

"NEE BUFFEL" – WG NEL VIER BROEDERSKAP, BAKKIES EN BIER MET ’N EGTE MANNE-NAWEEK
’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”
TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE
HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER
MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT "ROEPSTEM"
Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek
ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE
HENDRE BAARD SE NUWE LIEDJIE "HET JOU NODIG" ONTBLOOT DIE ROU WAARHEDE VAN WEDERKERIGE LIEFDE
Suid-Afrikaanse kunstenaar en musikant, JohnJ, het sy jongste enkelsnit, ‘Bosveld Oase’, op 4 Oktober 2024, op alle digitale platforms vrygestel. Dié liedjie, geïnspireer deur die verhaal van iemand ontmoet en verlief raak, bring ‘n vars energie na die Afrikaanse musiekwêreld.
Volgens JohnJ is ‘Bosveld Oase’ nie net ‘n liedjie oor die ontdekking van liefde nie, maar ook een waarmee mense kan identifiseer en lekker op kan dans. “Ek het iemand spesiaals ontmoet, en dit was die begin van hierdie liedjie. Dis ‘n lied wat mense moet laat terugdink aan hoe dit voel om weer verlief te raak,” sê hy.
Die sukses van sy vorige enkelsnit, ‘Flamingopan’, wat meer as 14 000 kyke op YouTube gekry het, het vir JohnJ se musiekloopbaan nuwe hoogtes bereik. Hy het intussen aangesluit by die Vonk Musiek Plaatemaatskappy, wat sy kreatiewe reis na die volgende vlak geneem het.
Die boodskap van ‘Bosveld Oase’ is duidelik en opbouend: moet nie voorgee nie – gryp die kans op liefde terwyl jy nog tyd het. JohnJ hoop dat die lied luisteraars sal inspireer om weer hoop te vind, om opnuut verlief te raak, en om onbeskaamd liefde in hul lewe te verwelkom.
‘Bosveld Oase’ is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
Geniet die liedjie op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/johnjofficial
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
E-pos: pr@vonk.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za