Vonk Musiek

NUUS

VANCOET GEE ALLES IN HULLE NUUTSTE ENKELSNIT:

Die talentvolle musiekgroep VanCoet, wat bestaan uit Jonathan Jansen Van Vuuren, Chamonix Jansen van Vuuren, Ruben Coetzee en Tian Coetzee, is opgewonde om hul nuutste enkelsnit “Gee My Jou Alles” vry te stel op 19 Julie 2024. Hierdie kragtige liefdesliedjie is beskikbaar op alle digitale platforms.

Volgens VanCoet is “Gee My Jou Alles” geïnspireer deur die alledaagse uitdagings wat mense in hul verhoudings waarneem. “Ons sien en hoor elke dag van mense wat net opgee in hul verhoudings of hulle is tevrede met baie minder as wat hulle werd is,” sê die groep.  Met die vrystelling van “Gee My Jou Alles” wil VanCoet die luisteraars bemoedig om te baklei vir dit wat vir hulle belangrik is en hulle herinner ons om ‘n verhouding te maak werk, moet albei altyd 100% gee.

Die liedjie, oorspronklik geskryf as ‘n liefdeslied, het ‘n diep persoonlike betekenis vir die groep. “Die liedjie is ook eintlik ‘n boodskap aan onsself om te sê dat ons, ons alles moet gee om bo uit te kom, of dit nou in die musiekbedryf of by die werksplek is,” verduidelik VanCoet. 

Die skryfproses was gefokus op die oordra van ‘n eenvoudige maar kragtige boodskap wat mense sal aanmoedig om altyd hul beste te gee. Die emosionele konneksie met die lirieke is veral sterk vir Chamonix en Jonathan, wat deur hul eie verhouding geïnspireer is om die lied te skryf. “Ons het besef dat as ons nie ons alles gaan gee in ons verhouding nie, gaan dit nooit werk nie. Vandag is ons gelukkig getroud.”

Met “Gee My Jou Alles” wil VanCoet ‘n inspirerende boodskap aan die publiek oordra. “Maak nie saak waar jy jouself in die lewe bevind nie, of dit nou in jou verhouding, werksplek, universiteit of skool is, gee net altyd jou alles en jy sal bo uit kom.”

Die groep nooi almal uit om hul nuwe enkelsnit te geniet en geïnspireer te word om hul alles te gee in elke aspek van hul lewens. “Gee My Jou Alles” is beskikbaar op 19 Julie 2024 en sluit aan by die VanCoet-reis van musiek en inspirasie.

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend