Category: Argiewe

  • JOHN ROCK PROPHET SE NUWE ENEKLSNIT, “NOMMER PAS”, VERTEL ‘N VERHAAL VAN LIEFDE EN VERLANGE.

    JOHN ROCK PROPHET SE NUWE ENEKLSNIT, “NOMMER PAS”, VERTEL ‘N VERHAAL VAN LIEFDE EN VERLANGE.

    Die ikoniese musikant, John Rock Prophet, het sy nuwe enkelsnit, “Nommer Pas” bekendgestel. Nommer Pas is ‘n hartroerende verhaal van liefde en verlange wat die hartsnare sal roer.

    Die lirieke van “Nommer Pas” vertel ‘n storie van ‘n verlore liefde, en die emosies wat daarmee gepaard gaan. “Toe dit nog ‘n bietjie gekos het om jou te kon bel, toe die klop van haar hart nog alles kon vertel”, sing John Rock Prophet. Die liedjie is ‘n nostalgiese herinnering aan ‘n tyd wat nie meer terug kan kom nie, maar wat altyd ‘n diep plek in jou hart sal he

    John Rock Prophet is ‘n musikant wat bekendheid verwerf het in die Afrikaanse musiekbedryf met liedjies soos ‘’My Blom’’, ‘’Platteland’’, ‘’Oud word saam met jou’’ en meer onlangs die duet, ‘’Sing vir my saggies’’ wat hy saam met Gian Groen opgeneem het.

    Die Afrikaanse sanger wat vir jare in die buiteland gewoon het onlangs vanaf Duitsland terug gekeer na Suid-Afrika om weer op eie bodem musiek te maak. John Rock Prophet is gebore en getoë in Windhoek, Namibia en het reeds op jong ouderdom sy liefde vir musiek ontdek.

    “Wanneer jy jou eerste lied kan speel koop ek jou ‘n kitaar” vertel John Rock Prophet se pa vir hom. Die 12-jarige het nie gehuiwer nie en het onmiddelik gespring vir die geleentheid. Hy het sy vriend se kitaar geleen en na hy heel aand aan Suikerbos geoefen het, dit vir sy pa gespeel. Daardie oggend het sy pa vir hom sy eerste kitaar gekoop. John Rock Prophet is bekend vir sy liefde vir woorde, gedigte en musiek in digvorm. Hy mag dalk jonk wees maar hy sing oud met ‘n nuwe klank.

    Die woorde “Verlede, Verlore, Verby” beskryf die uitdagings en moeilikhede wat elkeen van ons in die lewe ervaar. Maar die liedjie beklemtoon ook die belangrikheid van hoop en liefde in ons lewens. John Rock Prophet besing dat “Ons het die kans gekry, daar is niks sonder liefde en hoop, en vir my is dit altyd jy”. Dit is ‘n aangrypende en positiewe boodskap wat ons herinner dat daar altyd hoop is, selfs in die donkerste tye.

    “Nommer Pas” is ‘n musiekstuk wat die luisteraar sal meesleur en beïndruk met sy Afrikaanse teks en kragtige boodskap. Dit is ‘n liedjie wat die luisteraar sal aanmoedig om te glo in die krag van liefde en hoop.

    “Nommer Pas” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. Laai dit vandag af en laat die klop van jou hart weer alles vertel!

  • STEFAN JANSEN – ’N MORS VAN TYD IS NODIG

    STEFAN JANSEN – ’N MORS VAN TYD IS NODIG

    Tyd is kosbaar. Dit is iets wat versigtig gebruik moet word, veral omdat elkeen van ons slegs ’n bepaalde hoeveelheid toegedeel is. Elke oomblik, elke sekond wat verbygaan, is ’n geleentheid wat jy nooit weer sal kry nie. Of, so sê die wêreld vir ons. 

    Daarteenoor is tydmors soms die beste ding wat jy kan doen. Dit is die boodskap wat Stefan Jansen met WASTING TIME, sy nuwe kortspeler (EP), wil verkondig.

    Vir Stefan was dit nodig om per geleentheid sy tyd te “mors”. Hierdie tydmors het hom na selfondersoek gelei en tot nadenke oor die dinge wat die somtotaal van sy menswees opmaak.  Tydmors het eerder ’n geleentheid vir dié kunstenaar geword.

    WASTING TIME is ’n versameling van vier liedere wat oor ’n tydperk van bykans tien jaar geskryf is. Elke lied herinner Stefan aan ’n weergawe van homself tydens ’n ander fase van sy lewe. 

    LOST BLOODLINE (2012) herinner hom aan ’n jonger en effens windgatter weergawe, terwyl WASTING TIME (2015) geskryf is in ’n tyd toe sy denke begin verdiep het. 

    SONG OF SILENCE (2020) was ’n keerpunt in sy lewe toe hy meer waarhede van die lewe begin raaksien het. WINDS OF CHANGE (2020) herinner hom om te besin oor die hoop wat nie beskaam nie.

    Alhoewel al die liedere vir Stefan reusewaarde het, is dit SONG OF SILENCE wat vir hom uitstaan. “Dit is ’n lied wat my deur twee groot persoonlike reise geneem het; liefde en musiek,” verduidelik hy.

    Al die liedere is deur Stefan geskryf en deur Tertius Human vervaardig. Volgens Stefan sou die musiek nie dieselfde gewees het sonder Tertius se aandeel nie. “Die musiek wat ek geskryf het, was maar ’n saadjie, maar Tertius het dit water gegee en dit het gegroei tot iets veel groter,” verduidelik die musikant.

    Stefan het reeds bekendheid met sy Afrikaanse musiek verwerf: SUIKERBOS, KATRYN, LANKAL GEREED en JANIE. Sy liedjies het al talle nommer een posisies op verskeie radiostasies se trefferparades beklee. Dit sluit LekkerFM, Radio Rosestad en Bok Radio in.

    Die musiekvideo van SUIKERBOS het vir hom ’n VONK-toekenning verseker vir “die Video van ‘n nuweling wat die vinnigste die 100 000 kykemerk verbygesteek het”. 

    Behalwe vir sy Suid-Afrikaanse gehoor het Stefan ook aanhangers tydens sy internasionale musiektoere na Switserland en Europa gewerf. In 2022 word sy album KATRYN as “Album van die jaar” aangewys deur Radio Spannenberg in Nederland.

    Met sy Engelse musiek bou Stefan voort op sy goeie reputasie as ’n ware musikant. Sy Afrikaanse en Engelse snitte is geïnspireer deur sy eie ervarings. Stefan se vertolking hiervan sorg dat die lirieke universiële waarde kry. 

    WASTING TIME beklemtoon Stefan se veelsydigheid as skrywer, musikant en denker. Die vrymoedigheid wat hy het om sy ervarings op ’n eerlike wyse met die publiek te deel, is kenmerkend van die album.

    Met WASTING TIME vestig Stefan sy wortels in die musiekmark en maak hy dit duidelik dat hy hier is om te bly.

    WASTING TIME is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

    SOSIALE MEDIA

    PUBLISITEIT & BEMARKING

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    E-pos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad:www.starburstmusic.co.za

  • VOER MY VIR DIE BERGE – ’N METAFOOR MET FUT.

    VOER MY VIR DIE BERGE – ’N METAFOOR MET FUT.

    Einstein het een maal gesê: “As jy alles beter wil verstaan, moet jy diep in die natuur gaan kyk.”

    Dit is geen wonder dat Neil Nachtrein in sy nuwe lied, VOER MY VIR DIE BERGE, oor die verlange na die natuur sing nie.

    Op ’n aand in ’n hotelkamer in die stad sit Neil Nachtrein en kyk by die venster uit. Hier besef hy dat hy weke laas die sterre gesien het. Hy sê vir homself: “In die stad word dit nooit donker nie, dit word nooit stil nie,” en die eensaamheid oorweldig hom.

    ’n Diep verlange na die berge en die natuur begin in hom woed en ’n tweestryd in hom skop af.

    In sy nuwe lied, VOER MY VIR DIE BERGE, ondersoek Neil Nachtrein die hunkering na ’n eenvoudiger lewe in die natuur en hoe dit direk in stryd is met die moderne lewe in die stad. Die lied is ’n metafoor vir sy begeerte om naby die Skepper te leef. 

    Eg aan Niel Nachtrein se styl is VOER MY VIR DIE BERGE ’n lied wat ook in rou emosies gegiet is. Dié Afrikaanse folk-rock lied sal emosies van vrede en verligting by jou los. 

    Die opgewekte ritmes lei jou gedagtes om diep na te dink oor dit wat werklik vir jou belangrik is. Dit herinner die luisteraar aan die mens se verganklike aard. Die tempo beklemtoon die dringendheid van dié boodskap: “Wanneer my vlees finaal terugkeer tot stof, voer my weer vir die berge.”

    VOER MY VIR DIE BERGE is geskryf deur Neil Nachtrein en vervaardig deur Tertius Human. Die aangrypende kitaarspel is boeiend. Van die eerste noot af word jy oortuig daarvan om die lied oor en oor te luister.

    Neil is glad nie ’n vreemdeling in die musiekbedryf nie. Hy het reeds in 2012 sy eerste album, GISTERS&BLISTERS, uitgereik. In 2019 sien sy tweede, OP PLEKKE WAAR ONS EENS WAS, die lig, asook ’n musiekvideo van sy lied, STILSTE UUR.

    Sy musiek word hoofsaaklik beïnvloed deur Jeff Buckley, Eddie Vedder, Paulo Nutini, Damien Rice, Van Morrison, Ben Howard en Ryan Adams.

    Neil het onlangs by VONK aangesluit en is tans hard aan die werk om sy eerste EP (Langspeel Plaat) gereed te kry vir bekendstelling later vanjaar.

    VOER MY VIR DIE BERGE is ten minste twee treë vorentoe vir Neil se loopbaan. Die Afrikaans is goed deurdink en die universiële aard van die musiek sal seker maak dat die lied by ’n wye gehoor aanklank vind. Dit is boonop puik skryfwerk en goeie komposisie.

    VOER MY NA DIE BERGE is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

    SOSIALE MEDIA

    PUBLICITY & MARKETING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Cell: 0715347796

    Email: danelle@starburstmusic.co.za

    Website: www.starburstmusic.co.za

  • HERMAN KLEINHANS – Ongeag, oom Melcus, GENIET DIE RUS.

    HERMAN KLEINHANS – Ongeag, oom Melcus, GENIET DIE RUS.

    Die woordeboek beskryf ’n held as iemand wat beny word vir sy of haar dapperheid, ongewone prestasie en eerbare eienskappe. Ons almal ken een persoon (of dalk meer) wat aan hierdie definisie voldoen. Vir Herman Kleinhans was hierdie persoon hul familievriend, oom Melcus Nel.

    Oom Melcus Nel, wat oorlede is in die ouderdom van 61, was g’n gewone mens nie. Met sy talente en ywer het hy ’n kleurryke lewe gelei. Hy het ’n reusehart gehad met kamers waarin talle mense ’n tuiste kon vind. 

    Dit is juis sy liefde vir mense wat hom laat ontwikkel het tot ’n suksesvolle besigheidsman – só kon hy meer as genoeg hê om te gee. “’n Hand wat toe is, kan nie ontvang nie,” en oom Melcus se hand was vir seker nie toe nie.

    Deur sy steun aan minderbevoorregtes het hy talle lewens aangeraak. Hy het geleef om deur harde arbeid sy gemeenskap op te lig en het talle opleidingsentrums opgerig waar mense hulself kon verryk. Hy het sy naaste liewer gehad as homself. 

    Die vrugte van sy arbeid was nooit sy eie nie, want dit is uitgedeel aan talle behoeftiges wat dit nodiger gehad het as hyself. Daarom is dit geen wonder dat Herman Kleinhans hom ’n goeie rus toewens in sy nuwe enkelsnit, GENIET DIE RUS nie.

    GENIET DIE RUS is ’n afskeidsbrief aan sy geliefde oom Melcus. Dood as ’n tema behoort somber te wees, maar die lirieke kry nuwe betekenis met ’n opgewekte melodie en vrolike vioolspel. Die beeld wat dit by jou laat is dié van ’n aftreeoord waar al die helde van ons tyd saam kan wees en hulle rus kan geniet. 

    Die lirieke maak dit duidelik dat oom Melcus saam met al die groot name van ons tyd hoort: Madiba, Freddie Mercury, Meatloaf, Marilyn Monroe, Arnold Palmer en Joost van der Westhuizen. 

    GENIET DIE RUS se boere-discoklank is te danke aan die vervaardiger Jurgen von Wechmar van Sunset Studios in Stellenbosch. Dit is ’n ligte luisterliedjie met geelvet om die lirieke en sal die ore van verskeie ouderdomsgroepe interesseer.

    Buiten vir die ligte trant van die lied sal GENIET DIE RUS jou tot introspeksie roep om te bepeins oor jou nalatenskap en hoe jy die tyd saam met die helde in jou lewe moet koester.

    Helde leef voort deur oorvertelling. Dit is die grootste hulde wat aan helde gebring kan word en danksy GENIET DIE RUS sal oom Melcus Nel nog lank voortleef.

    As jy vir Herman vra watter herinneringe eerste by hom opkom wanneer hy terugdink aan die lewe van oom Melcus Nel, is sy woorde eenvoudig: “Goeie tye.”

    Of oom Melcus die kans kry om vandag saam met Madiba kaart te speel, of ’n sigaar te rook met sy naam op bly maar alles oorglaat aan die verbeelding. En soos Herman die lied afsluit, wil ons vir oom Melcus sê, “Maar ongeag, GENIET DIE RUS.”

    GENIET DIE RUS is nou beskikbaar op alle digitale mediaplatforms.

    SOSIALE MEDIA

    Facebook:

    Instagram:

    PUBLISITEIT & BEMARKING

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    E-pos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za

  • MUSIEKVIDEO VAN NUWE RAY DYLAN-TREFFER NOU BESKIKBAAR!

    MUSIEKVIDEO VAN NUWE RAY DYLAN-TREFFER NOU BESKIKBAAR!

    Ray Dylan se splinternuwe romantiese pop-treffer, wat hy vir sy vrou geskryf het, is pas uitgereik en reeds besig om soos ’n veldbrand te versprei.

    Die musiekvideo van hierdie liefdeslied is net betyds om Valentynsdag te vier!  Dit is nóú aanlyn beskikbaar en sal binnekort op die kassie te siene wees.

    Volgens Ray het hulle besluit om die konsep van die video eenvoudig te hou en beeldmateriaal in te sluit van hom wat sing en musiekmaak in sy ateljee, RDM-Studio.

    Chandré Opperman van Coolerbox Brothers was die regisseur en vervaardiger van die video en die eindresultaat beloof om bewonderaars gaande te hê.

    Kyk die video hier:

    KOM LÊ MY VOOR JOU is deur dié kunstenaar, wat oor die jare sinoniem geword het met Afrikaanse musiek, self geskryf en vervaardig en hy het ook self die instrumente gespeel wat op die snit gehoor kan word. Vonk Musiek se Tertius Human het die finale afrondingswerk behartig.  

    Oor die jare, het Ray baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik. Vanjaar is hy ook benoem vir die Highest Honour: Southern Rock-toekenning by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekkenings én gaan hy die verhoog deel met die internasionaal erkende Southern Rock-koning, Kip Moore.

    KOM LÊ MY VOOR JOU is nou beskikbaar op alle digitale platforms.    

    SOSIALEMEDIASKAKELS:

    Webblad – www.ray-dylan.co.za

    BESPREKINGS:

    RDM PROMOSIES

    Jessica Dylan-Jersich

    Sel: 084 561 1865

    WhatsApp:  082 736 2558

    E-pos: jessica@ray-dylan.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOSIES

    Gizela Sharim

    Sel: 083 399 6869

    E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

    Webwerf: www.starburstmusic.co.za

  • BLOUMOORD WIL HÊ ALMAL MOET ‘’JONK BLY’’

    BLOUMOORD WIL HÊ ALMAL MOET ‘’JONK BLY’’

    Bloumoord, ook bekend as die ‘’rock band’’ van die ‘’East Rand’’ het pas hul nuwe enkelsnit, ‘’Jonk Bly’’ bekend gestel. ‘’Jonk Bly’’ is ‘n alternatiew rock-snit waardeur Bloumoord luisteraars herinner dat ouderdom nie saak maak nie en dat om jonk of jonk van gees te bly ‘n keuse is.

