Vonk Musiek

NUUS

AMPIE – ALLIE MANNE | “VIER LEGENDES VERENIG IN ‘ALLIE MANNE’: AMPIE, RADIO RAPS, DRICUS DU PLESSIS EN HUNTER KENNEDY”AMPIE – ALLIE MANNE

Vandag is ‘n besonderse dag vir die Afrikaanse musiekbedryf, aangesien die talentvolle sanger Ampie sy nuwe enkelsnit, “Allie Manne”, op alle digitale platforms vrygestel het. Hierdie opwindende lied is in samewerking met die bekende komediant Radio Raps, UFC vegter Dricus du Plessis, en die legendariese liedjieskrywer Hunter Kennedy opgeneem. Die musiekvideo, wat die vier legendes saam in Radio Raps se restaurantgroep vasvang, wys hoe hulle die lied optree in Hennie’s, Centurion. Die musiekvideo is ook nou beskikbaar op Radio Raps se YouTube kanaal. 

“Allie Manne” is ‘n lied wat geskryf is deur Ampie en Hunter Kennedy. Dit was aanvanklik bedoel vir Ampie se opkomende album vrystelling, maar toe besluit hy om die geleentheid te gebruik om saam met sy vriend te werk, Rikus de Beer (bekend as Radio Raps), om die lirieke en die lied in geheel te bespreek. Dricus, wat onlangs sy geveg teen Robert Whittaker in die UFC gehad het, is ‘n goeie vriend van Rikus.

Rikus het Ampie gevra wat hy wil hê, en Ampie was verbaas toe Rikus hom vra hoeveel geld hy wil hê, met ‘n skelm glimlag. Dit was op daardie oomblik dat Ampie besluit het om Rikus deel te maak van die projek, op voorwaarde dat Dricus du Plessis ook betrokke sou wees – skerts Ampie in ‘n humoristiese stemtoon. 

Nadat oproepe gemaak is, het Dricus du Plessis ingestem om deel te wees en gesê dat dit ‘n groot eer vir hom sou wees om saam met sulke legends aan die lied te werk. Ampie het ook besluit om Hunter Kennedy te bel en hom gevra of hy ook deel wil wees van hierdie spanpoging op “Allie Manne”. Hunter het gelag en gesê: “Ek is in, kom ons maak mooi!”

Die musiekvideo vir “Allie Manne” is geskiet by die Hennie’s-restaurantgroep se tak in Centurion, waar die vier vriende met verskillende loopbane saamgekom het. Dit is ‘n vreemde kombinasie, maar dit werk en maak sin. Rikus de Beer het aan Ampie gesê: “Ons hou van speel, so kom ons speel op hierdie een”

Ampie het besluit om vir die eerste keer by Vonk Musiek se vervaardiger, Tertius Human, aan te klop, omdat hy op soek was na ‘n nuwe klank, ‘n nuwe vervaardiger en vars idees. Hy het ook besluit om self die kitaar te speel, iets wat hy nie gewoonlik doen nie, omdat hy die studio beskryf as ‘n spesialisveld. Vir hom is dit nie ‘n bar of ‘n fees nie, maar ‘n ander uitdaging. Ampie het gesê: “Dit moet eenvoudig wees en moet voel soos ‘n kampvuur saam met vriende, waar almal saamsing soos op vakansie. Ek wil daardie gevoel hê op die lied, en ek sal oefen om dit perfek te kry, maar in my eie styl en my manier van speel.”

En so is “Allie Manne” gebore – ‘n lied wat die gees van die Wêreldbeker en die somer vasvang, en wat ons herinner dat dit lekker is om nie altyd jouself te ernstig op te neem saam met jou vriende nie. So kom ons speel, hoekom nie…

Geniet “Allie Manne” se musiekvideo – 

Geniet die enkelsnit op die platform van Jou keuse — https://vyd.co/Alliemanne

SOCIAL MEDIA

Ampie:

Facebook: https://www.facebook.com/Ampie007

Instagram: https://www.instagram.com/ampie007/?hl=en 

Dricus du Plessis

Facebook: https://www.facebook.com/dricusduplessisefc 

Instagram: https://www.instagram.com/dricusduplessis/?hl=en

Tiktok: https://www.tiktok.com/@dricusduplessis

Radio Raps

Facebook: https://www.facebook.com/radioraps

Instagram: https://www.instagram.com/radioraps/?hl=en

Tiktok: https://www.tiktok.com/@radioraps_rikusdebeer

Hunter Kennedy

Facebook: https://www.facebook.com/hunter.kennedy

Instagram: https://www.instagram.com/huntervancoke/?hl=en

PLATEMAATSKAPPY:

 

 

 

 

 

 

 

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za 

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Carla Burg

Sel: 068 303 1346

E-pos: carla@vonkmusiek.co.za

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend