Tag: Nuwe enkelsnit

  • DEON GROOT ROER HARTE MET ‘PLEK IN MY HART’ – ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN LIEFDE EN VERLANGE

    DEON GROOT ROER HARTE MET ‘PLEK IN MY HART’ – ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN LIEFDE EN VERLANGE

    Deon Groot, wat nog altyd ‘n spesiale plek in ons harte gehad het met sy treffers soos “Die Een”, “O Lyfie”, “Wyn”, “Bietjie Liedjie”, “Ek Sweer” en vele meer, is terug met ‘n hoendervleis mooi liedjie wat defnitief diep emosies by sy aanhangers sal ontlok. “Plek in my Hart” is ‘n persoonlike, hartroerende liedjie wat die verlange en hoop uitbeeld wat ontstaan wanneer ‘n mens van ‘n geliefde geskei is.

    “Plek in my Hart” is vanuit die oogpunt van ‘n kunstenaar geskryf en is geïnspireer deur Deon se ervarings tydens ‘n toer na Kaapstad saam met sy vriend en produsent, Louwri. Terwyl hulle op pad was, het hulle die lirieke van hierdie liedjie geskryf, wat die gevoel van verlange en hoop vasvang wanneer ‘n mens altyd uit ‘n tas lewe en na jou geliefde verlang.

    “In sak en as, lewe uit my tas, klere opgevou om dit mooi te hou” is ‘n enkele frase wat die emosie van die liedjie vasvang. Die koor se lirieke, “Is daar plek vir my…want daar’s plek in my hart vir jou”, verwoord die hoop dat daar altyd ‘n plek in die hart van ‘n geliefde sal wees.

    Deon Groot beskryf die liedjie ook as ‘n huldeblyk aan die wyle Theuns Jordaan, wie se kitaarstyl en wysheid ‘n groot invloed op sy musiek gehad het. Deon het Theuns Jordaan in 2007 ontmoet by ‘n optrede in Hartbeespoort, waar Jordaan hom aangemoedig het om nooit op te gee nie en om hard te werk om sy drome te verwesenlik.

    In 2018 het Deon sy droom bewaarheid toe hy op dieselfde verhoog as Jordaan opgetree het by ‘n groot fees in die Wes-Kaap. Die ontmoeting het ‘n blywende indruk op Deon gemaak, en “Plek in my Hart” is sy manier om dankie te sê vir die inspirasie en leiding wat Jordaan aan hom gegee het. Deon en Louwrens Bezhuidenhout het die musiekstyl ontwikkel om die gevoel van Jordaan se klank vas te vang, met sterk kitaarspel en melodieë wat huldeblyk bring aan die wyle sanger.

    Deon Groot glo dat sterk lirieke en diep emosies dikwels in die musiekbedryf vergete raak. Hy hoop dat “Plek in my Hart” luisteraars sal inspireer om hul eie prentjies te skilder terwyl hulle na die liedjie luister en die verlange en hoop in hul eie lewens sal ervaar.

    “Plek in my Hart” sal vanaf 7 Februarie 2025 op alle digitale platforms beskikbaar wees.

    https://youtu.be/e-9Ahe1P1n4

    Facebook


    Tiktok


    Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • NEIL NACHTREIN STEL NUWE ENKELSNIT “OM DIE SON” VRY: ’N REIS VAN INTROSPEKSIE EN VERWONDERING

    NEIL NACHTREIN STEL NUWE ENKELSNIT “OM DIE SON” VRY: ’N REIS VAN INTROSPEKSIE EN VERWONDERING

    Die veelsydige sanger en liedjieskrywer, Neil Nachtrein, is verheug om sy nuutste enkelsnit, getiteld “Om Die Son,” bekend te stel. Hierdie aangrypende lied werp lig op die klein oomblikke wat die potensiaal het om ‘n fantasievlug om die son te wees – van hoe iemand in ‘n kamer instap tot die wasem van jou asem teen ‘n ruit.

    “Om Die Son” beloof om luisteraars op ‘n reis van introspeksie en verwondering te neem, met diep lirieke en unieke musikale invloede. Met sy kenmerkende stem en sielvolle uitvoering gryp Neil Nachtrein luisteraars se aandag en raak diep in hul harte. Die aangrypende lirieke en emosionele melodie skep ‘n verbindingspunt vir mense wat die klein oomblikke waardeer. Neil se opregte interpretasie van die lied maak van “Om Die Son” ‘n kragtige en betekenisvolle bydrae tot die musiekbedryf.

    Neil Nachtrein, ‘n musiekvervaardiger en liedjieskrywer van internasionale standaard, het ‘n reputasie opgebou vir sy emosionele en sielvolle musiek. Die liedjie dra die idee oor dat dinge wat soms onmoontlik lyk, tog binne bereik kan wees. “Dit wat so buite jou bereik soos die son voel, kan tasbaar soos kaalvoet op die gras wees,” voeg Neil by.

