

"NEE BUFFEL" – WG NEL VIER BROEDERSKAP, BAKKIES EN BIER MET ’N EGTE MANNE-NAWEEK
’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”
TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE
HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER
MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT "ROEPSTEM"
Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek
ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE
HENDRE BAARD SE NUWE LIEDJIE "HET JOU NODIG" ONTBLOOT DIE ROU WAARHEDE VAN WEDERKERIGE LIEFDE
Gospel kunstenaar Benice Borman is verheug om haar nuutste enkelsnit, “Sy Naam Sal Vir Ewig Staan,” aan die wêreld bekend te stel. Die lied sal beskikbaar wees op alle digitale platforms vanaf die 4de Augustus. Hierdie is die tweede enkelsnit van die jaar deur die gospelsangeres, ná haar eie weergawe van “Die Gebed” deur Koos Du Plessis. Benice beskryf haar nuwe vrystelling as volg:
“My nuutste enkelsnit is ‘n lied wat proklameer dat God se naam staan bo alle omstandighede. Die woorde van die lied is geïnspireer deur die Woord. In Jesaja 54 sê die Here vir ons dat geen wapen wat teen ons uitgerig word, sal staande bly nie. Een van my gunsteling verse is Psalm 23, wat ons vertel van ons goeie Herder, en Psalm 121 sê dat my hulp kom van die Here alleen. Al hierdie pragtige verse in die Bybel is vasgevang in hierdie lied.
Die lied is ‘n meesleurende melodie wat jou aandag dadelik vasvang, en ek glo dit sal aanklank vind by oud en jonk. Jy sal sommer vinnig die woorde kan saamsing en die dieper betekenis daarvan ervaar. Dit is ‘n lied wat ons herinner aan God se trouheid en liefde in alle omstandighede van ons lewens.”
Benice Borman se musiek het reeds ‘n groot gehoor aangegryp en dit word verwag dat “Sy Naam Sal Vir Ewig Staan” ‘n verdere hoogtepunt in haar loopbaan as kunstenaar sal wees. Sy het haar volle hart en siel in hierdie lied gestort, en dit verteenwoordig haar geloof, passie en toewyding aan haar geloof en die kunsvorm.
Benice Borman se enkelsnit “Sy Naam Sal Vir Ewig Staan” is ‘n eerbetoon aan God se onverganklike naam en sy genadevolle teenwoordigheid in ons lewens. Ons nooi almal uit om deel te wees van hierdie musikale ervaring en om die boodskap van hoop en geloof te deel met mense regoor die land.
PUBLISITEIT & BEMARKING
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
E-pos:
danelle@starburstmusic.co.za
Webblad:
www.starburstmusic.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webblad: www.vonkmusiek.co.za