Author: Ashley Du Toit

  • AMPIE SE EMOSIONELE REIS DEUR VERRAAD EN OORWINNING

    AMPIE SE EMOSIONELE REIS DEUR VERRAAD EN OORWINNING

    Die Afrikaanse musiekbedryf word hierdie maand geskud deur die kragtige en diep emosionele vrystelling van Ampie se jongste enkelsnit, “Rooftog”. Die lied is nie net ‘n musikale meesterstuk nie, maar ook ‘n sielvolle refleksie oor verraad, innerlike stryd en die keuse tussen vasgevang bly of vorentoe beweeg.

    Volgens Ampie het die titel “Rooftog” spontaan na vore gekom tydens ‘n samewerking met die jong en talentvolle Matthew John Duncan. “Ek voel Matthew gaan dit nog groot maak in Suid-Afrika. Die skryfproses was ‘n heen-en-weer inspanning, waar ons albei aan idees gewerk het en dit uiteindelik inmekaar gesmelt het tot ‘n volronde storie,” verduidelik Ampie.

    Die lied beeld die realiteit van verraad en agteraf kritiek uit – iets waarmee baie mense kan vereenselwig. “As jy op ‘n brug staan, het jy twee keuses: óf jy spring af in wanhoop, óf jy stap vorentoe en oorwin die situasie. ‘Rooftog’ is ‘n metafoor vir hoe mense jou agter jou rug afbreek, terwyl hulle voor jou maak asof jy die wonderlikste ding op aarde is.”

    Met lirieke soos “Sien jy wat ek sien, dis ‘n rooftog” en “Gee my hart terug, ek hoop jy soek nog”, bring die lied ‘n skerp boodskap van emosionele diefstal. “Baie mense dink jy weet nie wat hulle agter jou rug sê nie, maar dis ‘n rooftog – hulle probeer jou gees, jou lig en jou vreugde steel.”

     “My gees wil net kleef aan wie ons was” weerspieël die nostalgie en die emosionele gewig van verlore verhoudings en vertroue. Dit vra die vraag: Gaan jy vasklou aan die verlede, of gaan jy vorentoe beweeg?

    In die brug van die lied word daar verwys na wolwe – ‘n sterk simbool vir mense of omstandighede wat iemand probeer vernietig. “Wolwe beweeg in ‘n pak en vang hul prooi só. Dit is hoe negatiewe mense werk – hulle groepeer om jou te breek. Maar die vraag is: Gaan jy die stryd verloor, of gaan jy opstaan?”

    Vir die produksie van “Rooftog” het Ampie weer saam met die briljante Tertius Human van Coolerbox Studios gewerk. “Ek rate hom as een van die beste. Ons wou ‘n tydlose lied skep, iets wat nie net ‘n kits-treffer is nie, maar wat verewig kan leef.” Die klank van “Rooftog” is ‘n mengsel van world music en adult contemporary, wat dit ‘n internasionale gevoel gee.

    Ek hoop mense kyk na hul eie lewens en vra: Wat is die rooftog in my lewe? Steel iets of iemand jou vreugde? Is jy dalk self besig om iets van iemand anders te steel – of dit nou tyd, energie of geluk is?”

    “Rooftog” is meer as net ‘n lied – dis ‘n boodskap, ‘n keuse en ‘n uitroep vir eerlikheid en selfbewustheid.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • Pieter Marcato bring ‘n ode aan ware liefde met nuwe enkelsnit, ‘Sy’

    Pieter Marcato bring ‘n ode aan ware liefde met nuwe enkelsnit, ‘Sy’

    Daar is iets besonders aan ‘n liedjie wat die gevoel van liefde vasvang—daardie gevoel van warmte, passie en ‘n diep verbintenis. Dis presies wat Pieter Marcato vermag met sy splinternuwe enkelsnit, “Sy”, ‘n opregte en lewensgetroue liefdesverklaring aan die spesiale vrou in sy lewe.

    Volgens Pieter was dit ‘n natuurlike proses om hierdie liedjie te skryf. ‘n Kitaar-riff het eerste na hom toe gekom, en die lirieke het moeiteloos ingevloei, aangesien hy iemand spesiaal het oor wie hy só voel. “Dit is ‘n samevatting van die gevoelens wat ‘n spesiale persoon in jou lewe vir jou gee. Dit is ook ‘n ware verhaal—baie van die lirieke is toepaslik in my huwelik,” verduidelik hy.

    Liefde is vir Pieter soos “gom wat twee mense bymekaar hou”, en hy glo vas dat dit jou deur donker tye kan dra, jou inspireer en die lewe die moeite werd maak.

    Van die eerste reëls af is dit duidelik dat “Sy” ‘n lied is wat liefde deur beeldspraak en emosie uitleef. Sy beskryf die vrou in sy lewe as “die vlam in die kole” en “die vleisie op die vuur”, wat nie net haar aantrekkingskrag beklemtoon nie, maar ook die warmte en gemak van ‘n diep verbintenis. “Dit gaan minder oor ‘n vrou se persoonlikheid en meer oor die gevoel wat sy jou gee,” sê Pieter.