    Bloumoord wat bestaan uit broers Tiaan, Martin en Trevor Enslin asook Pedré Lamprecht en Reinier Hattingh het al reeds ‘n paar enkelsnitte bekendgestel met onder andere “Jy moet net jouself wees’’ en ‘’Hey Jy’’ wat uiters goed gevaar het op digitale platforms.

    ‘’Hey jy, is ‘n song wat goed resoneer met mense. Ek dink mense moet nog gewoond raak aan Bloumoord, omdat ons nogal uitgesproke is. Ons is nie bang om enige iets te doen of te sê nie. Dis iets waaraan on sook nog gewoond moet raak want ons het nou hierdie platform om ons boodskap daar buite te kry, maar dit is wat ons aan die gang hou,’’ het voorsanger Tiaan Enslin verduidelik.

    Volgens die band se lede staan Bloumoord vir Liefde en vrede en met ‘’Jonk bly’’ wou hulle ‘n duidelike en positiewe boodskap oordra. ‘’Ek wou ‘n liedjie skryf wat heeltemal die van die idee ontbreek van ons is depressed, ons is hartseer en alles pla ons want dit is waaroor almal skryf in alternatiewe musiek en veral in Afrikaans.  Dit is nie waarvoor Bloumoord staan nie. Bloumoord staan vir iets groter,’’het Tiaan verduidelik.

    Tiaan het eendag op sy kitaar rond gespeel en die akkoorde uitgewerk, maar dit was eers later, terwyl hy in die bad gelê het, toe die inspirasie hom getref het. ‘’Ek het in die bad gelê en gedink aan hoe almal altyd se hulle wens hulle kan die tyd terug draai en voel hoe hulle gevoel het toe hulle jonk was, maar dis net ‘n gevoel en ‘n gevoel gebeur wanner jy besluit dit gebeur, so die lirieke is iets waar volgens  ek my lewe leef en ek hoop as ander mense dit luister dat hulle ook sal besluit om verewig jonk te bly,’’ het hy vertel.

    Die res van Bloumoord se lede het ook dadelik geweet dat ‘’Jonk bly’’ ‘n belangrike boodskap oordra. ‘’ Die eerste keer wat ek Jonk Bly gehoor het het ek gevoel dis ‘n kreet, wat sê ek gaan Jonk Bly maak nie saak wat nie, maak nie saak hoe oud ek word nie ek gaan jonk bly,’’ het baskitaar-speler Trevor Enslin verduidelik.

    ‘’Jonk Bly’’ se lirieke is duidelik en kom tot die punt, maar met die produksie van die lied het Bloumoord ‘n bietjie ge-eksperimenteer. Die lied se klank is ritmies en melodies en die tromstuk is geskryf om ‘n hartklop te emuleer. ‘’Dit is soos wanneer jy deur ‘n veld hardloop en die adrenalien pomp deur jou are en die dopamine deur jou brein hardloop,’’ het Tiaan gedeel. ‘’Die kitare se energie laat alles vorentoe beweeg en gee die  gevoel van ‘n trein wat vinniger en vinniger beweeg en vir niks gaan stop nie.’’

    Hoewel Bloumoord bekend is vir effens harder musiek is ‘’Jonk Bly’’ nie eksklusief vir ‘’jongmense’’ bedoel nie. ‘’Jong mense is nie noodwendig negentien of agtien nie. ‘n Jongmens kan fyvtig of tagtig wees. Dit hang af van jou mindset. Die hele doel van die liedjie is om vir mense te herinner dat oud word ‘n keuse is. Ouderdom is net ‘n nommer, maar wat jy doen en wat jy sê is wat jou jonk maak en jou laat jonk bly. Bestaan daar regtig ‘n ding soos oud word as jy nie weet wanner jou dag kom nie?’’ het hulle gevra.

    Die jongste lid van Bloumoord is die hul 19 jarige tromspeler, Martin Enslin en as jy hom vra hoe ‘n mensh om vra hoe jy verewig kan jonk bly is sy antwoord eenvoudig: ‘’Jy moet die regte Hubbly flavour rook.’’

    Op ‘n ernstiger noot het Tiaan verduidelik: ‘’Jy moet eerlik wees met jouself, met die mense om jou en seker maak dat jy tevrede is met alles wat jy doen. Doen wat jy moet doen, doen dit gou. Want jy het nie waarborg dat jy more hier is nie. So hoekom wil jy wat moontlik jou laaste dag is spandeer deur oud te voel?’’

    As nuwelinge in die musiekbedryf  besef die manne dat dit nog ‘n lang pad is wat hulle gaan moet stap en daar nog baie harde werk op hulle wag, maar hulle is uiters opgewonde oor wat vir Bloumoord voorlê. ‘’As mense wat wat oornag besluit het om ‘’rock en roll’’ te maak was dit baie anders, want jy dink jy gaan net in spring en dinge gaan gebeur, maar dit verg nogal baie harde werk. Daar is baie dink werk en baie beplanning en ons fokus nou daar op on nog musiek te skryf. Ons gaan nie stop tot dat almal Bloumoord skreeu nie,’’ het hulle afgesluit.

    Jonk Bly is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

    .

  • REGGIE PEACE SE PLEIDOOI AAN JONGMENSE, “KIES LEWE”.

    REGGIE PEACE SE PLEIDOOI AAN JONGMENSE, “KIES LEWE”.

    As jy moet kies tussen reg of verkeerd, dan kies jy dit wat reg is. As jy moet kies tussen ‘n harde waarheid of ‘n pragtige leuen, kies dan eerder die harde waarheid. En as jy moet kies tussen lewe en dood, KIES LEWE.

