Category: Argiewe

  • SAREL SE DEBUUTALBUM, TRANSKEI, IS ‘N OMNIBUS VAN LIEFDESVERHALE

    SAREL SE DEBUUTALBUM, TRANSKEI, IS ‘N OMNIBUS VAN LIEFDESVERHALE

    Party mense reken dat die liefde bloot ‘n misverstand tussen twee dwase is. Die meeste van die tyd is dit vanweë die onverstaanbare aard van die liefde. Dit is nie moontlik om die liefde te verklaar met woorde nie, want liefde is ‘n ervaring – jy moet die hele storie vertel.

    Sarel (Charel Kleinhans) se debuutalbum, TRANSKEI, is ‘n omnibus van die liefdesverhale.

    Sarel neem met die agt liedere op die album jou op reis waar jy meer as net jou ore sal moet inspan. Die kleurryke melodieë en outentieke lirieke sal al jou sintuie stimuleer. Dis storievertelling deur musiek op sy heel beste!

    Een van daardie stories is die lied TRANSKEI.

    Dit is 2017. Na agt lang maande in Amerika, is Sarel se vrou uiteindelik weer tuis. Na so ‘n lang tyd is dit vanselfsprekend dat daar groot opgewondenheid heers om sy vrou weer by hom te hê.

    Sy het skaars tyd gekry om haar tasse neer te sit of hulle spring in hul skedonk van ‘n kar en pak die pad van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap aan. Alhoewel die reis n belewenis was, sou die twee nooit die indruk wat die TRANSKEI op hulle gemaak het, kon voorspel nie. 

    As’t ware was die indruk só groot dat dit die titelsnit van Sarel se debuutalbum sou word. “Dit was eenvoudig onmoontlik om nie ‘n lied te skryf oor die TRANSKEI nie,” vertel Sarel. 

    Hy deel deur sy lirieke en musiek nie net sy gedagtes oor die TRANSKEI nie; hy plaas die luisteraar in daardie oomblik, en deel die ervaring met jou.

    Sarel, wat reeds vroeër vanjaar die musiekmark betree het met sy enkelsnit, BLOMMETUIN, sit sonder twyfel ‘n nuwe klank op die Afrikaanse musiekrak neer. Luisteraars kan uitsien na rustige goedvoel musiek wat jou nog lank gaan bybly.

    Behalwe vir Sarel se Afrikaanse liedere, verras die album jou ook met twee Engelse snitte, TRUST en BELIEVE, wat die veelsydigheid van Sarel as skrywer en kunstenaar verder beklemtoon.

    Sarel verduidelik dat musiek nog altyd deel van sy lewe was en dat sy pa en gesin die grootste inspirasie vir sy musiekloopbaan is.

    Volgens Sarel is George Ezra, Valiant Swart en The Beatles die kunstenaars wat die grootste invloed op sy musiek het. 

    Al die liedere op die album is deur Sarel geskryf. Die vervaardiging is deur Tertius Human behartig. Die sinergie tussen die twee is opvallend en die eindresultaat is ‘n album wat vir seker volksbesit gaan word.

    Sarel se debuutalbum, TRANSKEI, is  reeds vanaf 2 Desember 2022 beskikbaar op alle digitale platforms.

    As dit voel of alle Afrikaanse musiek dieselfde resep volg, nooi ons jou uit om na Sarel se album te luister. Daar is ‘n vars klank wat jou verras sal laat regopsit en luister.

    SOSIALE MEDIA

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

    Epos: sing@vonk.co.za

    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    Epos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za

  • NEIL NACHTREIN – HOOR JY MY | Neil Nachtrein se Nuwe Enkelsnit “Hoor jy My?” werp Lig op die Impak van Afwesige Ouerskap

    NEIL NACHTREIN – HOOR JY MY | Neil Nachtrein se Nuwe Enkelsnit “Hoor jy My?” werp Lig op die Impak van Afwesige Ouerskap

    Neil Nachtrein se Nuwe Enkelsnit “Hoor jy My?” werp Lig op die Impak van Afwesige Ouerskap

    Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Neil Nachtrein is verheug om sy nuutste enkelsnit bekend te stel, getiteld “Hoor jy My?”. Hierdie aangrypende lied werp lig op die pynlike kwessie van gebroke gesinne en die impak van afwesige ouerskap op kinders en volwassenes.

    Gebroke gesinne is iets waarmee almal op een of ander stadium gekonfronteer word. “Hoor jy My?” vertel ‘n verhaal oor die letsels wat afwesige ouers op kinders agterlaat, en later ook op volwassenes. In hierdie geval belig Neil spesifiek die afwesigheid van ‘n pa, daardie man wat waarlik ‘n dogter se hart kan breek. Die lied ondersoek die vrae oor die verantwoordelikheid van ‘n volwasse kind teenoor so ‘n afwesige ouer en waar en by wie genesing gevind kan word. Hierdie moeilike vrae bly sonder definitiewe antwoorde, maar deur die lied gee Neil ‘n stem aan almal wat met hierdie uitdagings worstel.

    Met sy kenmerkende stem en sielvolle uitvoering gryp Neil Nachtrein luisteraars se aandag en raak diep in hul harte met “Hoor jy My?”. Die aangrypende lirieke en emosionele melodie skep ‘n verbindingspunt vir mense wat die impak van afwesige ouerskap ervaar het. Neil se opregte interpretasie van die lied maak van “Hoor jy My?” ‘n kragtige en betekenisvolle bydrae tot die musiekbedryf.

    Neil Nachtrein, ‘n musiekvervaardiger en liedjieskrywer van internasionale standaard, het ‘n reputasie opgebou vir sy emosionele en sielvolle musiek. Sy vorige treffer enkelsnitte het honderdduisende mense regoor die land en die wêreld geïnspireer. Met “Hoor jy My?” bewys Neil weer sy vaardigheid om musiek te maak wat diep deurdring en mense aanraak.

    “Ek is opgewonde om ‘Hoor jy My?’ met my ondersteuners te deel,” sê Neil. “Hierdie lied is ‘n persoonlike reis vir my en vir baie ander wat soortgelyke ervarings gehad het. Ek hoop dat dit mense sal aanmoedig om die pyn en die vrae wat met afwesige ouerskap gepaard gaan, te erken en te bespreek.”

    “Hoor Jy My?” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. Vir diegene wat ‘n musikale reis wil neem wat ‘n beroep doen op die diepste emosies. 

    Luister “Hoor Jy My” op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/neilnachtrein

    “Hoor Jy My” se musiekvideo is nou beskikbaar op Youtube – https://youtu.be/RCROOL5BUXo

    SOCIAL MEDIA

    Facebook: https://www.facebook.com/neil.nachtrein

    Instagram: https://www.instagram.com/neilnachtrein/

    PLATEMAATSKAPPY:
    Vonk Musiek
    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
    E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING
    STARBURST PROMOTIONS
    Gizela
    Sel: +27 83 399 6869
    E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
    Webblad:

  • Zoé – Liefhê | SANGER EN LIEDJIESKRYWER ZOÉ IS VERLIEF EN VERLORE MET HAAR TWEEDE ENKELSNIT.

    Zoé – Liefhê | SANGER EN LIEDJIESKRYWER ZOÉ IS VERLIEF EN VERLORE MET HAAR TWEEDE ENKELSNIT.

     Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zoé in haar nuwe enkelsnit, ‘’Liefhê’’ skryf. ’’Liefhê gaan oor ‘n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die ‘honeymoon’ fase van ‘n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur het en dit voel as of hierdie liefde virewig gaan hou,’’ verduidelik sy

    ‘’Liefhê’’ volg op die suksesvolle vrystelling van haar debuut enkelsnit ‘’Crazy Meisie.’’ ‘’Na die vrystelling van ‘’Crazy Meisie’’ het my lewe verseker verander,’’ vertel Zoé. ‘’Ek het dadelik besef dat ek werklik doen waarvoor ek lief is. Crazy Meisie is so positief ontvang deur die publiek! Soveel Radio Stasies is tans besig om die liedjie te speel en die musiekvideo het meer as 18000 kykbeurte getref in net ‘n maand. Dit voel onwerklik!’’

    ‘’Liefhê’’ staan in sterk kontras teenoor ‘’Crazy Meisie’’ wat vanuit die perspektief van ‘n gebroke hart geskryf is. ‘’Ek het Liefhê eintlik voor Crazy meisie geskryf.  Liefhê is die begin van die storie en Crazy Meisie is die einde. My liedjies volg ‘n meisie en al haar fases van lewe en liefde. Liefhê vertel van waar sy verlief was en goed  gevoel het oor hierdie verhouding. Crazy Meisie vind plaas lank na die verhouding verby is en gaan oor die les wat daardie ervaring haar geleer het,’’ het sy gedeel.

    Vir Zoé is dit belangrik dat sy oor haar eie ervarings skryf wanneer sy musiek maak. ‘’Ons almal ervaar tot ‘n mate dieselfde dinge in die lewe; liefde, pyn en alles tussen in. Skryf is vir my ‘n vorm van terapie, waar ek net kan sit en my emosies op ‘n musikale en kreatiewe manier kan neer skryf en stories vertel. Ek hoop net my musiek maak iemand se dag ‘n bietjie beter. Of dit nou is dat die liedjie opgewek is of dat hulle, hulself met my lirieke kan vereenselwig. Hopelik voel mense een van hierdie twee dinge as hulle na my musiek luister, dan is ek gelukkig!’’

    Liefhê se bekendstelling gaan ook gepaard met ‘n nuwe musiekvideo waar Zoé saam met Pretoria rockband, Die Ramkat mafia optree. Volgens Zoé was verfilming effens uitdagend, want beide ‘’Crazy Meisie’’ en ‘’Liefhê’’ se musiekvideos is op dieselfde dag opgeneem. ‘’Ja dit was rof en besig en ek mag net dalk ‘n migraine gekry het in die middel van die shoot, ’but the show must go on’ en ek het my beste gedoen om my kant te bring want almal om my het so hard gewerk en net so rondgeskarrel om seker te maak dat alles perfek is. Ek het amper soos n atleet gevoel na die ‘sprints’ wat ek moes doen vir elke ‘outfit change’,’’ lag sy.

    Zoé en haar ‘band’, wat bestaan uit kitaarspeler Mark Brown, baskitaarspeler Grant Brown en tromspeler Ruben Radyn is ook hard aan die repeteer vir hul opkomende optredes. ‘’Ons speel by Aardklop die 5de Oktober en ek kan nie wag nie, en voor dit is ons by 3 ander kunstefeeste by skole soos Hoërskool Eldorein en Hoërskool Ben Vorster waarna ek vreeslik uitsien! My gunstelling vertonings is gewoontlik skole. Kinders het net soveel energie dat jy dit kan voel as jy voor hulle staan en sing,’’ vertel sy.

    Daar is ook nuwe musiek oppad. ‘’My derde enkelsnit is ook oppad en dit gaan ‘n heel ander gevoel en klank hê as my vorige musiek. Ek hoop SA is reg vir hom,’’ sluit sy af.

    “Liefhê” se musiekvideo is nou beskikbaar op Youtube:

    Die Enkelsnit is ook beskikbaar op alle digitale platforms:

    SOCIAL MEDIA

    Instagram: @zoemusiek

    Tiktok: @zoe_musiek

    PLATEMAATSKAPPY:

    CoolerBox Records

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772    

    E-pos: marno@coolerboxbrothers.com

    Webblad: https://coolerboxbrothers.com/


    PUBLISITEIT & BEMARKINGSTARBURST PROMOTIONSDanelle LiebenbergSel: 0715347796E-pos: danelle@starburstmusic.co.zaWebblad: www.starburstmusic.co.za
    Picture 1


  • TERLOOPS SE NUWE ENKELSNIT “VRY” – ‘N LIEDJIE VAN TROTS EN ERKENNING

    TERLOOPS SE NUWE ENKELSNIT “VRY” – ‘N LIEDJIE VAN TROTS EN ERKENNING

    Terloops, musiek groep wat ‘n debuut maak met hul innoverende klank en vernuf, het op 1 Maart 2024 hul nuutste enkelsnit, “Vry”, op alle digitale platforms vrygestel. Hierdie liedjie, met ‘n heerlike Afrikaanse popklank, is ‘n welkome aanwins tot jou speellys, wat diep gewortel is in die trots op ons taal, kultuur en geskiedenis.

    Die liedjie “Vry” het sy ontstaan uit ‘n hart van trots op die Afrikaanse identiteit en ‘n sterk kameraadskap met die mense. Carel en Frans, die kreatiewe kragte agter Terloops, het ‘n paar woorde gedeel oor die betekenis en inspirasie agter “Vry”.

    Die lied “Vry” is ‘n viering van ons taal, kultuur en geskiedenis. Dit kom voort uit ‘n diep verlange om ons erfenis te eerbiedig en te vier. Die lirieke is doordrenk van outobiografiese ervarings, met verhale van gesinsbande, tradisies, en groot drome. Dit is ‘n liedjie wat die persoonlike en universele ervarings van die Afrikaanse mense weerspieël, en dit is hierdie verbintenis wat “Vry” ‘n meesleurende en diepgaande impak gee.

    Terloops het die boodskap van “Vry” gedefinieer as ‘n uitnodiging om trots te wees op ons taal en kultuur, en om gesprekke daaroor uit te lok. Dit is ‘n herinnering aan ons geskiedenis, ‘n viering van ons helde, en ‘n aansporing tot selfontdekking en uitdrukking.

    Met ‘n sterk boodskap van trots, kultuur en gemeenskap, is “Vry” nie net ‘n liedjie nie, maar ‘n beweging na erkenning en viering van ons identiteit. Terloops nooi almal uit om deel te word van hierdie reis van ontdekking en selfuitdrukking.

    SOSIALE MEDIA – TERLOOPS

    Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=61556747980883

    Instagram: https://www.instagram.com/terloops_official/

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    Vonk MusiekLogo

Description automatically generated

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonk.co.za 

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

    E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za 

  • JAN RHAAP BELOWE HY SAL ALTYD DAAR WEES VIR SY KINDERS IN NUWE ENKELSNIT

    JAN RHAAP BELOWE HY SAL ALTYD DAAR WEES VIR SY KINDERS IN NUWE ENKELSNIT

    Pa-wees verander hoe jy na die lewe kyk en vandat Jan Rhaap hierdie voorreg vir die eerste keer ervaar het, is dit sy lewensdoel om die beste ouer moontlik te wees.

    In sy splinternuwe enkelsnit, PA STAAN VIR JOU, beloof hy sy kinders dat hy altyd daar sal wees vir hulle en hul sal beskerm en ondersteun.