    In die koor verklaar hy sy toewyding met die woorde:
    “Vat my asem, vat my alles, vat my net saam met jou.”
    Vir Pieter is ware liefde ‘n wedersydse gee en neem—wanneer jy die regte persoon kry, is dit maklik om jou lewe saam te bou en elke oomblik te koester.

    Hy gebruik ook die beeld van “Saam met jou tot in Timbuktu” om die idee oor te dra dat ware liefde geen grense ken nie. “Jy sal enigiets doen vir die persoon wat jy liefhet, maak nie saak hoe moeilik dit is nie, want hulle is dit werd,” sê hy.

    Soos met al sy musiek, het Pieter besluit om “Sy” rondom ‘n akoestiese kitaar te bou. Hy glo vas dat ‘n lied nie meer as dit nodig het om sy emosionele kern oor te dra nie. Hy het saam met Josh Oosthuizen (ekstra kitare), Thys van Deventer (bykomende stemme) en Jacques Lotter (vervaardiger) gewerk om die eindproduk te skep.

    ]Wanneer gevra word watter deel van die liedjie vir hom die meeste beteken, antwoord Pieter sonder huiwering: “Vat my asem, vat my alles, vat my net saam met jou.” Dit verwoord sy oorgawe aan die liefde en die diepe respek wat hy vir sy vrou het.

    Hy erken ook dat hierdie lied ‘n belangrike les vir hom ingehou het: “Ek het nog altyd geweet hoe ek oor my vrou voel, maar dit was lekker om dit in woorde te sit. Ek het ook geleer om nie so hard op myself te wees as ‘n liedjieskrywer nie.”

    “Sy” is net die begin—Pieter beplan om nog baie liefdesliedjies uit te bring, maar altyd met ‘n upbeat en energieke aanslag. Hy werk reeds aan sy volgende opname en beloof dat aanhangers ‘n “lekker liedjie om saam te kan lit skud” kan verwag.

    Vir nou is “Sy” hier, gereed om harte te verower. Maak seker jy luister en ervaar die sielvolle klanke van Pieter Marcato se nuutste meesterstuk!

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

     

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • Christiaan Baartman se Nuwe Lied Gee ‘n Wake-Up Call vir Verhoudings wat Vergaan het – “As Hy Vir Jou Nog Lief Was

    Christiaan Baartman se Nuwe Lied Gee ‘n Wake-Up Call vir Verhoudings wat Vergaan het – “As Hy Vir Jou Nog Lief Was

    14 Februarie is ‘n datum wat dikwels mense se harte laat sink tot in hul skoene – ‘n dag waarop baie probeer om ‘hartchirurgie’ te doen op ‘n dooie verhouding, hopende vir iets wat lankal nie meer daar is nie. Christiaan Baartman se nuwe lied, “As Hy Vir Jou Nog Lief Was”, is vir al die mense wat steeds hoop klou aan iets wat al vergaan het.

    “As Hy Vir Jou Nog Lief Was” is jou ‘wake-up call’

    Die lied, wat geïnspireer is deur Baartman se persoonlike ervarings met verhoudings wat of toksies is of eenvoudig nie meer bestaan nie, neem die luisteraar op ‘n reis van selfontdekking. Baartman, ‘n bekende ‘hopeless romantic’, het dikwels probeer om verhoudings wat reeds vergaan het, te red. Hy het egter geleer dat wanneer die ander persoon nie meer daar is nie, nie meer moeite doen nie, en nie meer liefde gee nie, dit klaar is – en jy moet eenvoudig verder beweeg. “Soms soek jy net iemand om vas te hou, en gee nie om oor die toksiese implikasies daarvan nie,” sê hy. Maar op sy pad van seergemaakte hart en leer het Baartman tot die besef gekom: “Daar’s iemand nuut, daar’s iemand mooi vir jou gemaak.” Dit is die tyd om los te laat van dit wat agter is en te aanvaar wat die toekoms vir jou inhou.

    Baartman het die lied oorspronklik in 2012 vrygestel, maar na jare van nadenke het hy besef dat die boodskap steeds so relevant is as wat dit was, en daarom wil hy die lied ‘n tweede lewe gee. In hierdie heruitgawe het hy nie net die produksie geperfectioneer nie, maar ook die lirieke effens geskaaf om die gevoel en die boodskap nog duideliker oor te dra. “Ons leer soos ons ouer word, soos ons meer swaarkry omskakel in geluk,” sê Baartman. “Ons moet leer om te laat gaan – nie net in liefde nie, maar ook in ons persoonlike verhoudings en werksomstandighede. Ons mis uit op soveel geluk wanneer ons vashou aan die verlede.”

    Met hierdie lied bring Baartman sy 23ste enkelsnit uit in net vyf jaar, wat bevestig hoe produktief hy in die musiekbedryf is. Die lied is deur homself vervaardig in sy eie ateljee, Bearded Man Studios, in samewerking met talentvolle musikante, waaronder Jason Moser op tromme, Andrew Roman “Rixy” op baskitaar, en Joshua Oosthuizen van ORIISON Studios op bykomende kitare en klankversorging. Baartman het sy voetspore al dieper in die musiekbedryf getrap, en dit blyk uit in die meer hoë-slaankrag treffers wat hy deesdae vervaardig. Hierdie lied beloof ook om luisteraars te verras met sy vars benadering.