    “Om Die Son” is die eerste lied wat Neil met ‘n nylonsnaar kitaar geskryf en opgeneem het, wat ‘n nuwe dimensie aan sy speelstyl gegee het. Hy beskryf die skryfproses as ‘n vloeiende ervaring, waar die klanke natuurlik bymekaar gekom het. “My verwondering oor hoe iemand met hul sorge oor hul skouer gesling kan stap en steeds dans asof hulle vry is,” deel Neil.

    “Om Die Son” weerspieël Neil se groei as kunstenaar met ‘n meer opgewekte tempo en verskillende klanke as wat sy aanhangers normaalweg van hom sou verwag. “Ek dink om iets van ‘n lied te verwag is ‘n onredelike verantwoordelikheid. Dit moet doen wat dit doen,” sê Neil.

    Na die vrystelling van “Om Die Son” kan aanhangers uitsien na Neil se volgende enkelsnit, “Altyd Jonk,” wat reeds gereed is om vrygestel te word. “Om Die Son” verken temas van vryheid en die idee om lig te vind in alledaagse oomblikke. Dit weerspieël hoe mense hul uitdagings met grasie kan hanteer en steeds vreugde kan vind in die eenvoudige dade van lewe. Die liedjie skep ‘n gevoel van hoop en die vermoë om drome na te jaag, ongeag die struikelblokke wat op die pad mag wees. Neil Nachtrein se “Om Die Son” is beskikbaar op alle digitale platforms vanaf 24 Januarie 2025

     

     

    https://www.youtube.com/watch?v=feC7Ddy0m_wmBV4js_E Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    Kyra Grobler

    Sel: 072 107 0069

    E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

    E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

     

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • MARI BOSMAN STEL HAAR NUWE ENKELSNIT ‘HANNA’ BEKEND – ‘N LIED VIR VROULIKE KRAG EN SELFSTANDIGHEID

    MARI BOSMAN STEL HAAR NUWE ENKELSNIT ‘HANNA’ BEKEND – ‘N LIED VIR VROULIKE KRAG EN SELFSTANDIGHEID

    Op 6 Desember 2024 bring Mari Bosman haar splinternuwe enkelsnit, ‘Hanna,’ uit – ‘n tong-in-die-kies liedjie wat die volle krag van die Afrikaanse vrou ten toon stel. Hierdie vrolike, energieke kuierlied vertel die verhaal van ‘n vrou wat bewys dat sy net so vaardig is in die “mannewêreld” – of dit nou visvang, kolskoot skiet, of vuurmaak is. “Wat die manne kan doen, kan ons boere’nonnatjies ook doen!” sê Mari met trots oor haar jongste snit.

    Met haar unieke mengsel van humor en diepte het Mari ‘Hanna’ geskryf as ‘n loflied aan die kragtige, onafhanklike vrou. Die liedjie herinner luisteraars dat vrouens se rolle ver buite die kombuis strek en dat hulle in enige situasie kan uitblink. “Ek wou ‘n liedjie skryf wat wys hoe vrouens nie net agter die stoof staan nie,” verduidelik Mari. “Ek glo dit gee baie vrouens die selfvertroue om hul eie dinge te doen.”

    Die enkelsnit, vervaardig deur Tertius Human, het ‘n tradisionele, kommersiële Afrikaanse klank wat perfek pas by ‘n Desember-vakansie. “Tertius het regtig my visie verstaan,” sê Mari. “Hierdie liedjie laat mens se voete jeuk vir die dansvloer!” Die lirieke roep nostalgie op en is vol plaaslewe-inspirasie, wat Mari se eie agtergrond as ‘n “plaasmeisie” weerspieël.

    Vir Mari was die proses om ‘Hanna’ te skryf ‘n opwindende stap na iets meer kommersieël. “Ek het ‘n ander kant van my skryfvermoëns ontgin,” verduidelik sy. “Dis ‘n liedjie wat ‘n ander kant van my as kunstenaar wys, en ek hoop luisteraars geniet dit net soveel as wat ek daarvan hou.”

    Mari hoop dat ‘Hanna’ mense sal laat glimlag, goed voel, en sommer lekker sal laat dans. “Ek wil hê mense moet hierdie liedjie oor en oor speel en net lekker kuier,” sê sy met ‘n glimlag.

    Hierdie energieke snit is net die begin van ‘n vrugbare jaar vir Mari. Sy beplan om ‘n ballade in Februarie 2025 vry te stel en bring in Mei ‘n spesiale lied uit ter viering van Afrikaans se 100-jaar herdenking.

    Met lirieke soos “ek kan visvang en ‘n tyre ruil, kan kolskoot skiet en saggies huil…” versterk ‘Hanna’ die boodskap dat vroue nie net onafhanklik is nie, maar ook trots kan wees op hulself en hul vermoëns. Mari se vars, humoristiese benadering bring ‘n nuwe energie na die Afrikaanse musieklandskap – een wat vroue aanmoedig om trots te wees op wie hulle is en wat hulle kan doen.

    https://www.youtube.com/watch?v=F_ijtKrVuec

    Facebook


    Tiktok


    Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za