

"NEE BUFFEL" – WG NEL VIER BROEDERSKAP, BAKKIES EN BIER MET ’N EGTE MANNE-NAWEEK
’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”
TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE
HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER
MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT "ROEPSTEM"
Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek
ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE
HENDRE BAARD SE NUWE LIEDJIE "HET JOU NODIG" ONTBLOOT DIE ROU WAARHEDE VAN WEDERKERIGE LIEFDE
Lonely troebadoer is die splinternuwe enkelsnitvrystelling van die immergewilde kunstenaar Gian Groen. Toe almal gedink het liedjieskrywers gaan baie meer produktief wees tydens lockdown oor hul tuis vasgevang is, was kunstenaars eerder besig om planne te beraam om kontantvloei te genereer as gevolg van die feit dat daar so baie konserte gekanselleer is.
Die ooglopende ding was om konserte te stroom vir die mense daar buite en sodoende die bedryf aan die gang te hou.
Gian vertel dat dit is ‘n baie eensame plek om te wees vir n Troebadoer. So sit mens in ’n klein klankdigte vertrekkie met net n kitaar en ’n kamera terwyl duisende mense die geleentheid kry om in te skakel. Dit is byna asof jy in ‘n glaskas sit en musiek maak waar die wêreld kan inkyk, maar die kunstenaar sien niemand nie.
Gian het die liedjie lonely troebadoer geskryf terwyl hy self COVID gehad het. Hy het self die verwerking daarvan gedoen in samewerking met sy jarelange vriend en medevervaardiger, Alex Power, by sy ateljee, Farmyard Studio in Gordonsbaai. Alex speel die baskitaar daarop, Guy Feldman en Gian speel die kitare, en Simon Sloane speel die dromme.
Jandre Spangenberg het die post-produksie behartig by sy ateljee, Totius Hill Studio, in Welgemoed. Jandre het ook klawers gespeel en die agtergrondsang gedoen.
Die musiekvideo is geskiet deur Rudolph de Wet van Vonk Musiek.