    “Ek het die liedjie geskryf voordat my vrou swanger was met ons tweede kind, ons dogtertjie. Ons wou baie graag ’n tweede kind hê,” deel hy. “Dit beteken ongelooflik baie vir my en ek is trots om elke dag te kan sê: “ Ek sal  ‘Pa staan vir jou’, my kind.”

    Hoewel dié pop-rocksnit, vervaardig deur Tertius Human, sterk lirieke en ’n ernstige boodskap het, het die ook ’n lekker opgewekte ritme waarop luisteraars kan dans.

    Die musiekvideo, wat ook nou beskikbaar is, vang die kosbare verhouding tussen ’n pa en sy kinders vas deur te fokus op die alledaagse dinge wat hulle saam geniet.

    Dit is in Pretoria en Nelspruit verfilm deur Quitessential Photo & Video Worx en sluit tonele met ’n volledige orkes in wat hom deur die lied begelei.

    Kyk die video hier: https://youtu.be/JJx8xH_v4j8

    Jan Rhaap, oftewel Werner Burger, met sy rasperstem en opgewekte musiek, vermaak gehore al vir meer as ’n dekade en is veral bekend vir treffers soos Huisie in die Bos, wat hy saam met Juan Boucher geskryf het en waarvan die video reeds meer as 5.4-miljoen kyke op YouTube gehad het, Jan Ek Kan Nie Dans Nie met meer as 2.5-miljoen kyke en Ramskilpad wat op verskeie treffersparades gepronk het en ook reeds deur meer as 1.8-miljoen mense gesien is. Die video van sy enkelsnit, Jagvat, is ook reeds meer as 760 000 gekyk.

    Hy kom uit ’n baie musikale gesin en het oor die jare verskeie loopbaanhoogtepunte gehad, waaronder Ghoema-benoemings vir Nuweling van die Jaar (2015) en Beste Alternatiewe Album van die Jaar (2017). Hy het pas ook saam met ander bekendes op die 2023-Bokboot gekuier.

    PA STAAN VIR JOU is die derde vrystelling vanaf sy vyfde ateljee-album en die boodskap sal aanklank vind by oud en jonk.

    “Dis werklik ’n pragtige liedjie en enige man wat die voorreg het om ’n pa genoem te word, sal daarmee kan vereenselwig,” sluit hy af.

    Hierdie liedjie is die derde vrystelling vanaf sy kortspeelplaat (Jagvat) wat einde laas jaar uitgereik is.

    Laai dit hier af: https://linktr.ee/janrhaap

    SOSIALEMEDIASKAKELS:

    Facebook: https://www.facebook.com/janrhaap/

    Instagram: @janrhaap

    Twitter: @janrhaap

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOSIES

    Alani Coetsee

    Sel: 072 442 6918

    E-pos: alani@starburstmusic.co.za

    Webwerf: www.starburstmusic.co.za

  • Valiant Swart se nuwe musiekvideo “Lied van die langpad” bring ‘n opwindende aansteeklike energie na vore

    Valiant Swart se nuwe musiekvideo “Lied van die langpad” bring ‘n opwindende aansteeklike energie na vore

    Valiant Swart, een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars, is verheug om die vrystelling van sy nuwe musiekvideo, “Lied van die langpad”, aan te kondig. Die maak van die musiekvideo was ‘n groot sukses en het ‘n aansteeklike vibe en ongelooflike energie in die lug gehad. Swart sê hy het lanklaas so helder oordag gedans, en dit op ‘n Maandag nog!

    “Die eindproduk van die musiekvideo is fantasties” vertel Valaint. Die energie is amper tasbaar en die filmspan het uitstekend daarin geslaag om die beste uit die rolspelers te kry. Die produksie het almal met groot glimlagte agtergelaat. Swart is trots op die afwerking van die musiekvideo en glo dit sal die harte van sy ondersteuners verower.

    Die regisseur en sy span het puik werk gelewer deur die energie van die liedjie oorgedra te het na die skerm.”Ek wil die hele span bedank vir hul harde werk en toewyding aan hierdie projek,” het Swart bygevoeg.

    Valiant Swart nooi al sy ondersteuners en musiekliefhebbers om saam te kom dans en die aansteeklike energie van die video te ervaar.

    “Lied van die langpad” se musiekvideo is nou beskikbaar op Youtube –

    SOCIAL MEDIA

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772   

    E-pos: sing@vonk.co.za

    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

  • RYNO VELVET – VOLKSWAGEN BUSSIE

    RYNO VELVET – VOLKSWAGEN BUSSIE

    Ryno Velvet is terug met ‘n nuwe ateljee enkelsnit “Volkswagen Bussie”. Opgeneem by Sunset Studios in Stellenbosch en vervaardig deur Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties en Thieve faam onder andere. Jean Labuschange bekroonde tromspeler en kletsreimer het die tromme op die enkelsnit behartig. Die snit is gemeng deur Jürgen Von Wechmar en gemeester deur Tim Lengveld.

    Ryno Velvet, die geliefde sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler, gebore in Bellville, Kaapstad, is veral bekend vir sy bydrae tot inheemse Suid-Afrikaanse rockmusiek. Hy staan bekend as ‘n spreekwoordelike uitvoerder met ‘n ietwat ontwrigte styl, en gehore ken hom veral daarvoor dat hy ‘n regshandige kitaar linkshandig en onderstebo speel.

    Sedert 2006 het Ryno Velvet vier studio-albums vrygestel, naamlik Karma (2006), Harp (2008), Bulletin (2010) en Alfabet (2014), terwyl hy saamgewerk het met mede-Suid-Afrikaanse vervaardigers en kunstenaars soos TeeJay Terblanché, Basson Laubscher, Francois van Coke, Pierre Greef, Riku Lätti en Fred den Hartog.

    Een van die hoogtepunte in Ryno Velvet se loopbaan is sy betowering met die ikoniese treffer “Ai My Lam”. Hierdie lied het harte verower en ‘n groot impak gemaak op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met sy unieke stem en energieke verhoogoptredes weet Ryno Velvet hoe om gehore van alle ouderdomsgroepe te vermaak en te betower.

    “Om vir die eerste keer in ‘n lang tyd saam met goeie vriende ‘n snit te maak was wat ek dink die hart en siel in Volkswagen Bussie gesit het” voeg Ryno Velvet by.

    Volkswagen Bussie handel oor nostalgie van goeie tye in die verlede, huidig en in die toekoms. Dit is ‘n kits vakansie vir die siel met beskrywende verse en sweep jou weg in die melodiese koor.

    Fred den Hartog skep ‘n warm en vriendelike gevoel met die produksie op Volkswagen Bussie. Hy trek die luisteraar in met soniese tekstuur wat gemaklik val op die palet.

    “Ek, Jean en Fred het ‘n fees gehad om met die Ryno Velvet klank te peuter. ‘n Vars aanslag toe te pas. Dit was werklik besonders om te sien hoe almal te werk gaan en hulle eie stempel om op die snit te sit.” meen Ryno.

    Volkswagen Bussie breek weg van die hoofstroom Afrikaanse populêre musiek, maar behou steeds die waardes en gevoel wat moderene Afrikaans besonders maak.

    “Wat hierdie projek uniek maak is dat almal betroke uit baie dieverse style van musiek bymekaar kom om kreatief te verkeer. Dit was vir ons meer belangrik om in die oomblik te wees met die proses as om te jaag om die resultaat te kry. Om so musiek te maak is werklik ‘n droom wat wat word voor jou oë.” Voeg Ryno by.

    Ryno Velvet het homself bewys as ‘n ware pionier in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf deur voortdurend innoverende klanklandskappe te skep. Sy musiek het ‘n universele aantrekkingskrag en sy lirieke raak dikwels aan temas wat ‘n emosionele snaar raak by luisteraars regoor die land. Hy is ‘n kunstenaar wat sy passie vir musiek en sy toewyding aan die gehore duidelik uitstraal.

    SOSIALE MEDIA

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

    Epos: sing@vonk.co.za

    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    Epos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za

  • MARCEL DALMAYDA SING OOR GEBROKE HARTE IN TREFFENDE NUWE ROCKBALLADE

    MARCEL DALMAYDA SING OOR GEBROKE HARTE IN TREFFENDE NUWE ROCKBALLADE

    Om iemand vir wie jy lief was saam met iemand anders te sien en te weet hulle is gelukkig kan pynlik wees, al is dit vir die beste.

    Gewilde rocker, Marcel Dalmayda, sing oor hoe dit voel wanneer liefde nie uitwerk nie in sy splinternuwe enkelsnit, IEMAND ANDERS.

    Louwrens Bezuidenhout, wat dié rockballade geskryf en vervaardig het, sê: “Die snit vertel die storie van ’n somerliefde wat baie vinnig, baie sterk geraak het. Dis die verhaal van twee mense wat mekaar gevind en liefgekry het. Soos wat die storie aanbeweeg raak dit egter duidelik dat, soos met baie dinge in die lewe, alles nie altyd uitwerk soos wat jy wil hê dit moet nie. Dit lei dan tot baie twyfel, vrae en pyn en almal ken die seer van verlore liefde op een of ander manier.”

    “Mense gaan aanklank vind by die liedjie omdat daar, soos met my ander musiek, ware emosie en betekenis daaragter is. Dit gaan oor die gevoel om iemand te verloor vir wie jy lief is en hom/ haar daarna saam met iemand te sien en te weet dat dit nie sou uitwerk nie, maak nie saak wat nie,” voeg Marcel, wat al vir ’n dekade in die plaaslike musiekbedryf werk, by.

    IEMAND ANDERS is reeds dié veelsydige musikant se vyfde Afrikaanse radiovrystelling en beloof om binnekort die treffersparades te begin klim.

    Alhoewel hy eers in 2013 eers professioneel begin sing het, bekoor dié Pretorianer al gehore vanaf sy kleuterskooldae en was musiekmaak nog altyd al wat hy wou doen.

    Hy put inspirasie vir sy eie musiek uit sy eie lewenservaringe en meen dat groot rockgroepe en -musikante uit die verlede almal ’n groot invloed gehad het op sy eie styl.

    Oor die jare, het hy ’n indrukwekkende lys loopbaanhoogtepunte bereik, waaronder sy blinde oudisie op en deelname aan The Voice SA in 2016, verskynings op Noot vir Noot en Musiek Roulette en vele meer.

    Tans is al sy fokus op sy musiekloopbaan en werk hy baie hard daaraan om die beste weergawe van homself te wees.

    Met IEMAND ANDERS bewys hy weereens hoekom hy uniek is en sy plek in die rockmusiekbedryf verdien.

    Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: https://vyd.co/Iemandanders

    SOSIALEMEDIASKAKELS

    Facebook: https://www.facebook.com/dalmayda/

    Instagram: @dalmayda

    Twitter: @dalmaydamusic

    PUBLISITEIT EN BEMARKING

    Starburst Promosies

    Gizela Sharim

    Sel: 083 399 6869

    E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

    Webwerf: www.starburstmusic.co.za

  • STEPHAN VISAGIE WIL BOSVELD TOE IN NUWE ENKELSNIT SAAM HENRI ALANT!

    STEPHAN VISAGIE WIL BOSVELD TOE IN NUWE ENKELSNIT SAAM HENRI ALANT!

    Stephan Visagie, ‘n gerekende sanger en liedjieskrywer in die Afrikaanse musiekbedryf, het in samewerking met die talentvolle musikant, Henri Alant, ‘n nuwe enkelsnit vrygestel genaamd “Vergeet My Hier”. Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms vanaf 21 April 2023.

    Stephan Visagie is ‘n trotse lid van die legendariese Vonk Musiek, wat bekend is vir die ontdekking van baie bekende en suksesvolle kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy is reeds bekend vir sy treffer “4 Keeps”, wat hom in 2017 in die kollig geplaas het. Sedertdien het sy musiekloopbaan ‘n stroomversnelling ondergaan en sy werk word tans hoog aangeskryf in die musiekbedryf.

    “Vergeet My Hier” is die perfekte opvolg enkelsnit na Stephan se vorige uitgawes, insluitend “Amper Daar”, wat in 2022 bekendgestel is. Hierdie nuwe liedjie het egter ‘n heeltemal unieke tema wat uit Stephan se liefde vir die bosveld gebore is – ‘n plek wat hy beskryf as sy “Happy Place”. Dit is die plek waarheen hy gaan om te ontsnap van die stres van die lewe en om sy siel te voed. Hierdie gevoel word perfek vasgevang in die woordkeuse en melodie van die liedjie.

    Die kombinasie van Stephan se unieke en warm stem met Henri se mooi melodie skep ‘n liedjie wat jou sal ontroer en jou ‘n hoendervleis aanslag sal gee. Henri Alant, wat al ‘n geruime tyd in die musiekbedryf werk, is ‘n baie talentvolle musikant en word beskou as een van die beloftevolle jong kunstenaars van ons tyd. Sy bydrae tot die sukses van die liedjie is onmiskenbaar.

    “Vergeet My Hier” is ‘n liedjie wat nie net ‘n spesiale plek in Stephan se hart het nie, maar ook ‘n liedjie wat ons almal kan inspireer en aanmoedig om ons eie “Happy Place” te vind. Die liedjie is ‘n weerspieëling van die rustigheid en vrede wat daar in die bosveld ervaar word en bied ‘n boodskap van hoop en gemoedsrus aan almal wat dit hoor.

    Ons nooi almal uit om “Vergeet My Hier” te beluister en te geniet. Hierdie liedjie is ‘n welkome byvoeging tot die Afrikaanse musiekbiblioteek en het die potensiaal om ‘n treffer te wees. Stephan Visagie en Henri Alant het bewys dat hulle uitstekende musikante is en dat hulle saam ‘n liedjie kan skep wat diep in die harte van die mense sal resoneer.

    SOSIALE MEDIA

    STEPHAN VISAGIE

    HENRI ALANT

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

    Epos: sing@vonk.co.za

    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    Epos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za

  • SWERWER SWEEF ‘’VERBY’’ MET NUWE ENKELSNIT

    SWERWER SWEEF ‘’VERBY’’ MET NUWE ENKELSNIT

    Daar is niks lekkerder as ‘n smeulende verhouding nie, maar as daar meer as net vonke is en die een se persoonlikheid petrol op die ander een se vuur is, stuur dinge op ‘n ramp af. Dit is daar waar jy moet besluit of dit verby is voor iemand se vingers verbrand word. Dit is die tema wat vasgevang word in musikant, Swerwer se nuwe enkelsnit, Verby.

    Swerwer, oftewel José Bezuidenhoud het groot geword in Pretoria Wes, hy was ‘n belhamel wat skool geslip het en al die dinge gedoen het wat jy net in Boys Town sal vind. Op ‘n keer moes hy met die skool praat om te sien of hulle hom nie sou skors nie vertel Swerwer. Sy ma het vir hom gese dat hy daardie dag die disiplinere verhoor moet bywoon en as hy klaar is daar kan hy sy kitaar gaan haal wat sy vir hom op laybug gekoop het, hy was toe net 14 jaar oud.

    José het op die ouderdom van 23 na Magoebaskloof getrek waar hy vir n rukkie in ‘n tent gebly het. Daar het hy vir n kerk begin werk in Haenertsburg waar hy sy ander lede van die groep ontmoet het.Hulle het klein toere en verskeie vertonings in limpopo en Nelspruit gedoen. Swerwer vertel dat hy baie genot gekry het om saam die mense wat hy ontmoet het die paaie te wandel.

    Na ‘n breuk in Limpopo het hy begin reis met ‘n taxi en later met ‘n trein. Hy het sy huis opgegee en sonder ‘n motor en met net ‘n klein PA, Kitaar en sak gereis. “: Ek het van dorp tot dorp gereis, week na week ‘n ongelooflike avontuur beleef terwyl ek die land op ‘n unieke manier kon verken” vertel Swerwer

    As liedjie skrywer is Swerwer beinvloed deur die voelvry beweging en het hy nog altyd daarop gefokus om lirieke te skryf in sy moedertaal en te toonset met met ‘n sterk invloed van Rock en Folk. Swerwer se energie op die verhoog is magneties so die musikant het vining klein kroee vir feeste verruil.

    Verby is ‘n kontemporere snit met ‘n opgewekde rock gevoel, maar die lirieke raak diep. Verby vertel die verhaal van ‘n verhouding wat eens helder gebrand het, maar waar die twee betrokke partye nie die beste in mekaar na vore gebring het nie. Verby gaan daaroor vertel dat ‘n mens soms moeillike besluite moet  neem om respek vir liefde en jouself te behou. Wanneer dinge nie uitgewerk  het nie is dit beter om dankie te se vir die goeie tye en om eerder jou paaie te laat skei.

    Met verby hoop Swerwer om mense te raak wat dalk al hulself in ‘n soortgelyke situasie bevind het en hoop hy dat “Verby” ‘n kreet kan word vir mense wat onlangs deur ‘n mislukte liefdesverhaal kom, of selfs vir mense wat nog seer het as gevolg van ‘n vorige liefde.

    In die lied verwys SWERWER na ‘n persoon wat nie meer in sy lewe is nie. Hy sing: “Jy hou van baklei, ek hou skoon verby. Pak my sorge en ‘n bottle brannewyn. Die stad se gedruis laat my verlang na die plaas op Alldays. Ek moet waai, ek soek saligheid.” Hy besef dat die verhouding nie meer kan voortduur nie en dat dit tyd is om verder te gaan.

    SWERWER sê ook: “Dankie vir jou tyd vir die vashou en die vry, ek is seer en moeg baklei. Jammer skat, maar dit is verby. Ek sal jou in my hart dra, mooi praat van jou as die vriende vra. Ek is lief vir jou, glo vir my. Jammer skat, maar dit is verby.” Hierdie woorde toon die respek wat hy nog vir die persoon het, maar dat dit tyd is om verder te gaan.

    VERBY is nou beskikbaar op alle digitale platforms –

    SOSIALE MEDIA

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

    Epos: sing@vonk.co.za

    Webblad:www.vonkmusiek.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    Epos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za

  • ARMAND STEENKAMP SKRYF LIEDJIE OOR VROLIKE UIT TAND VISSERS VROU

    ARMAND STEENKAMP SKRYF LIEDJIE OOR VROLIKE UIT TAND VISSERS VROU

    Afrikaanse kunstenaar Armand Steenkamp het onlangs sy nuwe enkelsnit, “Johanna Van Saldanha”, vrygestel. Die liedjie is geïnspireer deur die wyle Worsie Visser se “Liedjie Gee Hom Gas Johanna”, en is ‘n eerbetoon aan die wonderlike vrou wat op die weskus van Suid-Afrika gewoon het.

    Armand het die liedjie geskryf nadat hy een oggend by ‘n vriend, in sy braaikamer in Langebaan gesit  kuier het. Daar het hy aan Worsie Visser se liedjie gedink en homself afgevra wie die Johanna was, wat almal so gas gegee het. Hoe sy gelyk het en wat het sy gedoen? Armaand het nog altyd gese as jy in die Boesmanlad groot geword het, moet jy ‘n bietjie van ‘n verbeelding he, so hy het self die storie van Johanna bymekaar gesit en die resultaat is ‘n nostalgiese liedjie wat die luisteraar na ‘n ander era vervoer.

    Armand Steenkamp het grootgeword in die Boesmanland, tussen Pofadder, Kliprand en die Namaqualand. Sy naaste skool was op Springbok, waar hy rugby wou speel, sing en waar hy onsuksesvol moes leer Engels praat. Vandag is hy ‘n gewilde kunstenaar landswyd, en sy konsertgangers sien telkemale die son opkom as hulle die aand saam met hom omkuier. “Solank ek nie Engels hoef te praat nie”, sê hy.

    Armand het sy bekendheid verwerf met liedjies soos Diep Steek En Lank Le, Ek Kan Nie Dans Nie Maar Ek Kan Vry, Lekker Mens en nog vele meer .

    Johanna Van Saldanha vertel die verhaal van Johanna, wat op ‘n trawler-skuit gewerk het. Sy was ‘n taaie vrou wat heelweek op die see gewerk het, en partykeer het sy selfs heeldag nette getrek. Johanna het haar voortande verloor, maar haar glimlag en hart van goud het haar ‘n gunsteling onder die weskusmanne gemaak. Sy het haar man uiteindelik in die pad gesteek en hulle huwelik verbreek. Toe sy later op ‘n trawler-skuit werk, sterf sy saggies heen. Vandag spook Johanna in die middel van die nag op die weskus, en haar lag word nog steeds gehoor wanneer die wind waai.

    “Johanna Van Saldanha” is ‘n hartroerende liedjie wat die verhaal van ‘n merkwaardige vrou vertel. Die liedjie is nou beskikbaar op alle groot musiekplatforms en is ‘n moet-hê vir enige Afrikaanse musiekliefhebber.

    Met die bekendstelling  van die nuwe enkelsnit, het Armand Steenkamp ook genoem dat daar meer liedjies hierdie jaar sal bekendstel.

    Facebook Tiktok Youtube

     

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

    Epos: sing@vonk.co.za

    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

     

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    Epos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad: www.starburstmusic.co.za

  • FANUS PIENAAR SE KNIEE RAAK LAM VIR ‘N MEISIE MET ‘N JOHN DEERE HOED

    FANUS PIENAAR SE KNIEE RAAK LAM VIR ‘N MEISIE MET ‘N JOHN DEERE HOED

    Fanus Pienaar, bekend vir sy rasper stem en kitaarspel, het ‘n nuwe liedjie uitgereik wat almal se harte aan die brand steek. “John Deere Hoed” is ‘n oorspronklike liedjie wat beskryf hoe die perfekte boeremeisie elke man se knieë kan lam maak. Dit is ‘n liedjie wat almal kan verstaan omdat dit ‘n prentjie van ‘n meisie gee wat almal al voor oë gehad het.

    Fanus se passie vir musiek het hom al vroeg in sy loopbaan na legendariese kuierplekke soos die ou Firkins Centurion en Eagles geneem, waar hy opgetree het. Sy eerste solo-album, “Luister Na Jou Hart”, is in 2012 uitgereik en die titelsnit het oornag ‘n groot sukses geword, met topnoteringe regoor die land se radio-ranglyste.

    Na ‘n paar jaar van stilte het Fanus in 2018 met “Rigting Na Jou Hart” en “Vir My Land” van sy eie pen af vrygestel, en het hy in 2020 “Myne Noem” en “As Ek Superman Was” saam met Deon Van Der Merwe opgeneem. In Desember 2020 het Fanus ‘n groot optrede gehad in die Heartfelt Arena saam met die room van die Afrikaanse musiekbedryf, as gevolg van sy liedjie “Vir My Land” wat alreeds bekendheid regoor die land verwerf het.

    “John Deere Hoed” het ontstaan toe Fanus in ‘n kuierplek in die ooste van Pretoria was en ‘n popmooi meisie met ‘n John Deere hoed ingestap het. Die liedjie beskryf die perfekte boeremeisie wat enige man se knieë kan lam maak. Dit is daai meisie wat natuurlik al die boksies reg merk, sy is mooi, sy kan werk, sy kan boer, sy kan jag, sy’t ‘n hart van goud en sy kan enige man onder die tafel in kuier. Sy is die tipe wat jou bang maak want jy weet sy kan alles doen en sy weet hoe om ‘n man te vang en jou verlief te maak.

    Fanus Pienaar is ‘n dinamiese en energieke kunstenaar wat ‘n warm en opregte persoonlikheid het. Sy liedjies getuig van sy liefde vir die musiekbedryf en sy optredes steel die harte van sy gehoor.

    Fanus Pienaar se “John Deere Hoed” is beskikbaar op alle digitale platforms. As jy wil weet hoe dit klink om verlief te wees op ‘n perfekte boeremeisie, moet jy definitief luister na hierdie treffer-liedjie.

    SOSIALE MEDIA

    Facebook: https://www.facebook.com/fanuspienaarmusic

    Instagram: https://www.instagram.com/fanuspienaarmusic/

    PLATEMAATSKAPPY:

    Vonk Musiek

    Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

    Epos: sing@vonk.co.za

    Webblad: www.vonkmusiek.co.za

    PUBLISITEIT & BEMARKING:

    STARBURST PROMOTIONS

    Danelle Liebenberg

    Sel: 0715347796

    Epos: danelle@starburstmusic.co.za

    Webblad:www.starburstmusic.co.za