    Hierdie is die boodskap van Reggie Peace se nuutste enkelsnit, KIES LEWE. 

    Sedert Reggie die slegte kant van die lewe gesien het, het hy die keuse gemaak om altyd die lewe bo die dood te kies. Dit is juis waarom hy sy verhoognaam as Reggie Peace gekies het. 

    Reggie (Reginald Hufkie) vertel dat hy as jongman min vrede ervaar het. Hy het geglo dit is iets wat slegs vir sekere mense bedoel was. Dis eers toe hy hierdie siening kon verander dat hy sy naam verander het na Reggie Peace.Hy het ook ‘n belofte aan homself gemaak dat hy altyd vrede sal saai waar hy ook al mag gaan.

    Reggie wil met sy opregte, vars en opbouende lirieke veral jongmense aanraak wat hulself in beproewende tye bevind. KIES LEWE is Reggie se pleidooi aan jongmense om “asseblief nie op te gee nie, maak nie saak hoe ‘heavy’ die lewe raak nie”.

    Getrou aan sy styl en vorige musiek, huiwer Reggie nie om sy omstandighede as verwysing te gebruik nie. Dis te danke hieraan dat Reggie se musiek outentiek, opreg en treffend is. KIES LEWE se lirieke is ‘n oorvertelling van Reggie se oorwinning oor slegte omstandighede. Die lied kan beskryf word as ‘n perfekte balans tussen hip-hop, R&B, soul en gospel – dis mos egte Reggie-styl.

    Reggie het self KIES LEWE geskryf. Die vervaardiging van die lied is ‘n spanpoging tussen DJ Darkness en Tertius Human.

    Sedert hy 14 jaar oud was, is Reggie se grootste droom om stories  deur sy musiek te vertel. Min wetend dat hy sy droom ‘n paar jaar later sou kon uitleef toe hy in 2021 sy eerste album uitgereik het.

    Twee van sy liedere word gebruik in die bekende kykNET & KIE telenovelle en ander musiek word gereeld gehoor op  RSG en ander radiostasies.

    Reggie vind sy inspirasie by talle groot Hip-Hop- en Gospellegendes soos 50 Cent, Eminem, Coldplay, Hillsong, Parimore en Aretha Franklin. Hy voeg by dat sy uiteenlopende musiekstyl juis spruit vanuit sy wye belangstelling in verskillende genres.

    Op Suid-Afrikaanse bodem luister hy graag na die musiek van Wesley West, Genii Blakk, Bouwer Bosch, Peach van Pletzen en Bernice West.

    Behalwe vir sy loopbaan in musiek, speel Reggie ook gereeld in TV-reekse. Hy is tans te sien in die komediereeks, Poena, wat op kykNET uitgesaai word. Vroeër het hy ook ‘n rol in die SABC 1 reeks, Generations the Legacy, vertolk . 

    Op 22 Oktober 2022 is die storiefilm, VLAMME, op kykNET uitgesaai. ‘n Projek waar Reggie as skrywer en akteur kon optree. Verder is hy die regisseur van ‘n nuwe dokumentêr wat mid-2023 te siene sal wees.

    Op die ou end is Reggie se boodskap aan almal eenvoudig: “Hou dit real, daar is niemand soos jy nie. Why be a copy of someone else when you can be the real version of yourself?”

    KIES LEWE is vanaf 2 Desember 2022 op alle digitale platforms beskikbaar. 

    SOSIALE MEDIA

    Facebook: https://www.facebook.com/ReggiePeaceInt

    Instagram: https://www.instagram.com/reggiepeace

  • VREDE SORG DAT ‘’DIE SON’’ OPKOM HIERDIE SOMER

    VREDE SORG DAT ‘’DIE SON’’ OPKOM HIERDIE SOMER

    Die jaar is op sy einde, die Desember vakansie is om die draai en Vrede gaan sorg dat die son opkom hierdie somer. Die folk-duo, wat bestaan uit beste vriende, Francois Roux en Storm Opperman, se nuwe enkelsnit getiteld ‘’Die Son’’ is ‘n kontemporêre snit met ‘n subtiele reggae invloed wat gaan sorg dat die warm aande wat voorlê, kookpunt gaan bereik.

    ‘’Die Son’’ is Vrede se derde enkelsnit en volg op hul treffers, ‘’Perspektief’’ en ‘’Onskuld van ‘n kind.’’ Beide liedjies is uiters goed ontvang op Radio met Perspektief wat nommer een op Reputasie se se trefferparade gehaal het.

    Francois en Storm het saam begin musiek maak in Stellenbosch, maar is oorweldig deur die sukses wat hulle behaal het sedert hulle besluit het om Johannesburg toe te trek om voltyds op hulle musiek te fokus. ‘’Ons was ekstaties om te sien hoe goed ons musiek vaar. Ons was geseënd genoeg om in die Huisgenoot te verskyn, Ons was ‘n paar keer op TV gewees en ons het ingelooflikke voorreg gehad om die verhoog te kan deel met kunstenaars soos Spoegwolf, Jo Black en Refentse,’’ het die groep vertel.

    Vrede sal ook binnekort hul debuut op die Silwerskerm maak na hulle vroeër vanjaar ‘n ‘’cameo’’ gemaak het tydens verfilming van ‘n nuwe fliek, maar ons sal vir eers moet wag vir meer details oor die projek. ‘’Ons is net dankbaar dat ons, ons huur kan betaal met musiek,’’ het hulle gelag.

    Vrede, wie bekend is vir hul akoestiese twee man vertonings spog ook deesdae met ‘n voller klank met Tromspeler, Clint Smith en Baskitaarspeler, Jan Wolmerans wat by die band aangesluit het. ‘’Dit was ‘n groot mylpaal om uiteindelik ons band members te vind. Jan en Clint speel deesdae n baie groot rol in Vrede en ons is onsettend dankbaar om van duo na vol band toe te kan beweeg,’’ vertel Francois.

    Soos wat hul naam, Vrede, Andui is Francois en Storm vredeliewend laaities wat ‘n positiewe boodskap wil uitstraal en musiek met betekenis wil skep. Hul nuwe enkelsnit, ‘’Die Son’’ is meer experimenteel en dui daarop dat Vrede bereid is om die ‘status quo’ in Afrikaanse musiek uit te daag.

    ‘’Ons wou iets nuuts en onverwags met Die Son aanpak. Ons wou ons luisteraars vang met die klasiekke groovy, reggae, bass en drum invloed wat onmiddelik die prentjie van n somervakansie en goeie memories teken,’’ het Storm verduidelik.

    ‘’Die Son’’ is beslis genre verskuiwend. Die ritme kry dadelik ‘n houvas op jou en met Storm en Francois se stemme wat herinner aan groepe soos ‘’Just Jinjer’’ en ‘’Counting Crows’, is die eindresultaat nuutskeppend en nostalgies terselfde tyd.

    ‘’Die Son’’ is deur Storm geskryf en handel oor ekstremisme, liefde en aanvaarding. ’’Dit gaan oor liefde en hoe mens jou kop sal stamp maar nosteeds sal gaan vir dit. (liefde) Partykeer sien mens iets gaan nie goed uit draai nie maar jy voel mens kan nie anders nie, ‘’ verduidelik hy.

    ‘’Die Titel sien ons as ‘n simbool van hoop aangesien ons hele sterrestelsel om die son draai. Dit simboliseer ook dat elke persoon sy eie son het waarom sy behoeftes en begeertes draai,’’ het Francois uitgebrei.

    Francois en Storm het ook beloof dat daar binnekort ‘n nuwe musiekvideo oppad is en dat hulle hard besig is om te werk aan nuwe musiek. ‘’Ons het al twee nuwe songs geskryf en die derde een is amper klaar,’’ het hulle gedeel.

    Vrede en rocker Zaan Sonnekus skop ook eersdaags hul nationale toer af.

    DATUMS IS AS VOLG

    25 November – The Buffalo, Bloemfontein – Zaan Sonnekus en Vrede (19:00)

    1 Desember – Musiek Indaba, Stellenbosch – Zaan Sonnekus (15:00)

     Blohmhuis Teater, Strand – Zaan Sonnekus en Vrede (18:00)

    2 Desember – Musiekindaba, Stellenbosch – Vrede (11:30)

     Kapstad Brauhaus, Paarl – Zaan Sonnekus en Vrede (19:00)

    3 Desember – Biltongfees, Stellenbosch – Zaan Sonnekus en Vrede (09:30)

     Kapstadt Brauhaus, Durbanville – Zaan Sonnekus en Vrede (19:00)

    4 Desember – Blohmhuis Teater, Strand – Zaan Sonnekus en Vrede (18:00)

     Bohemia , Stellenbosch – Zaan Sonnekus en Vrede (21:00)

    6 Desember – Matriekbaai, Mosselbaai – Zaan Sonnekus en Vrede

    10 Desember – AmfiHart, Hartenbos – Zaan Sonnekus en Vrede

    DIE SON IS NOU BESKIKBAAR OP ALLE DIGITALE PLATFORMS

    BESPREKINGS: francois@vonkmusiek.co.za

     

    Facebook Instagram Tiktok
  • NICHOLIS LOUW SE NUWE LIED IS ’N MOEILIKE GESPREK MET ’N GELIEFDE

    NICHOLIS LOUW SE NUWE LIED IS ’N MOEILIKE GESPREK MET ’N GELIEFDE

    Wanneer jy ’n SANDKASTEEL bou, kan jy van die golwe vergeet solank jy jou oë op die gety hou. Só is verhoudings ook.

    Nicholis Louw se nuutste enkelsnit, SANDKASTEEL, vertel die storie van só verhouding. Die lied is ’n ernstige gesprek met ’n geliefde. Daardie gesprek wat jy voer wanneer die verhouding soos ’n SANDKASTEEL in die see verdwyn om nooit weer in sy glorie herstel te word nie.

    Nicholis Louw het in 2003 as solokunstenaar begin optree. Vandag is hy ’n Suid-Afrikaanse huishoudelike naam. Hy het bekendheid verwerf met treffers soos: ROCK DAAI LYFIE, SIT DIE LIG AAN en NET DIE EEN VIR MY.

    Aanhangers kan hulle gereedmaak om verras te word deur dié nuwe lied. Nicholis, wat bekend is vir sy pop-rock musiekstyl, bewys weer dat hy een van Suid-Afrika se veelsydigste kunstenaars is deur SANDKASTEEL in ’n country-styl aan te bied.

    Die lied is eg aan die genre en skroom nie om emosies op ’n rou en egte country-wyse aan te spreek nie. Die lirieke vertel ’n storie wat jou sal intrek om tot aan die einde te bly luister.

    SANDKASTEEL is vervaardig deur Tertius Human en Nicholis Louw, en beloof om (soos vorige treffers) vinnig ’n plek op speellyste en die radio te vind.

    Nicholis spog reeds met veelvoudige dubbel-platinumalbums. Hy verduidelik dat SANDKASTEEL ’n nuwe hoofstuk in sy lewe is. Alhoewel dit ’n nuwe rigting vir hom is, pas die lied steeds in tussen sy ander liedere.

    Nicholis se diverse musiekstyl is te wyte aan sy wye musiekbelangstelling. Hy put inspirasie uit ’n groot poel wat die volgende kunstenaars insluit: Bon Jovi, Aerosmith, Def Leppard, Dmitri Hvorostovsky, Placido Domingo, Andrea Bocelli, Kenny Rogers en Don Williams.

    Hy beskryf sy loopbaan as alles behalwe vervelig. Hy spog met ’n repertoire van liedere in bykans elke genre en taal, van pop, rock en opera tot jazz.

    Verder is hy deel van die groep 4Werke saam met Elizma Theron, Liezel Pieters en Ray Dylan. Dié groep spog reeds met vier albums waarvan drie goue status bereik het. Hy is bekend as een van die KRONE-kunstenaars en sy talent kan op 7 KRONE-albums gehoor word.

    Wanneer jy vir Nicholis vra waarom hy steeds musiekmaak, is sy antwoord eenvoudig: “Eerstens wil ek die Here verheerlik met my talent, en tweedens wil ek vir mense iets gee waarmee hul hulself kan vereenselwig. Om te weet iemand kan hulle emosies deur my lirieke uitdruk, is vir my ’n groot eer en verantwoordelikheid.”

    SANDKASTEEL bewys weer dat Nicholis Louw sterk op pad is om een van ons land se musieklegendes te word.

    SANDKASTEEL is beskikbaar op alle digitale platforms.

    SOSIALE MEDIA

  • ANDRIËTTE SAAI HOOP EN LIEFDE MET NUWE ENKELSNIT

    ANDRIËTTE SAAI HOOP EN LIEFDE MET NUWE ENKELSNIT

    Sedert kykers veertien jaar gelede met Andriëtte kennis gemaak het op die SA IDOLS-verhoog, het sy sommer baie diep in musiekharte kom kruip en al keer-op-keer bewys hoekom sy haar plek in die plaaslike musiekbedryf verdien.

    Nou maak sy weer so met die uitreiking van ’n splinternuwe enkelsnit oor die liefde, wat haar strelende fluweelstem soos ’n handskoen pas.

    SONDER LIEFDE is deur Noa Milan geskryf en Dirk van Niekerk vervaardig en gaan oor hoe liefde al is wat oor is in die moeilike tye waarin ons vandag leef en dat die gee en neem daarvan is wat ons staande hou.

    “Ek glo in ware liefde en deurdruk-liefde en weet dat ons oukei sal wees solank ons liefde in ons lewens het,” deel die sangeres oor die inspirasie agter hierdie besonderse lied. “Almal was al lief vir iemand en wil graag liefde hê, daarom sal SONDER LIEFDE aanklank vind by ’n wye gehoor.”

    Dieselfde boodskap, dat niemand sonder liefde kan klaarkom nie, word in die pragtige musiekvideo vasgevang wat vir dié snit verfilm is.

    “Ons beeld oomblikke uit van hoe dit iemand se dag kan opkikker deur net liefde te toon en tyd aan hulle te gee,” verduidelik sy.

    Die video is op die kassie te sien vanaf die 25ste November.

    SONDER LIEFDE volg in die voetspore van talle radiotreffers, waaronder Mis jou Meer, Dink aan My, Vat my hoër, Sewe Oseane, Napoleon, My Kind, Bittersoet van Liefde, Dinge, Druppel in die See en vele meer.

    Andriëtte het die musiekmark in 2007 betree nadat sy as naaswenner aangewys is van die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiekprogram, IDOLS.

    Kort daarna is haar eerste album, Diamant, uitgereik waarvoor sy in 2008 ’n Vonk-toekenning ontvang het vir Beste vroulike kontemporêre album gewen het. Nog ses suksesvolle albums het gevolg, waaronder Wat Rym met Liefde, wat ’n Ghoema toekenning gewen het in 2014 vir Beste vroulike kontemporêre album. Verder was sy ook al deel van van die grootste musiekkonserte in die land, waaronder Huisgenoot Skouspel en Krone.

    Dié 36-jarige Kapenaar, gebore en getoë in Brackenfell, woon tans in Durbanville saam met haar man en drie seuns. Na skool het sy eers in die skoonheidsbedryf gewerk voordat die musiekgogga haar gebyt het. Tans ontvang sy verder musiekopleiding by Amanda Luyt.

    Volgens die kunstenaar sing sy oor dinge wat haar hart raak en beskou sy Steve Hofmeyr, Laurika Rauch en Michael Bublé as haar grootste rolmodelle in die musiekbedryf. Sy sou ook graag nog eendag saam met Elvis Blue wou werk.

    Die musiekbedryf het haar geleer dat sukses net deur genade bereik kan word en dat sy die beste moet maak van elke oomblik.

    Wanneer sy nie sing nie, help sy graag uit by haar man se besigheid. Sy beplan ook om in 2023 nog nuwe musiek uit te bring.

    SONDER LIEFDE is ’n inspirerende enkelsnit oor hoop en liefde wat elkeen wat daarna luister diep sal tref en moed sal gee vir die toekoms.

    Hierdie sielvolle snit is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier:

     

    https://www.youtube.com/watch?v=j–orVOdfTg Facebook Instagram Tiktok

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOSIES

    Alishia van Deventer

    Sel: 083 635 4717

    E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

    Webwerf: www.starburstmusic.co.za

  • Die Duo SKEMER het pas hul eerste musiekvideo vir hulle enkelsnit “Sê dit Harder” bekend gestel. Skemer wat bestaan uit man en vrou, Armand en Andrea Espach het in 2019 “Sê dit harder” vrygestel.

    Die Duo SKEMER het pas hul eerste musiekvideo vir hulle enkelsnit “Sê dit Harder” bekend gestel. Skemer wat bestaan uit man en vrou, Armand en Andrea Espach het in 2019 “Sê dit harder” vrygestel.

    “Sê dit harder” is geskryf deur Johan Oberholzer en moedig die luisteraar aan om nie met opgekropte gevoelens te worstel nie.“Die snit gaan daaroor om jou emosies te openbaar. Om vir almal te vertel hoe jy regtig voel. Dikwels is jy te skaam om iemand in te lig dat jy van hulle hou, maar dit gaan nie net daaroor om dit te sê nie, jy moet dit ook wys. Ons wou mense dus uitdaag om dit ‘harder te sê’,” vertel die musiekpaar oor hierdie goedvoel-liedjie

    Armand en Andrea het in 2017 besluit om hul musiektalent en liefde vir musiek, veral Country, te kombineer en ‘n duo het ontstaan. Die talentvolle paartjie het mekaar op Facebook ontmoet en soos hulle se, the rest is history.

    Armand het eers sy passie vir musiek op die ouderdom van een-en-twintig ontdek en besluit dat hy graag in Country wou spesialiseer. Andrea is die vrou met die strelende stem wat op 14-jarige ouderdom reeds begin sing het.  Buiten haar ongelooflike sangtalent, is sy ook `n fenominale danser.

    Die unieke naam SKEMER was geinspireer deur ‘n naambordjie wat hulle langs die pad raak gesien het op pad terug van die studio af. Die feit dat skemer ook vir hulle ‘n pragtige tyd van die dag is, het die naam beklink.

    SKEMER beskryf hul musiek as Afrikaanse Country / Pop wat selfs die covers wat hulle sing ‘n Country klank gee en is opvallend in hul eerste enkelsnit.  Die duo bestee al hul ekstra tyd aan hul musiek en probeer dit elke dag bevorder so ver hulle kan. Armand speel kitaar en Andrea leer die Ukelele bemeester.

    Hulle raad aan nuwe kunstenaars is om soveel moontlik op te tree waar daar ‘n geleentheid is sodat jou musiek en naam op almal se lippe is. Hulle voeg ook daad by die word, want die duo tree gereeld op by verskeie funksies, feeste en skole.

  • RAY DYLAN SING OOR ’N SPESIALE SOORT LIEFDE IN NUWE ENKELSNIT

    RAY DYLAN SING OOR ’N SPESIALE SOORT LIEFDE IN NUWE ENKELSNIT

    Na meer as drie dekades in die musiekbedryf ken Ray Dylan die wenresep vir die perfekte treffer. Dit is daarom geen verrassing dat sy nuutste enkelsnit, EK WENS, reeds voor vrystelling die musiekbedryf aan die gons gehad het nie.

    Hierdie popsnit, uit die pen van Sunette Bridges, gaan oor daardie spesiale soort liefde wat jou vlinders in die maag gee en hy is opgewonde om die uiteindelik met die publiek te deel.

    “Dié liedjie laat my weer soos ’n kind voel wat op soek is na daardie “ruimte liefde” waarvan almal praat,” vertel hy. “Dit is ’n treffer wat geen oor kan weier nie. Tot ek, as kunstenaar, het geweet hier kom ’n hit toe ek dit vir die eerste keer hoor.”

    EK WENS, wat in Amerika vervaardig is, is reeds die vierde enkelsnit wat die musikant saam met Vonk Musiek uitreik en volg in die voetspore van emosiebelaaide snitte soos Vir Eens In My Lewe en Laaste groet, asook By Jou Voete Lê wat dansvloere laat gons het oor die afgelope paar maande.

    Die musiekvideo is deur Kreativ Productions verfilm by Urban Brew Studios en die eindresultaat laat Ray soos die rockster lyk wat hy is. Alhoewel dit ’n gewone “optrede video”-konsep is, is beligting en ander elemente slim aangewend om ’n asemrowende effek te skep.

    Kyk die video hier: https://youtu.be/29kZIlf3ntQ

    Ray is ’n huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekbedryf en is veral bekend vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en meer.

    Sedert hy op die ouderdom van twaalf saam met Bles Bridges begin optree het, het hy die kuns vervolmaak om met Afrikaners se harte te praat en verskeie goue- en dubbelplatinumstatus-albums en -liedjies uitgereik.

    Tans is hy baie besig om saam met ander kunstenaars, soos Juan Boucher, te werk aan opwindende projekte in sy eie ateljee, RDM Studio.

    Die sanger wil ook graag voor die einde van die jaar Country Vibes 2 uitbring, waarmee hy en liedjieskrywer en musiekvervaardiger – Piet Farrell – tans doenig is.

    EK WENS is een van daardie liedjies wat dadelik in jou kop vassteek. Dit nooi jou uit om saam te neurie en aan te hou glo in ware liefde.  

    Laai dit hier af: https://vyd.co/Ekwens

    SOSIALEMEDIASKAKELS:

    Facebook – https://www.facebook.com/raydylan

    Instagram – @raydylanmusic

    Webblad – www.ray-dylan.co.za

    BESPREKINGS:

    RDM PROMOSIES

    Jessica Dylan-Jersich

    Sel: 084 561 1865

    E-pos: jessica@ray-dylan.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOSIES

    Gizela Sharim

    Sel: 083 399 6869

    E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za