Vonk Musiek

NUUS

“LAND EN SAND” ALBUM/EP NEIL SANDILANDS

Hierdie album, “Land & Sand”, het tot stand gekom in ’n poging om die normale gang van sake te evalueer en dan te optimaliseer. Bellville Studios skuif Kaapstad toe; dis die laaste album wat ooit daar by die befaamde Bellville Studios gemaak is. Die tydsfaktor was van belang en blyk poëties te wees, siende ek dit met my jarelang vriend en vervaardiger, Theo Crous kon vergestalt. Ons het die album binne drie weke gemaak en dit was “MAIN”.

Tweedens is daar die opkomende “Land & Sand” toer, wat aanvang neem 27 Junie 2024 en eindig 4 Augustus. Ek dink wat ons probeer bied in die “lewendige uitvoerings” van my werke, is om dit altyd nuut & vars te hou. Dit het sin gemaak om nuwe skrywes so vinnig moontlik by die ateljee te kry, om dit dan in tandem met die toer, op horende ore te laat val. Natuurlik gaan ons van die meer bekende, ouer werke ook doen, maar dit verleen ’n “kraakvars element” aan die toer.

Die liedjies op dié album was letterlik AL wat ek in my binnesak gehad het, wat ek min of meer in volledigheid kon aanbied, tussen die vervaardiging van reekse en films en ander bedrywighede. Dis miskien ’n meer direkte en persoonlike blik op die onmiddellikheid van my bestaan, terug in die Overstrand, Onrus, Suid-Afrika. Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, moontlik juis omdat daar nie regtig tyd was vir te diep dink, of tierlantyntjies nie. Dis min of meer so: “Hier’s is dit, dis wat ons kon regkry in die drukgang, hoop julle hou daarvan”. Dit vereis nie werklik meer verduideliking nie.

Die omslag vir die album is ’n historiese oomblik. Dis ’n ou Polaroid foto wat ek in my stoor in Sandbaai herontdek het. Dis werklik die eerste keer wat ek ooit voor ’n lewendige gehoor opgetree het. Dit was geneem tydens ’n revue van Laerskool Randfontein in 1982 en ek het ’n solo “Hak Hom Blokkies” van David Kramer met oorgawe gesing. Ek was 6 jaar oud. Oorsprong. “Land & Sand”. Daar’s ’n verband tussen die omslag en die snit “Gooi Kole”. Die woord “verbetenheid” kom in my kop op. Ek verwag dat die snit soos ’n virus sal versprei.

My persoonlike gunstelinge op die album is “Hephzibah” en “Lei my na die Water”, maar genuinely, hoe kan jy meen jy’s liewer vir die een kind as die ander? Dit gebeur natuurlik, maar laat ek dit so stel, ek staan Pa vir elke snit op die album. Without a doubt.

Laastens wou ek graag die werke so skep dat ek “Die Band” (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) kon betrek. Siende almal hul eie professionele trajekte het, en Ronan migreer het na Ierland, was hierdie klein vensterkie van moontlikheid al wat ons tot ons beskikking gehad het. Dit was ’n kwessie van “doen dit nou of glad nie”. Hulle het almal op die album gespeel en sal natuurlik ook sorg vir die lewenidge uitvoering daarvan. Ander musikante op die album is Meliisa van der Spuy (Klawers), Inge Beckmann (backing vox), Theo Crous (addissionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).

Ek is oorstelp met die uitkoms. Miles Davis het iets gesê soos “There is no inspiration such as a deadline”. Die proses het my geleer dat daar veel waarde daaraan is om meer intuïtief en instinktief te werk, as serebraal. Met die album, dink ek, kom ek nader aan primitiewe impulse.

https://www.youtube.com/watch?v=Jt01qup1kK8https://www.youtube.com/watch?v=5ycz6ApUG5E Facebook Youtube Tiktok Instagram

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend