Paarl, Wes-Kaap, 14 Februarie 2024
Na die suksesvolle uitrol van hulle PREDIKER album in 2023, is Lourens en Esté RAAF terug met ‘n baie unieke en roerende enkelsnit. Dit handel, heel gepas vir hierdie maand van liefde, oor die kern van ‘n verhouding.
Met hulle eindelose energie, briljante vermenging van styl en fantastiese lirieke het hulle gehore regoor Suid-Afrika al sprakeloos gelaat. ‘Vir Altyd Ek En Jy’ vier ook hierdie kenmerkende klank van RAAF. Van die melodie wat beslis ‘n oorwurm raak, die ritme wat soos ‘n hartklop regdeur die lied aanhou, tot die roerende lirieke wat spreek van volwasse en ervare liriek skrywers, beloof die snit om Suid-Afrikaanse en Afrikaanse gehore regoor die wêreld te bekoor.
Dit spreek ook van RAAF se voortgesette evolusie as musikante en skrywers en beklemtoon hul status as ‘n dryfkrag in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf.
‘Vir Altyd Ek En Jy’ is geïnspireer deur ‘n paartjie wat Lourens en Esté ontmoet het. “Ons is gevra om by een van hulle verjaardag partytjies op te tree. Op die aand het hulle gedans op ons liedjie ‘Ek Wou Nog’ en iets van daardie oomblik het ons só diep geraak. Ons het hulle daar beter leer ken en na afloop was hulle en hulle vriende al by heelwat van ons optredes waar ons na die tyd saam tyd sou spandeer “, vertel Lourens.
“Hulle storie en liefdesverhaal is vir ons aangrypend mooi. Met hulle twee in gedagte het ons hierdie lied aanmekaar begin weef en vinnig besef dat dit iets universeel van die liefde en ‘n diepe langtermyn verhouding vasvang… Die koor se woorde is ‘n verwerking van ‘n halfklaar gedig wat ek nog heeltyd geweet het vir iets besonders lewe sal kry en dis toe vir presies hierdie – vir hulle twee. Soms sien ‘n mens hoe twee individue met mekaar omgaan en jy dink ‘ons moet meer so probeer wees’. Ons hart agter hierdie lied is om ons te herinner dat dit lewensveranderend inspirerend kan wees om liefde op so ‘n diep vlak soos die twee spesiale mense s’n te beleef en dat ons moet aanhou streef na daardie egtheid”, voeg Esté by
Luisteraars kan ‘Vir Altyd Ek En Jy’ stroom op Spotify, Apple Music, en al die ander groot platforms. ‘n Video is binnekort beskikbaar op YouTube!
Luister na ‘Vir Altyd Ek En Jy’ nou: https://vyd.co/Viraltydekenjy
Vir meer inligting, onderhoude, of besprekings navrae, kontak asseblief:
Kyra Grobler: kyra@vonkmusiek.co.za / pr@vonk.co.za
of
Len Muller: book@raafhome.co.za
Volg RAAF op sosiale media:
Instagram – https://www.instagram.com/raaf_musiek/
Facebook – https://www.facebook.com/RAAFmusiek/
TikTok – https://www.tiktok.com/@raaf_musiek
Meer oor RAAF:
‘Vir Altyd Ek En Jy’ lirieke:
Elke keer as ons gesels
Wil ek vir ewig stil bly
Dat alles wat jy sê my laat verdwaal in die hoeke van jou sinne
Dis waarop ek nou sinspeel
Ek’s van my sinne beroof vir jou
Die sekondes uit strek tot die son op kom
Dis net die hier en nou wat ons lewe op som
Ek plant ‘n blom vir elke maand al om die hoeke van ons huis
Ek grawe slote dat riviere ons eiland uit kan kerf
Tyd vergaan hier in ons wêreld in die hoeke van ons huis
Niemand sal my ooit kan ken soos jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Ek het jou ontmoet
Dit was soos lente in die winter, jou lag
Twee kleindorp kinders deur die stadsligte verblind
Dis waarop ek nou sinspeel
Ek het my drome verruil daai dag
Jy wou my nooit laat huistoe gaan tot middernag
Ek moes jou groet met ‘n soen en ‘n laaste dans
Ek plant ‘n blom vir elke maand al om die hoeke van ons huis
Ek grawe slote dat riviere ons eiland uit kan kerf
Tyd vergaan hier in ons wêreld in die hoeke van ons huis
Niemand sal my ooit kan ken soos jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Jy lees my soos ‘n boek
Terwyl jou vingers oor die blaaie voel
Om die beste dele uit te soek
Ek sien deur jou soos glas
Alles aan jou binnekant
Wil ek liefhê tot die laaste dag
Dis waarop ek nou sinspeel
Ek’s van my sinne beroof vir jou
Die sekondes uit strek tot die son op kom
Dis net die hier en nou wat ons lewe op som
Ons pluk die blomme uit die tuin al om die hoeke van ons huis
Ons op ons eiland,
Soos die wêreld al rondom ons weg dryf
Ons dans in stilte in die gang en in die hoeke van ons huis
Niemand sal my ooit kan ken soos jy
Vir altyd ek en jy