Fanus Pienaar, bekend vir sy rasper stem en kitaarspel, het ‘n nuwe liedjie uitgereik wat almal se harte aan die brand steek. “John Deere Hoed” is ‘n oorspronklike liedjie wat beskryf hoe die perfekte boeremeisie elke man se knieë kan lam maak. Dit is ‘n liedjie wat almal kan verstaan omdat dit ‘n prentjie van ‘n meisie gee wat almal al voor oë gehad het.
Fanus se passie vir musiek het hom al vroeg in sy loopbaan na legendariese kuierplekke soos die ou Firkins Centurion en Eagles geneem, waar hy opgetree het. Sy eerste solo-album, “Luister Na Jou Hart”, is in 2012 uitgereik en die titelsnit het oornag ‘n groot sukses geword, met topnoteringe regoor die land se radio-ranglyste.
Na ‘n paar jaar van stilte het Fanus in 2018 met “Rigting Na Jou Hart” en “Vir My Land” van sy eie pen af vrygestel, en het hy in 2020 “Myne Noem” en “As Ek Superman Was” saam met Deon Van Der Merwe opgeneem. In Desember 2020 het Fanus ‘n groot optrede gehad in die Heartfelt Arena saam met die room van die Afrikaanse musiekbedryf, as gevolg van sy liedjie “Vir My Land” wat alreeds bekendheid regoor die land verwerf het.
“John Deere Hoed” het ontstaan toe Fanus in ‘n kuierplek in die ooste van Pretoria was en ‘n popmooi meisie met ‘n John Deere hoed ingestap het. Die liedjie beskryf die perfekte boeremeisie wat enige man se knieë kan lam maak. Dit is daai meisie wat natuurlik al die boksies reg merk, sy is mooi, sy kan werk, sy kan boer, sy kan jag, sy’t ‘n hart van goud en sy kan enige man onder die tafel in kuier. Sy is die tipe wat jou bang maak want jy weet sy kan alles doen en sy weet hoe om ‘n man te vang en jou verlief te maak.
Fanus Pienaar is ‘n dinamiese en energieke kunstenaar wat ‘n warm en opregte persoonlikheid het. Sy liedjies getuig van sy liefde vir die musiekbedryf en sy optredes steel die harte van sy gehoor.
Fanus Pienaar se “John Deere Hoed” is beskikbaar op alle digitale platforms. As jy wil weet hoe dit klink om verlief te wees op ‘n perfekte boeremeisie, moet jy definitief luister na hierdie treffer-liedjie.
SOSIALE MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/fanuspienaarmusic
Instagram: https://www.instagram.com/fanuspienaarmusic/
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
Epos: sing@vonk.co.za
Webblad: www.vonkmusiek.co.za
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
Epos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad:www.starburstmusic.co.za