebebied. Hy het besluit om Blommetuin heel eerste op te neem omrede dit ‘n spesiale betekenis het. ‘’Die eerste keer wat ek Blommetuin voor mense gesing het was by my troue,’’ bloos Sarel. ‘’Dit was ‘n groot verrassing, want dit was die eerste keer wat my vrou dit gehoor het.’’

    Groot romantiese gebare is natuurlik ‘n tradisie wat deur die Kleinhans mans voortgeset word. Sarel se Pa het ook vir hulle ma ‘n liedjie geskryf wat hy by destyds by hulle troue gesing het en Herman het sy treffer, ‘’Vliegtuig’’ geskryf om sy vrou Maryke te vra om te trou.

    Sarel en Mariaan is tydens ‘n intieme seremonie by haar Oupa se strandhuis in Kleinbrak getroud. Hulle is tydens die inperking getroud en het slegs 27 gaste na hul onthaal getroud. ‘’Dit was maar net ons familie wat daar was. Ek dink ons het elkeen een pel genooi,’’ onthou Sarel.

    Saarel en Mariaan het ook onlangs hul seun, Christiaan verwelkom. ‘’Dis ‘n groot verantwoordelikhied, want alles wat ek nou doen gaan ‘n invloed op my seun hê,’’ vertel hy.

    Sarel is huidglik in die studio besig om aan sy eerste album te skaaf wat na verwagting in Desember van hierdie jaar beskikbaar sal wees.

  • BLOUMOORD IS TERUG MET HUL NUWE ENKELSNIT – HEY JY

    BLOUMOORD IS TERUG MET HUL NUWE ENKELSNIT – HEY JY

    Bloumoord het pas hul nuwe enkelsnit getiteld; ‘Hey Jy’ bekend gestel.

    Met hul treffers ‘Jy Moet Net Jouself Wees’ en ‘Dis Okay’ het Bloumoord die musiek mark betree met hul eie unieke mengsel van koel en ‘weird’. Die jong band kry dit reg om die balans tussen alternatiewe en kommersiële musiek te handhaaf en met elemente van rock en punk bied Bloumoord ‘n klank wat die Afrikaanse mark nog nie gehoor het nie.

    Bloumoord is begin deur Boksburg broers Tiaan, Martin en Trevor Enslin. ‘’Martin het met sy sakgeld vir hom self ‘n stel tromstokke by Warmbad se CNA gekoop. Hy het nie ‘n tromstel gehad nie en het maar op die mure, banke en ou koffieblikke vol sand begin speel,’’ het Tiaan die oudste broer vertel. Hulle het uiteindelik vir Martin ‘n stel tromme gekry en Tiaan en Martin het saam begin musiek maak. ‘’Martin is ‘n laatlammetjie, so dis as of ons ouers geweet het dat ons ‘n ‘drummer’ nodig sou kry,’’ spot Tiaan.

    Tiaan het begin geld spaar en hy het vir sy middelste broer, Trevor, ‘n bass-kitaar by Cash Crusaders gekoop en vir hom gesê hy moet leer speel. Uiteindelik was die drie ‘n band en hulle het saam begin musiek skryf en maak in hul ouers se motorhuis.

    Die broers het ernstig begin raak oor musiek en hulle het Pedré Lamprecht op die elektriese-kitaar en Renier Hattingh op ritmiese-kitaar gevra om by Bloumoord aan te sluit. ‘’Ons is almal baie passievol oor die musiek wat ons maak en wat ons eendag wil bereik en dit voel as of ons twee boeties by gekry het,’’ het die broers gedeel. 

    Bloumoord wou uit die staanspoor musiek maak wat nie soos enige ander band sin klink nie en hulle lied, Jy Moet net Jouself Wees, se jeugdige en rebelse gevoel het dadelik aandag getrek. Hey Jy, het egter ‘n meer volwasse aanslag wat ‘n dieper kant van die laaities van Boksburg ten toon stel. ‘’Ons het binne ‘n baie kort tydperk ‘n evolusie ondergaan. My jongste broer is eweskielik 18 en het oornag in ‘n solid bassist verander, Ek het eweskielik my stem gevind en Martin speel heel skielik heel anders tromme en met Pedré en Renier wat bygekom het, het iets net gejel,’’ deel Tiaan.

    ‘’Ek wou ‘n song skryf waar ons direk met die gehoor praat,’’ het Tiaan vertel. ‘’Ek het maar ‘n bietjie van ‘n plat kop en die eerste ding wat in my gedagtes opgekom het was die woorde hey jy.’’ Trevor het met ‘n paar note op die bass-kitaar begin speel en Tiaan het oor die note begin harmoniseer. ‘’Dit het nie geklink soos die tipe musiek wat ons gewoonlik sou maak nie, maar dit was beter,’’ verklap Tiaan.

    Hey Jy spreek ook iets dieper aan. Tiaan wie die lirieke geskryf het vertel dat hy in die verkeer buite Sandton vasgesit het en vir die mense om hom begin kyk het. ‘’Die ou in die kar voor my het net kwaad gelyk. Hy was kwaad vir alles en almal om hom en ek weet nie hoekom nie, maar ek kon sy energie aanvoel. Langs my was ‘n boemelaar wat by die robot gebedel het en die spesifieke dag het dit my gepla, want ek kon die trane in sy oë sien.’’

    Hierdie oomblik het die res van die lirieke geinspireer. ‘’Ek het besef, ons almal gaan deur dieselfde dinge. Ons probeer net deur die dag karring en soms is dit net nodig om te stop en vir ander mense in die oë te kyk,’’ het hy verduidelik.

    Hey Jy het nostalgiese elemente wat aan die laat 90’s of vroeë 2000’s herinner, en voel bekend en onverwags terselfdetyd. Die lied vind ‘n fyn balans tussen lig en donker wat ‘n tipe Yin Yang gevoel skep. Hierdie lied bewys dat die jong band van Boksburg hul stem gevind het end at hulle nie hier is om in enige iemand se voetspore te volg nie, maar dat hul eie rigting gaan inslaan – Al is dit effens ‘weird’. 

  • VELVETBLOHM’S DEBUT ALBUM IS A MUST-HAVE FOR FANS

    VELVETBLOHM’S DEBUT ALBUM IS A MUST-HAVE FOR FANS

    Jan Blohm and Ryno Velvet have shown over the past few months what can be achieved when two great talents in the music industry decide to collaborate.

    Their joint effort, Velvetblohm, has made quite the impression since its launch earlier this year and their first two singles were very well received.

    To make things even more interesting, the pair has just released their debut album and fans are ecstatic!

    TOE ROEP EK JOU NAAM is a contemporary Afrikaans rock album, written and composed by the artists themselves, and can be described as a “honest summary of emotions, exitance, understanding and vulnerability…” or at least for this chapter in their lives.  

    Volgens Velvet het hulle die titelsnit as naam gekies vir die album, omdat hulle graag die skryfproses en die geleentheid om saam te werk wou eer.

    “Our main inspiration has been the opportunity of working together. After the decision was made to release an album together, we had to keep our heads down and get to work. We were at the right time and place to produce an album with Tertius Human,” he shares.

    TOE ROEP EK JOU NAAM consists of 11 top-notch tracks that were carefully selected to speak to listeners’ hearts. It boasts several new songs, including Tussen Die Lyne and Kaap that were playlisted on all major radio stations, as well as remakes of some of their biggest hits.

    “It is impossible to choose a favourite song on the album. It was amazing to see each track grow and develop and we love all of them. We couldn’t have been prouder of the final product. A lot of talented people collaborated on the album, and it is a privilege to showcase the work of musicians like Floors Oosthuizen, Vinnie Henrico and Denny Lalouette,” they explain.   

    Although Blohm and Velvet toured together in 2006 and 2009, they only came up with the idea of launching an official Velvetblohm act at the end of 2021. With the help of Vonk Musiek’s Kobie Koen, what started out as a unique way of sharing their biggest hits with fans grew into an opportunity to record and release new material.

    The duo looks forward to sharing more of their music with fans and is going on tour in December. 

    When Jan is not on stage, he enjoys painting and sculpting. He is also the owner of Jan Blohm Art Gallery and Blohmhuis Theatre, situated in Strand.

    When he is not singing, Ryno is also a talented graphic designer, photographer and producer.  

    TOE ROEP EK JOU NAAM builds on the successful foundation established by these versatile men and makes you look forward to what they have planned for the future.

    “We want our music to appeal to listeners. This album is for anyone who likes our songs or want to discover something that is out of the box. We have a good idea of what our music means to fans and wanted to reward their support by delivering an album that they would enjoy,” the pair concludes.

    The album is now available on all digital platforms. Download it here: https://linktr.ee/velvetblohm

    SOCIAL MEDIA LINKS

    Facebook:

    JAN BLOHM

    Twitter: @JanBlohm

    RYNO VELVET

    PUBLICITY & MARKETING

    Starburst Promotions

    Gizela Sharim

    Cell: 083 399 6869

    E-mail: gizela@starburstmusic.co.za

    Website: www.starburstmusic.co.za

  • DEWALD GOUWS  – NOOIT ALLEEN

    DEWALD GOUWS – NOOIT ALLEEN

    Gospel sanger, Dewald Gouws se splinternuwe enkelsnit Nooit Alleen getuig van sy innerlike oortuiging dat die heilige gees in elkeen wat in die drie enige God glo woon.

    Met sy albums Verhaal Van Glorie en Staan Op het Dewald homself gevestig as een van ons land se voorste sangers van kontemporêre Christelike musiek en met Nooit Alleen wil hy elke luisteraar herinner dat die Heilige Gees gestuur is om gebroke harte te lei, genees en te troos.

    ‘’Met die heengaan van soveel kosbare mense die afgelope twee jaar a.g.v die wêreldwye pandemie, het duisende individue hierdie impak van alleen wees van nader beleef,’’ het Dewald gedeel.

    Dewald bevestig hierdie  boodskap deur ń direkte verwysing aan te haal uit die Woord van God.

    ‘’Joh 14:15: As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Joh 14:16:  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid. Joh 14:17: Die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.’’

    Met hierdie lirieke wil Dewald luisteraars herriner dat die Here by ons is ongeag die omstandighede. Deur  hierdie boodskap van die Evangelie met hierdie komersiële aanslag oor te dra vertrou  Dewald dat die Heilige Gees harte gaan aanraak. ‘’Hierdie lied is deel van my skeppingsdoel, my roeping om siele na God te lei deur hierdie unieke musiekbediening,’’ het Dewald vertel.

    Nooit Alleen is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

    Met die vrystelling van Nooit Alleen deel Dewald Gouws die volgende gebed, “Kosbare Vader, mag die Heilige Gees, elke mens wat na hierdie lied luister kragtig aanraak, in Jesus naam Amen”.

    Dewald sal ook te sien wees by hierdie opkomende optredes.

    • Barkley-Wes mannekamp 13-15 Mei

    •Vroue byeenkoms Hartbeespoort 21 Mei

    •NG Wonderboom 25 Mei

    •Magaliesburg manne kamp 28 Mei

    • Secunda AGS – 5 Junie 

    • 10-19 Junie Ooskaap Toer

  • SANGER VINCENT GORDON VERRUIL SY POPKLANK VIR ‘’DIE ONBEKENDE’’

    SANGER VINCENT GORDON VERRUIL SY POPKLANK VIR ‘’DIE ONBEKENDE’’

    Sanger Vincent Gordon het bekendheid verwerf met sy pop treffers soos Stap Soos Karlien en Dis Die Liefde Wat Tel maar met sy nuutse enkelsnit betree hy Die Onbekende. 

    Gordon wat al op die ouderdom van nege begin sing het nog altyd musiek op gevoel geskryf. Sy musiek handel gewoonlik oor waar hy homself in die lewe bevind en soos baie ander het die laaste paar jaar se onsekerheid sy tol geeis. Die gevoel het in sy musiek begin manifesteer en die gevolg was sy nuwe lied, Die Onbekende.

    ‘’Die lied het ‘n meer ‘n ernstige boodskap,’’ het Gordon vertel. ‘’ ‘n Mens weet nie altyd wat voorlê op die pad nie. Die inspirasie agter die lied het gekom van waar ek myself bevind het. Waar ek nie geweet het waar my toekoms heen gaan nie. Gaan ek nog musiek kan doen? Gaan daar nog ‘n pademie wees waar ek nie vertonings kan doen nie? Hoe gaan ek my kinders voer? Waarheen beweeg ek? Ek besluit om my storie deur musiek te deel.

    Die Onbekende voel verwyderd van die opgewekte pop klank waarvoor Vincent Gordon bekend geword het, maar tog was dit lied wat hy gevoel het hy moes deel. ‘’Ek wou my storie vertel. Hoe moeilik dinge soms kan wees, en hoe angstig iemand kan voel wanneer dit voel asof daar nie lig aan die ander kant is nie.’’

    Die lirieke vang iets ‘n gevoel vas wat baie van ons al ervaar het. Waar ons verlang na die liefde en vryheid van n kind wees. Jy kon net speel en daar was geen bekommernis oor hoe jy kos op die tafel sou sit nie.

    Gordon het self die lied vervaardig en het die geleentheid te gebruik om ‘n nuwe klank vir homself te ontwikkel. ‘’ Ek wou ‘n meer ernstige boodskap oordra met die klank en woorde wat ek gebruik het. Die genre is baie anders as die pop en dans musiek wat ek gwoonlik doen en ek sien baie uit daarna om te hoor hoe die publiek sal reageer op die nuwe styl,’’ het hy gedeel.

    Die lied het vir Gordon ‘n baie spesiale betekenis. ‘’Dis iets waardeur ek onlangs gegaan het. Ek moet nogsteeds baklei vir my plek om te kan sing en om te kan doen waarvoor ek lief is. God het my deur alles gehelp en my geseën toe ek gedink het dis verby,’’ vertel hy.

    Gordon hoop dat ander mense ook sal aanklank vind met die boodskap in Die Onbekende. Die pademie het baie van ons in n plek geplaas waar ons voel ons weet nie waarheen volgende nie,’’ het hy afgesluit.

    Verder is hy al reeds besig ‘n volgende musiek video en het hy homself belowe dat hy die jaar meer aandag gaan gee om musiek te maak en sy stories in liedjies te sit vir sy aanhangers. Gordon is ook al besig met sy opvolgende enkelsnit getiteld, Ek Wou Ons Nie Verniel en oorweeg dit Sterk om’ nuwe album op te neem.

    Daar is ‘n Paar Vertonings waarna aanhangers kan uitsien. Vincent Gordon sal te sien wees op die 24ste April by East Rand Traders en het ook al ‘n optrede by Legends bevestig vir die 21ste Mei.