    Baartman is altyd besig met nuwe musiek en daar is groot planne vir 2025, veral vir die 100-jaar-herdenking van Afrikaans. Een van sy projekte is ‘n visvang-EP wat gemik is op die manne wat hou van die seebries in hul neusgate en ‘n stywe lyne voor hulle. “Ons kan nie alles nog verklap nie, maar ek kan sê daar gaan baie musiek uit my pen kom in 2025, en ek is kinderlik opgewonde om aan al hierdie projekte te werk,” voeg Baartman by.

    2025 sal ook merk die 20ste bestaansjaar van Baartman in die Afrikaanse musiekbedryf. Met ‘n indrukwekkende aantal toekennings en baie hoogtepunte, is Baartman vasberade om nog vir vele jare die Afrikaanse musiekliefhebbers te vermaak met sy talent en skryfvernuf.

    Baartman sluit af met die volgende woorde: “’n Alleen lewe is vir baie min bedoel. Maar ’n hartseer verhouding is vir niemand bedoel nie. Vind jou geluk.”

    AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS is op 14 Februarie 2025 beskikbaar op alle digitale platforms

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

     

     

  • DEON GROOT ROER HARTE MET ‘PLEK IN MY HART’ – ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN LIEFDE EN VERLANGE

    DEON GROOT ROER HARTE MET ‘PLEK IN MY HART’ – ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN LIEFDE EN VERLANGE

    Deon Groot, wat nog altyd ‘n spesiale plek in ons harte gehad het met sy treffers soos “Die Een”, “O Lyfie”, “Wyn”, “Bietjie Liedjie”, “Ek Sweer” en vele meer, is terug met ‘n hoendervleis mooi liedjie wat defnitief diep emosies by sy aanhangers sal ontlok. “Plek in my Hart” is ‘n persoonlike, hartroerende liedjie wat die verlange en hoop uitbeeld wat ontstaan wanneer ‘n mens van ‘n geliefde geskei is.

    “Plek in my Hart” is vanuit die oogpunt van ‘n kunstenaar geskryf en is geïnspireer deur Deon se ervarings tydens ‘n toer na Kaapstad saam met sy vriend en produsent, Louwri. Terwyl hulle op pad was, het hulle die lirieke van hierdie liedjie geskryf, wat die gevoel van verlange en hoop vasvang wanneer ‘n mens altyd uit ‘n tas lewe en na jou geliefde verlang.

    “In sak en as, lewe uit my tas, klere opgevou om dit mooi te hou” is ‘n enkele frase wat die emosie van die liedjie vasvang. Die koor se lirieke, “Is daar plek vir my…want daar’s plek in my hart vir jou”, verwoord die hoop dat daar altyd ‘n plek in die hart van ‘n geliefde sal wees.

    Deon Groot beskryf die liedjie ook as ‘n huldeblyk aan die wyle Theuns Jordaan, wie se kitaarstyl en wysheid ‘n groot invloed op sy musiek gehad het. Deon het Theuns Jordaan in 2007 ontmoet by ‘n optrede in Hartbeespoort, waar Jordaan hom aangemoedig het om nooit op te gee nie en om hard te werk om sy drome te verwesenlik.

    In 2018 het Deon sy droom bewaarheid toe hy op dieselfde verhoog as Jordaan opgetree het by ‘n groot fees in die Wes-Kaap. Die ontmoeting het ‘n blywende indruk op Deon gemaak, en “Plek in my Hart” is sy manier om dankie te sê vir die inspirasie en leiding wat Jordaan aan hom gegee het. Deon en Louwrens Bezhuidenhout het die musiekstyl ontwikkel om die gevoel van Jordaan se klank vas te vang, met sterk kitaarspel en melodieë wat huldeblyk bring aan die wyle sanger.

    Deon Groot glo dat sterk lirieke en diep emosies dikwels in die musiekbedryf vergete raak. Hy hoop dat “Plek in my Hart” luisteraars sal inspireer om hul eie prentjies te skilder terwyl hulle na die liedjie luister en die verlange en hoop in hul eie lewens sal ervaar.

    “Plek in my Hart” sal vanaf 7 Februarie 2025 op alle digitale platforms beskikbaar wees.

    https://youtu.be/e-9Ahe1P1n4

    Facebook


    Tiktok


    Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • NEIL NACHTREIN STEL NUWE ENKELSNIT “OM DIE SON” VRY: ’N REIS VAN INTROSPEKSIE EN VERWONDERING

    NEIL NACHTREIN STEL NUWE ENKELSNIT “OM DIE SON” VRY: ’N REIS VAN INTROSPEKSIE EN VERWONDERING

    Die veelsydige sanger en liedjieskrywer, Neil Nachtrein, is verheug om sy nuutste enkelsnit, getiteld “Om Die Son,” bekend te stel. Hierdie aangrypende lied werp lig op die klein oomblikke wat die potensiaal het om ‘n fantasievlug om die son te wees – van hoe iemand in ‘n kamer instap tot die wasem van jou asem teen ‘n ruit.

    “Om Die Son” beloof om luisteraars op ‘n reis van introspeksie en verwondering te neem, met diep lirieke en unieke musikale invloede. Met sy kenmerkende stem en sielvolle uitvoering gryp Neil Nachtrein luisteraars se aandag en raak diep in hul harte. Die aangrypende lirieke en emosionele melodie skep ‘n verbindingspunt vir mense wat die klein oomblikke waardeer. Neil se opregte interpretasie van die lied maak van “Om Die Son” ‘n kragtige en betekenisvolle bydrae tot die musiekbedryf.

    Neil Nachtrein, ‘n musiekvervaardiger en liedjieskrywer van internasionale standaard, het ‘n reputasie opgebou vir sy emosionele en sielvolle musiek. Die liedjie dra die idee oor dat dinge wat soms onmoontlik lyk, tog binne bereik kan wees. “Dit wat so buite jou bereik soos die son voel, kan tasbaar soos kaalvoet op die gras wees,” voeg Neil by.

    “Om Die Son” is die eerste lied wat Neil met ‘n nylonsnaar kitaar geskryf en opgeneem het, wat ‘n nuwe dimensie aan sy speelstyl gegee het. Hy beskryf die skryfproses as ‘n vloeiende ervaring, waar die klanke natuurlik bymekaar gekom het. “My verwondering oor hoe iemand met hul sorge oor hul skouer gesling kan stap en steeds dans asof hulle vry is,” deel Neil.

    “Om Die Son” weerspieël Neil se groei as kunstenaar met ‘n meer opgewekte tempo en verskillende klanke as wat sy aanhangers normaalweg van hom sou verwag. “Ek dink om iets van ‘n lied te verwag is ‘n onredelike verantwoordelikheid. Dit moet doen wat dit doen,” sê Neil.

    Na die vrystelling van “Om Die Son” kan aanhangers uitsien na Neil se volgende enkelsnit, “Altyd Jonk,” wat reeds gereed is om vrygestel te word. “Om Die Son” verken temas van vryheid en die idee om lig te vind in alledaagse oomblikke. Dit weerspieël hoe mense hul uitdagings met grasie kan hanteer en steeds vreugde kan vind in die eenvoudige dade van lewe. Die liedjie skep ‘n gevoel van hoop en die vermoë om drome na te jaag, ongeag die struikelblokke wat op die pad mag wees. Neil Nachtrein se “Om Die Son” is beskikbaar op alle digitale platforms vanaf 24 Januarie 2025

     

     

    https://www.youtube.com/watch?v=feC7Ddy0m_wmBV4js_E Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

     

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • MARI BOSMAN STEL HAAR NUWE ENKELSNIT ‘HANNA’ BEKEND – ‘N LIED VIR VROULIKE KRAG EN SELFSTANDIGHEID

    MARI BOSMAN STEL HAAR NUWE ENKELSNIT ‘HANNA’ BEKEND – ‘N LIED VIR VROULIKE KRAG EN SELFSTANDIGHEID

    Op 6 Desember 2024 bring Mari Bosman haar splinternuwe enkelsnit, ‘Hanna,’ uit – ‘n tong-in-die-kies liedjie wat die volle krag van die Afrikaanse vrou ten toon stel. Hierdie vrolike, energieke kuierlied vertel die verhaal van ‘n vrou wat bewys dat sy net so vaardig is in die “mannewêreld” – of dit nou visvang, kolskoot skiet, of vuurmaak is. “Wat die manne kan doen, kan ons boere’nonnatjies ook doen!” sê Mari met trots oor haar jongste snit.

    Met haar unieke mengsel van humor en diepte het Mari ‘Hanna’ geskryf as ‘n loflied aan die kragtige, onafhanklike vrou. Die liedjie herinner luisteraars dat vrouens se rolle ver buite die kombuis strek en dat hulle in enige situasie kan uitblink. “Ek wou ‘n liedjie skryf wat wys hoe vrouens nie net agter die stoof staan nie,” verduidelik Mari. “Ek glo dit gee baie vrouens die selfvertroue om hul eie dinge te doen.”

    Die enkelsnit, vervaardig deur Tertius Human, het ‘n tradisionele, kommersiële Afrikaanse klank wat perfek pas by ‘n Desember-vakansie. “Tertius het regtig my visie verstaan,” sê Mari. “Hierdie liedjie laat mens se voete jeuk vir die dansvloer!” Die lirieke roep nostalgie op en is vol plaaslewe-inspirasie, wat Mari se eie agtergrond as ‘n “plaasmeisie” weerspieël.

    Vir Mari was die proses om ‘Hanna’ te skryf ‘n opwindende stap na iets meer kommersieël. “Ek het ‘n ander kant van my skryfvermoëns ontgin,” verduidelik sy. “Dis ‘n liedjie wat ‘n ander kant van my as kunstenaar wys, en ek hoop luisteraars geniet dit net soveel as wat ek daarvan hou.”

    Mari hoop dat ‘Hanna’ mense sal laat glimlag, goed voel, en sommer lekker sal laat dans. “Ek wil hê mense moet hierdie liedjie oor en oor speel en net lekker kuier,” sê sy met ‘n glimlag.

    Hierdie energieke snit is net die begin van ‘n vrugbare jaar vir Mari. Sy beplan om ‘n ballade in Februarie 2025 vry te stel en bring in Mei ‘n spesiale lied uit ter viering van Afrikaans se 100-jaar herdenking.

    Met lirieke soos “ek kan visvang en ‘n tyre ruil, kan kolskoot skiet en saggies huil…” versterk ‘Hanna’ die boodskap dat vroue nie net onafhanklik is nie, maar ook trots kan wees op hulself en hul vermoëns. Mari se vars, humoristiese benadering bring ‘n nuwe energie na die Afrikaanse musieklandskap – een wat vroue aanmoedig om trots te wees op wie hulle is en wat hulle kan doen.

    https://www.youtube.com/watch?v=F_ijtKrVuec

    Facebook


    Tiktok


    Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • HENDRÉ BAARD BEGIN SOLO-LOOPBAAN MET “MET JOU HIER” – ’N REIS DEUR LEWE, LIEFDE EN AFSTAND

    HENDRÉ BAARD BEGIN SOLO-LOOPBAAN MET “MET JOU HIER” – ’N REIS DEUR LEWE, LIEFDE EN AFSTAND

    Die talentvolle sanger en liedjieskrywer Hendré Baard meer bekend as die voorsanger van die geliefde rock-groep Millennium het sy solo-loopbaan afgeskop met die kragtige nuwe enkelsnit “Met Jou Hier” – ’n eerlike en ontroerende lied wat oor die waarheid van lewe, liefde, en foute handel. 

    In “Met Jou Hier” bied Baard ’n stukkie van homself, hy gebruik sy lirieke om sy reis van jeug, verlossing en die rol wat geliefdes in sy lewe speel te beskryf. Die lied vang die emosies van saam met iemand spesiaal wees vas en weerspieël die idee dat die lewe, al is dit soms chaoties en onvolmaak, steeds die moeite werd is.

    Baard hoop dat sy aanhangers hulself in die lirieke van “Met Jou Hier” sal herken en dat die lied sal aanmoedig om in die hede saam met hul geliefdes te leef en die lewe in al sy fasette te waardeer. Met ’n stylvolle klank en egtheid in sy lirieke, is “Met Jou Hier” ’n treffende toevoeging tot Hendré se groeiende musiekrepertoire.

    Baard hoop dat “Met Jou Hier” die mense sal  inspireer om vreugde te vind in saamwees en om die lewe saam met hul geliefdes ten volle te geniet.

    Die oorsprong van “Met Jou Hier” lê langs die kalm see van Jongensfontein, waar Hendré die liedjie geskryf het. “Ek wou iets skep waarmee mense kan vereenselwig – veral diegene wie se geliefdes ver weg is,” sê hy. “Fred Den Hartog se unieke bydrae het die klank van hierdie snit uitgelig en dit onderskei van my vorige werk.” Hoewel die produksieproses glad verloop het, moes Baard ’n paar aanpassings maak, insluitend om die lied effens te verkort en woorde uit te haal om die kernboodskap sterker te laat deurkom.

    “Met Jou Hier” is vir Hendré meer as net ’n liedjie; dit is ‘n refleksie van sy persoonlike groei as kunstenaar en sy waardering vir die lewe – foute ingesluit. “Ek leer uit my foute, en soms moet mens vasbyt en ander kere moet jy laat gaan. Maar die lewe bly lekker, veral vir mense soos ek… met jou hier,” sê hy.

    “Met Jou Hier” is die eerste enkelsnit van ’n volledige album, Baard se aanhangers kan met opgewondenheid uitsien na ‘n volle album wat oppad is. Hierdie album beloof om diep en lewensgetrou te wees en om luisteraars aan te moedig om saam met Hendre te geniet en oor die vreugdes en uitdagings van die lewe te besin.Hou dop vir “Met Jou Hier” op alle musiekplatforms, en maak gereed om saam te sing, te dans, en die dieper waarhede van die lewe saam met Hendre Baard te vier.

    Facebook Instagram Tiktok
  • DEON GROOT VERTEL VAN DIE DINGE WAT ‘N MAN WIL HÊ:

    DEON GROOT VERTEL VAN DIE DINGE WAT ‘N MAN WIL HÊ:

    Deon Groot, die geliefde Afrikaanse sanger, stel op 29 November 2024 sy nuutste enkelsnit, VAT HAAR HUISTOE (na mamma toe), bekend – ‘n vrolike liedjie wat luisteraars op ’n avontuur van romanse en humor neem. Na Mamma vertel die verhaal van ‘n enkelman op soek na sy “perfekte” lewensmaat, terwyl hy sy ouers se raad in ag neem en hulle advies oor ‘n goeie vrou op ’n speelse manier ondersoek. Met lirieke wat gesels oor die klein dingetjies wat regtig saak maak, vang hierdie liedjie die belangrike ooblike van verhoudings vas.

    Deon beskryf die lied as ‘n “speelse kommentaar op hoe mans en vroue mekaar sien en verstaan – soms ernstig, maar meestal met ’n knipoog!” In die lied, wens hy dat sy toekomstige vrou bietjie kan kook, ‘n braaivleisvuurtjie kan aansteek, en selfs kan saamgesels oor die kleintjies se boeke en huilende kinders troos. “Ek het na my vrou gekyk en gesê, ‘Dis mos wat ’n man wil hê,’” lag Deon. “En dit het die inspirasie gewek om dit verder te neem en selfs ons skoonouers se wyshede in die lied te verwerk.”

    Met sy speelse lirieke en ’n aansteeklike refrein, beloof VAT HAAR HUISTOE (na mamma toe), om ’n gunsteling op die dansvloer te word. “Ek wil hê mense moet hande vat, saamsing en die humor van verhoudings omhels – presies soos met Hou My Dop,” sê Deon. Dié snit bring Afrikaanse musiek op sy vrolikste en is geskep om mense te laat glimlag, te laat dans, en om die klein oomblikke wat verhoudings spesiaal maak, te vier.

    Die snit is geïnspireer deur die styl van Worsie Visser, met klankinvloede van Johannes Kerkorrel, wat Na Mamma toe ‘n vars, eg Afrikaanse klank gee – die soort wat Deon se aanhangers altyd waardeer. “Ons het daardie unieke Afrikaanse ritme en toon by die snit ingewerk om die mooi en humor van verhoudings te beklemtoon,” sê Deon oor die kreatiewe proses agter die lied. “Ek hoop mense hoor die lighartige oomblikke en besef dit is regtig wat saak maak.”

    VAT HAAR HUISTOE (na mamma toe), is 29 November 2024 beskikbaar op alle digitale platforms en bring die perfekte balans tussen romanse en humor. Deon se aanhangers kan uitsien na nog musiek wat nie net vermaak nie, maar ook ‘n viering van Afrikaanse kultuur en die diepte van verhoudings beloof.


    Geniet die liedjie op die platform van jou keuse:

    https://vyd.co/VatHaarHuistoeNaMammaToe  
    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • Dozi vier Potchefstroom se legendariese “Muis van Potchefstroom”!

    Dozi vier Potchefstroom se legendariese “Muis van Potchefstroom”!

    Dozi, ‘n geliefde en bekende in Suid-Afrikaanse musiekkringe, reik sy nuutse enkelsnit: Muis van Potchefstroom uit. Hierdie tong-in-die-kies liedjie bring hulde aan ’n unieke karakter wat diep spore in die harte van Potchefstroom se gemeenskap getrap het.

    Die liedjie vertel die storie van Piet, beter bekend as “die Muis,” ’n polisieman wat meer as net sy plig gedoen het. Hy was geliefd onder die dorp se inwoners, veral die studente, en sy lojaliteit aan sy gemeenskap en dorp het hom ’n plaaslike held gemaak. Of dit nou was om ‘n spoedkaartjie te laat verdwyn of ’n hand uit te reik waar nodig, Piet het ’n onvergeetlike impak op almal om hom gehad.

    Met beeldryke lirieke en ’n vrolike deuntjie, beskryf Dozi die avonture van hierdie stoutgat karakter. Die lied nooi luisteraars om saam te kuier, herinneringe te deel, en lekker te dans op die klanke van nostalgie en humor. Dozi vertel van sy dae by Bourbon Street waar hy in die 80’s opgetree het “Piet was alreeds in die kroeg as ek daar aangekom het, Hy het my kom help uit pak voor die show, as hy klaar gehelp het, het jy hom weer in sy hoek gekry waar hy gesit het. Piet het ook so nou en dan help op pak as die show klaar was, Muis van Potchefstroom vang die essensie van ’n era en ’n gemeenskap vas.

    “Hierdie een is vir die gemeenskap. Dit herinner ons hoe belangrik lojaliteit is en hoe ons elkeen ’n verskil kan maak in die lewens van mense om ons. Maar dis ook net pure lekkerkry – ’n dansbaan-treffer wat mense sal geniet!”

    Met sy aansteeklike refrein is die liedjie perfek om enige fees op dreef te kry:

    Muis, Muis, Muis, Muis van Potchefstroom,
    Die meisies like hom kwaai as die winde sy hare waai,
    Dronk, dronk, dronk, Piet Muis val rond,
    Hy’s die stoutgat muis daar van Potchefstroom!

    Die snit, beskikbaar op 29 November 2024, sluit tradisionele Afrikaanse musiekinstrumente soos die konsertina in en kombineer sterk  invloede met Dozi se kenmerkende storievertelling. Dit is ’n viering van lojaliteit, musiek, en ’n stoutgat oom wat almal se harte gesteel het.


    Dozi beplan om sy kenmerkende styl voort te sit met ’n reeks nuwe enkelsnitte wat luisteraars sal laat glimlag, dans en terugverlang. Maak gereed vir meer treffers wat die dansvloere sal vol maak en die gees hoog sal hou!

    Bly op hoogte vir meer nuus en musiek van Dozi – laat ons saam kuier met die Muis van Potchefstroom!

    Geniet die liedjie op die platform van jou keuse: https://vyd.co/MuisVanPotchefstroom

    Facebook Instagram Tiktok

     

     

     

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • RUDI KLEINGELD BEKENDSTEL SY NUWE LIED, “NUWE MAAN” – ‘N MUSIEKREIS VAN EMOSIE EN RITME

    RUDI KLEINGELD BEKENDSTEL SY NUWE LIED, “NUWE MAAN” – ‘N MUSIEKREIS VAN EMOSIE EN RITME

    Die talentvolle kunstenaar, Rudi Kleingeld, bring sy jongste enkelsnit, “Nuwe Maan”, aan die musiekliefhebbers van Suid-Afrika. Die lied, wat ‘n diep persoonlike betekenis het, is ‘n emosionele reis wat Rudi se innerlike groei, die mag van die maan en die inspirasie van sy seuntjie weerspieël.

    “Nuwe Maan” is ‘n simboliese verkenning van die begin van nuwe siklusse en die ritmes wat die lewe dryf. Die lied fokus op die konsep van verandering, groei, en die onvoorspelbare ritme van die heelal – alles ingebed in die beeld van die maan. Dit is nie net ‘n lied nie, maar ‘n intieme refleksie van Rudi se reis as kunstenaar en as pa.

    Rudi vertel, “My seuntjie was ‘n groot inspirasie vir hierdie liedjie. Ek het dit geskryf in sy teenwoordigheid toe hy net drie maande oud was. ‘n Nuwe Maan bring ‘n nuwe siklus, ‘n nuwe seisoen, en my seun is die nuwe seisoen in my lewe. Hierdie lied is spesifiek opgedra aan my Pa.

    Die lied se lirieke, wat saam met die talentvolle Francis Grobler geskryf is, belig die belangrikheid van ritme en vibrasie in die lewe. “Alles is vibrasie en ritme… Die lewe is ritme. Die maan bring ritme. Die maan bring lig in die donker en donker in die lig,” verduidelik Rudi.

    Die produksie van “Nuwe Maan” is deur Rudi en Tertius Human behartig, wat gesamentlik ‘n betowerende klanklandskap geskep het. Tertius het ‘n onmiskenbare bydrae gemaak tot die wonderlike uitkoms van die lied, en Byron Kuntz het die klanke van die hemelliggame na die lied gebring. Rudi sê: “As jy mooi luister, sal jy die son, die maan, die see en selfs ‘n wolf hoor… Alles deel van die samehangende ritme wat die lied se energie aansteken.”

    Met sy kenmerkende konneksie tot die maan, wat van kleins af deel van Rudi se lewe is, dra hierdie lied die mag van die heelal en die onverwoestbare siklusse van die lewe in hom. “Ek het altyd ‘n sterk konneksie met die maan gehad, van kleins af het ek die mag van die maan bewonder en het geheime gesprekke met die maan gevoer. Dit is vir my ‘n ongelooflike getuienis van die skepping,” deel hy.

    Die lied is nie net ‘n artistieke uitdrukking nie, maar ook ‘n vorm van terapie. Rudi glo dat “Nuwe Maan” ‘n kragtige rol kan speel in die emosionele heling van mense wat die emosies en boodskap kan aanvoel. “Almal van ons krop emosies op. Ek vind dat hierdie liedjie die potensiaal het om soos terapie te wees vir diegene wat dit benodig.”

    As deel van die vrystelling, is Rudi verheug om die samewerking met talentvolle kunstenaars soos Francis Grobler, Tertius Human, Vinnie Henrico en Byron Kuntz te deel. En hoewel “Nuwe Maan” net die begin is, is daar dalk meer op die horison. Rudi glimlag en sê, “Ek hoop nie vir enige spesifieke reaksie nie. Ek glo dit sal aanraking vind met diegene wat die boodskap en emosie kan voel. Beslis, daar sal meer vrystellings wees. Dalk selfs ‘n album… Wie weet?”

    Geniet “Nuwe Maan” op alle digitale musiekplatforms – https://vyd.co/NuweMaan

    Facebook Instagram Tiktok

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • DIE “KRULKOP DUO” VREDE STEL NUWE EN DIEP GEVOELIGE SNIT VRY: HEMEL OP DIE AARDE

    DIE “KRULKOP DUO” VREDE STEL NUWE EN DIEP GEVOELIGE SNIT VRY: HEMEL OP DIE AARDE

    Die geliefde Afrikaanse duo, Vrede, bring op 15 November 2024 hul nuwe enkelsnit, Hemel Op Die Aarde, na vore – ‘n sielvolle en eerlike lied oor hoop, tuiste, en die diep, persoonlike vrae waarmee baie Suid-Afrikaners stoei. Hierdie uitreiking beloof om luisteraars mee te voer op ‘n musikale reis wat vrae stel oor ons toekoms, die betekenis van tuiskoms, en die wens om ‘n toekoms te bou in Suid-Afrika, ten spyte van al die uitdagings wat daarmee saamgaan.

    Volgens een van die lede van Vrede, Storm Opperman, verken die lied die vraagstukke en drome wat mense het oor hul toekoms, en spesifiek die toekoms van Suid-Afrika. “Soos mens ouer raak, begin jy vrae vra oor die toekoms van ons land. Om ‘n nuwe lewe elders te bou verg tyd en die besluit om dit aan te pak, moet nou geneem word. Hierdie lied spreek tot die huidige oomblik en plek waar ek myself bevind.”

