Met haar splinternuwe enkelsnit “Jy Was Altyd Hier” neem Andriëtte luisteraars op ’n diep persoonlike reis van selfontdekking, hoop, geestelike oorgawe en uiteindelike hereniging met liefde. Hierdie Afrikaanse ballade, ryk aan emosie en poëtiese lirieke, is nie net ’n lied nie – dit is ’n hart se verhale.
Die begin reël, “Waarna toe sou jy gaan, as ek nog ‘n dag sou wag…” stel onmiddellik die toon van vrees en onsekerheid. Andriëtte erken openlik dat sy bang was om liefde te verloor – nie omdat dit nie bestaan het nie, maar omdat sy dalk te lank gewag het om dit te erken.
“Ek het gewonder of hy dalk sou besluit hy het genoeg gewag en ek verloor hierdie liefde vir ewig,” vertel sy.
Hierdie vrees spruit uit vorige hartseer: “Ek was bang vir liefde… omdat ek al teleurstelling ondervind het in die liefde en het my geloof begin verloor.” Hierdie woorde weerspieël nie net haar eie pad van genesing nie, maar spreek tot ’n universele menslike ervaring.
Die liriek “Ek moes my pad gaan soek, moes my vrede vind” dui op ’n reis van innerlike werk – en vir Andriëtte was dit meer as net simboliek.
Sy vertel dat haar spirituele pad deel was van hierdie genesings proses: “Ek het begin bid en vir Jesus gevra Hy moet my vrede gee as dit die man is vir my – en Hy het.” Hieroor sê sy verder: “Ek bid en ek stap in die natuur. As ons nie na Jesus kan opsien nie, sal ons verlore bly voel.”
Een van die mees aangrypende besef oomblikke kom met die reël “Jy was altyd hier voor my.” Andriëtte erken dat sy, soos soveel mense, dikwels liefde gesoek het op plekke waar dit nie werklik was nie: “Jy is opsoek na die goeie in ’n minder belowende maat… en mis die een wat regtig vir jou daar is.”
Sy onthul later dat haar man letterlik nog altyd deel van haar lewe was – “Hy het voor my krieket gespeel in my agterplaas toe ek 12 was” – en met daardie slotreël word die sirkel voltooi.
In die brug van die lied hoor ons: “Elke stap wat ek gegee het was vir jou.” Dit is ’n rou, eerlike belydenis – een wat moeilik was om neer te pen.
“Ek onthou, toe ek my man ontmoet, het ek vir hom gesê ek is nie gereed vir hom nie. Maar ek het belowe: as hy my kan glo, gaan ek nog met hom trou.”
Die woorde “Ek gooi my hande oop” weerspieël daardie oorgawe – nie net in liefde nie, maar in geloof en vertroue. “Ek is maar bang vir teleurstelling,” sê sy eerlik. “Maar soms voel mens met iemand jy hoef nie so te voel nie.”
Andriëtte wou hê die musiek moes “emosioneel en atmosferies” wees – iets waarin luisteraars hulle eie stories kon sien. Sy en medeskrywer Werner (van Blouberg) het ’n betowerende komposisie geskep wat die temas van afstand, soeke, hoop en hereniging perfek vasvang.
“Ek wou iets diep hê, iets oor liefde. Ek dink baie van ons was al so deurmekaar en onseker. Veral in ons 20’s.”
Op die vraag of die temas van spyt en hoop universeel is, antwoord Andriëtte: “Ek dink dis universeel. Ons is almal net mens en ons moet soms ons kop goed stamp om te besef iets goeds is reg voor jou oë.”
Hierdie lied is dus meer as ’n liefdeslied – dit is ’n refleksie oor tyd, verlies, geloof, tweede kanse, en uiteindelike vrede.
Met “Jy Was Altyd Hier” wys Andriëtte nie net haar vaardigheid as sanger en storieverteller nie, maar ook haar vermoë om ons eie kwesbaarhede en hoop aan te spreek. Dis ’n lied vir elkeen wat ooit gewonder het of hulle te laat liefgekry het – en vir elkeen wat besef het die liefde was eintlik nog altyd daar.
Luister nou na “Jy Was Altyd Hier” op alle digitale platforms.
Volg Andriëtte vir meer inspirasie en stories agter die musiek.
Deur liefde, gebed en eerlikheid word selfs die sterkste storms ’n lied – en in Andriëtte se geval, ’n meesterstuk.
https://www.youtube.com/watch?v=Jei832uqH7U Facebook Tiktok Instagram
PUBLISITEIT &
BEMARKING :
Vonk Musiek
Ashley Du Toit
Sel: 083 963 3055
E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos : francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za