Vonk Musiek

NUUS

HERMAN KLEINHANS VIER “VRIENDE”

Herman Kleinhans se nuutste enkelsnit, “Vriende”, is op 26 April 2024 op alle digitale platforms uitgereik. Dit is ‘n huldeblyk aan die waarde van vriendskap in tye van uitdagings. Geïnspireer deur ‘n persoonlike reis deur moeilike tye, het Herman ‘n lied geskep wat die diepte en betekenis van goeie vriendskap uitbeeld.

Herman het die inspirasie agter “Vriende” onthul te midde van ‘n slegte tyd waardeur hy gegaan het in sy persoonlike lewe. In hierdie plek van onsekerheid net hy net weer opreg besef watter onmeetbare positiewe invloed goeie vriende op ‘n mens se lewe het en hoe dit jou uitkyk op die omstandigehede waar in jy jouself  vind kan verander.

Die lied beteken baie vir Herman aangesien dit tot bestaan gekom het tydends ‘n Vriend van hom, se 40ste verjaardag in Oesterbaai. Herman verduidelik dat musiek altyd ‘n manier vind om deel te raak van sy spesiale geleenthede. “Ek het die liedjie êrens daardie aand begin skryf en almal het feitlik onmiddelik begin saam sing.” verduidelik Herman.

Kleinhans het nog nooit musiek geskryf om ‘n boodskap oor te dra nie en voel sterk dat musiek vir almal verskil, en dat dit wat mense voel of uit die musiek kry, iets vir hulle is om te besluit.

“Vriende” is ‘n lied wat die opregte dankbaarheid en diepe band van ware vriendskap weerspieël, en dit is bedoel om ‘n persoonlike betekenis vir elke luisteraar te hê. Net soos wat elke mens se betekenis van vriendskap verskil. Met sy eie ervaringe as riglyn het Herman ‘n stuk musiek geskep wat aanklank vind met almal wat die betekenis van vriendskap waardeer en verstaan.

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend