

"NEE BUFFEL" – WG NEL VIER BROEDERSKAP, BAKKIES EN BIER MET ’N EGTE MANNE-NAWEEK
’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”
TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE
HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER
MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT "ROEPSTEM"
Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek
ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE
HENDRE BAARD SE NUWE LIEDJIE "HET JOU NODIG" ONTBLOOT DIE ROU WAARHEDE VAN WEDERKERIGE LIEFDE
Armand Steenkamp se nuutste enkelsnit “Lekker Ou Struis” is op 20 Oktober 2023 op alle digitale platforms uitgereik, tesame met die musiekvideo. Hierdie liedjie is ‘n ware viering van die vakansiegees en is perfek om by jou somer vakansie hengel speellys by te voeg.
Die inspirasie agter “Lekker Ou Struis” kom regstreeks uit Armand se groot liefde vir Struisbaai in die Wes-Kaap en sy passie vir hengel. As ‘n kompetisie hengelaar het Armand ‘n besondere ervaring tydens een van sy hengel-vakansies gehad wat hom geïnspireer het om hierdie liedjie te skryf. Die rustige atmosfeer van die Struisbaai-strand, die wind in sy hare en die geur van die see het sy kreatiwiteit geprikkel en “Lekker Ou Struis” was gebore.
Vir Armand is elke liedjie ‘n kosbare skepping, soos ‘n kind wat hy met hoop en verwagting koester. Hy hoop dat “Lekker Ou Struis” die harte van luisteraars sal verower en dat dit sy volle potensiaal sal bereik. Hy wens vir niks minder as dat mense die liedjie sal geniet, waardeer en liefhê soos hy dit doen.
“Lekker Ou Struis” het ‘n spesiale betekenis vir Armand, aangesien dit sy liefde vir hengel en die kus weerspieël. Dit is ook ‘n liedjie wat hom en sy vrou se spesiale vakansieplekkie verteenwoordig, waar hulle kosbare herinneringe saam skep.
Die boodskap wat Armand graag wil oordra aan die publiek deur “Lekker Ou Struis” is eenvoudig: Wees ‘n lekker ou, vang vis en geniet dit. Hierdie liedjie is gemik op alle hengelaars, of jy nou ‘n kompetisie hengelaar is of net sosiaal hengel geniet. Dit is ‘n uitnodiging om die klein oomblikke van vreugde en ontspanning in die lewe te waardeer en te omarm.
Armand Steenkamp se “Lekker Ou Struis” is ‘n liedjie wat jou sal laat glimlag, jou voete sal laat tik en jou sal laat verlang na die vakansiegevoel. Moet dit nie misloop nie. Gaan luister “Lekker Ou Struis” nou op alle digitale platforms beskikbaar.
Geniet die enkelsnit en musiekvideo op die platform van jou keuse –
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za