Vonk Musiek

NUUS

Zoé – Liefhê | SANGER EN LIEDJIESKRYWER ZOÉ IS VERLIEF EN VERLORE MET HAAR TWEEDE ENKELSNIT.

 Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zoé in haar nuwe enkelsnit, ‘’Liefhê’’ skryf. ’’Liefhê gaan oor ‘n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die ‘honeymoon’ fase van ‘n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur het en dit voel as of hierdie liefde virewig gaan hou,’’ verduidelik sy

‘’Liefhê’’ volg op die suksesvolle vrystelling van haar debuut enkelsnit ‘’Crazy Meisie.’’ ‘’Na die vrystelling van ‘’Crazy Meisie’’ het my lewe verseker verander,’’ vertel Zoé. ‘’Ek het dadelik besef dat ek werklik doen waarvoor ek lief is. Crazy Meisie is so positief ontvang deur die publiek! Soveel Radio Stasies is tans besig om die liedjie te speel en die musiekvideo het meer as 18000 kykbeurte getref in net ‘n maand. Dit voel onwerklik!’’

‘’Liefhê’’ staan in sterk kontras teenoor ‘’Crazy Meisie’’ wat vanuit die perspektief van ‘n gebroke hart geskryf is. ‘’Ek het Liefhê eintlik voor Crazy meisie geskryf.  Liefhê is die begin van die storie en Crazy Meisie is die einde. My liedjies volg ‘n meisie en al haar fases van lewe en liefde. Liefhê vertel van waar sy verlief was en goed  gevoel het oor hierdie verhouding. Crazy Meisie vind plaas lank na die verhouding verby is en gaan oor die les wat daardie ervaring haar geleer het,’’ het sy gedeel.

Vir Zoé is dit belangrik dat sy oor haar eie ervarings skryf wanneer sy musiek maak. ‘’Ons almal ervaar tot ‘n mate dieselfde dinge in die lewe; liefde, pyn en alles tussen in. Skryf is vir my ‘n vorm van terapie, waar ek net kan sit en my emosies op ‘n musikale en kreatiewe manier kan neer skryf en stories vertel. Ek hoop net my musiek maak iemand se dag ‘n bietjie beter. Of dit nou is dat die liedjie opgewek is of dat hulle, hulself met my lirieke kan vereenselwig. Hopelik voel mense een van hierdie twee dinge as hulle na my musiek luister, dan is ek gelukkig!’’

Liefhê se bekendstelling gaan ook gepaard met ‘n nuwe musiekvideo waar Zoé saam met Pretoria rockband, Die Ramkat mafia optree. Volgens Zoé was verfilming effens uitdagend, want beide ‘’Crazy Meisie’’ en ‘’Liefhê’’ se musiekvideos is op dieselfde dag opgeneem. ‘’Ja dit was rof en besig en ek mag net dalk ‘n migraine gekry het in die middel van die shoot, ’but the show must go on’ en ek het my beste gedoen om my kant te bring want almal om my het so hard gewerk en net so rondgeskarrel om seker te maak dat alles perfek is. Ek het amper soos n atleet gevoel na die ‘sprints’ wat ek moes doen vir elke ‘outfit change’,’’ lag sy.

Zoé en haar ‘band’, wat bestaan uit kitaarspeler Mark Brown, baskitaarspeler Grant Brown en tromspeler Ruben Radyn is ook hard aan die repeteer vir hul opkomende optredes. ‘’Ons speel by Aardklop die 5de Oktober en ek kan nie wag nie, en voor dit is ons by 3 ander kunstefeeste by skole soos Hoërskool Eldorein en Hoërskool Ben Vorster waarna ek vreeslik uitsien! My gunstelling vertonings is gewoontlik skole. Kinders het net soveel energie dat jy dit kan voel as jy voor hulle staan en sing,’’ vertel sy.

Daar is ook nuwe musiek oppad. ‘’My derde enkelsnit is ook oppad en dit gaan ‘n heel ander gevoel en klank hê as my vorige musiek. Ek hoop SA is reg vir hom,’’ sluit sy af.

“Liefhê” se musiekvideo is nou beskikbaar op Youtube:

Die Enkelsnit is ook beskikbaar op alle digitale platforms:

SOCIAL MEDIA

Instagram: @zoemusiek

Tiktok: @zoe_musiek

PLATEMAATSKAPPY:

CoolerBox Records

Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772    

E-pos: marno@coolerboxbrothers.com

Webblad: https://coolerboxbrothers.com/


PUBLISITEIT & BEMARKINGSTARBURST PROMOTIONSDanelle LiebenbergSel: 0715347796E-pos: danelle@starburstmusic.co.zaWebblad: www.starburstmusic.co.za
Picture 1


Shopping Cart
Send this to a friend