MILLENNIUM IS “ONBESKOF” IN HULLE NUUTSTE ENKELSNIT:
VREDE STEL HUL NUUTSTE ENKELSNIT "DAGBREEK" VRY – 'N VIERING VAN LIEFDE EN DIE GENESING VAN EMOSIES:
WG NEL GAAN "PLAAS TOE” MET SY NUUTSTE ENKELSNIT:
RIAAN GROBLER EN JOMARI BRING LIEFDE EN DANS NA DIE VOORKANT IN HULLE NUUTSTE ENKELSNIT: "TOE VAL EK WEER"
RUDI KLEINGLD STEL SY NUUTSTE ENKELSNIT, "KONDISIE," VRY:
MARI BOSMAN VIER VRIENDSKAP EN LIEFDE IN HAAR NUUTSTE ENKELSNIT: "TUSSEN JOU EN MY"
“HOU MY DOP” SÊ DEON GROOT EN JAKKIE LOUW:
AMPIE ONTBLOOT DIE VERHAAL VAN “NIEMANDSLAND” IN SY NUUTSTE ALBUM:
Op 6 September 2024 het die talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar en musiekant, Rudi Kleingeld, sy jongste enkelsnit, “Kondisie,” op alle digitale platforms vrygestel. Wat begin het as ‘n Engelse liedjie met die hook line “Condition,” het Rudi besluit om dit in sy moedertaal te vertaal en dit tot ‘n treffende Afrikaanse snit te omskep.
Met ‘n aanvoeling vir lirieke wat tref, deel Rudi dat sy eie ervarings met ADHD ‘n groot invloed gehad het op die kreatiewe proses agter “Kondisie.” Hy laggend erken dat sy ADHD hom soms laat vergeet wat hy besig is om te sê, maar hy glo vas dat ADHD en ADD eintlik superkragte is. Hierdie uitdagende toestande maak dit vir hom moontlik om op ‘n unieke manier na die wêreld te kyk.
Die liedjie verken die dinamika van iemand in jou lewe wat beide die probleem én die oplossing vir jou probleme kan wees. Rudi se eerlike benadering tot hierdie tema maak dit vir luisteraars maklik om te identifiseer met die siklusse waarin mense dikwels vasgevang raak. Hy hoop om met “Kondisie” vir mense die insig te gee om bewus te wees van hierdie “loops” in hul eie lewens.
Kondisie is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
E-pos: pr@vonk.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za