    Storm noem verder dat die liedjie mense wil aanmoedig om te waardeer wat ons in Suid-Afrika het. “Elke land het sy uitdagings, maar hoop is deel van ons identiteit. Dit help ons om ‘n positiewe uitkyk te hê en die jeug aan te moedig om slim keuses vir die toekoms te maak,” verduidelik hy. Die duo het vir hierdie lied op ‘n unieke klank besluit deur elemente van verskillende genres te verken. Tertius Human, van Coolerbox Studios, het hulle bygestaan met sy kundigheid in die produksieproses, waarvoor die duo hom baie dank verskuldig is. Storm merk verder dat Spoegwolf, ‘n groep waarvan hy ‘n groot aanhanger is, ‘n inspirasie in die klank van Hemel Op Die Aarde gebring het.

    Francois Roux, die ander lid van Vrede, se reis deur die wêreld het ook baie vrae in hom laat ontstaan oor die toekoms in Suid-Afrika. “Die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie. Elke land het sy eie uitdagings, en ons lied wil daardie gedagte aan die luisteraar oordra,” sê Francois. Hy verduidelik dat die lied die groei weerspieël wat hulle as kunstenaars ervaar het en hul verbintenis tot Afrikaans as moedertaal versterk.

    Hemel Op Die Aarde is ‘n lied oor saamwees, oor die keuse om in Suid-Afrika te bly en ‘n toekoms te bou hier, omring deur geliefdes en in ‘n kultuur wat diep in die hart van die duo lê. Deur die lirieke, soos “Bring my vrede waar die engele sing” en “Dis hemel op die aarde,” hoop Vrede om luisteraars aan te spoor om te bly hoop en ‘n tuiste hier te vind.

    Vrede hoop dat die luisteraars ‘n gevoel van samesyn en verbinding met die musiek sal ervaar. Die duo mik om met hierdie snit die kuns en diepte van Afrikaans as ‘n veelsydige genre verder uit te bou en te bewys dat Afrikaans se musiek nie net ‘n kommersiële genre hoef te wees nie. Hulle werk saam met Coolerbox Records en is dankbaar om met vriende soos Tertius Human van Coolerbox Studios te kan saamwerk om dieper betekenis aan die Afrikaanse musieklandskap toe te voeg.

    Die Twee krul koppe het hulle debut verskyning gemaak in die sepie “ Die Fakulteit” wat op sondae 19:30 op eExtra (openview kanaal 105 & Dstv kanaal 195)  uitgesaai word en is ook beskikbaar op evod.

    Vrede se aanhangers kan uitsien na nog musiek in die toekoms. Die duo keer binnekort terug na die ateljee vir hul volgende projek, en beplan ook ‘n toer in Desember deur die Wes-Kaap. Datums sal binnekort op sosiale media aangekondig word.

    Vir nou, hou Hemel Op Die Aarde jou vas in die oomblik en herinner jou daaraan dat tuiskoms meer is as net ‘n plek – dis ‘n gevoel, ‘n keuse, en ‘n plek van vrede.

    Facebook Instagram Tiktok

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • RYNO VELVET SE ENKELSNIT “STERREVAL” BRING DIE HEELAL NADER

    RYNO VELVET SE ENKELSNIT “STERREVAL” BRING DIE HEELAL NADER

    Die bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaar en musikant, Ryno Velvet, stel met groot opgewondenheid die musiekvideo vir sy enkelsnit “Sterreval” vry, op die 1ste November 2024.

    “Sterreval” vertel die storie van liefde en hoe dit vergelyk kan word met die buitenste ruim wat groter is as wat ons besef. Die skryfproses vir “Sterreval” was besonders spesiaal vir hom. “Dit was een van daardie liedjies wat vinnig gevorm het – soos om ‘n insiggewende boek te lees en jouself binne ‘n oogwink alweer op die laaste bladsy te bevind,” sê Ryno.

    Met die video het die span gepoog om ‘n eerlike en opregte uitbeelding vir die gehoor te skep. “Hierdie keer wou ons graag die gehoor nooi om te sien hoe dit lyk agter die skerms. Die span mense wat deel vorm van die video is mense met wie ek te doen het op ‘n daaglikse basis en deel is van die binnekring van hierdie projek. Daar is nie veel ‘voorgee’ hier betrokke nie… behalwe dat ons dalk ons hare twee keer ekstra gekam het, net om darem netjies te lyk,” skerts Ryno. In die opname van hierdie video het die musikante regtig die liedjie lewendig opgevoer. Die video-opname het plaasgevind in Intello Acoustics se stoorkamer, waar daar gereeld repetisies plaasvind voor groot Ryno Velvet vertonings.

    Op 1 November kan jy uitkyk vir “Sterreval” se musiekvideo deur om Ryno Velvet se amptelike sosiale media platforms dop te hou óf om te loer op die Vonk Musiek YouTube Kanaal.

    Geniet die enkelsnit en musiekvideo op die platform van jou keuse –  https://linktr.ee/rynovelvet

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za