

"NEE BUFFEL" – WG NEL VIER BROEDERSKAP, BAKKIES EN BIER MET ’N EGTE MANNE-NAWEEK
’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”
TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE
HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER
MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT "ROEPSTEM"
Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek
ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE
HENDRE BAARD SE NUWE LIEDJIE "HET JOU NODIG" ONTBLOOT DIE ROU WAARHEDE VAN WEDERKERIGE LIEFDE
Op 6 September 2024 het die talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar en musiekant, Rudi Kleingeld, sy jongste enkelsnit, “Kondisie,” op alle digitale platforms vrygestel. Wat begin het as ‘n Engelse liedjie met die hook line “Condition,” het Rudi besluit om dit in sy moedertaal te vertaal en dit tot ‘n treffende Afrikaanse snit te omskep.
Met ‘n aanvoeling vir lirieke wat tref, deel Rudi dat sy eie ervarings met ADHD ‘n groot invloed gehad het op die kreatiewe proses agter “Kondisie.” Hy laggend erken dat sy ADHD hom soms laat vergeet wat hy besig is om te sê, maar hy glo vas dat ADHD en ADD eintlik superkragte is. Hierdie uitdagende toestande maak dit vir hom moontlik om op ‘n unieke manier na die wêreld te kyk.
Die liedjie verken die dinamika van iemand in jou lewe wat beide die probleem én die oplossing vir jou probleme kan wees. Rudi se eerlike benadering tot hierdie tema maak dit vir luisteraars maklik om te identifiseer met die siklusse waarin mense dikwels vasgevang raak. Hy hoop om met “Kondisie” vir mense die insig te gee om bewus te wees van hierdie “loops” in hul eie lewens.
Kondisie is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
E-pos: pr@vonk.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za