Tag: Afrikaans

  • LOUIS VAN LILL SE ENKELSNIT DRUPPELS SIEN DIE LIG NA 14 JAAR

    LOUIS VAN LILL SE ENKELSNIT DRUPPELS SIEN DIE LIG NA 14 JAAR

    Druppels ‘n nuwe enkelsnit deur sanger Louis van Lill is nie ‘n nuwe gedagte nie. Louis verklap dat dié lied het reeds 14 jaar gelede begin vorm aanneem, geskryf in samewerking met ’n goeie vriend. Die oorsprong lê diep gewortel in ’n tyd van intense verlies: “Ek het my broer verloor toe ek 17 was,” vertel Louis eerlik. “Daardie tipe pyn gaan mos maar nooit weg nie… Maar daar is altyd lig aan die einde van die tonnel

    In ’n tyd waar baie mense worstel met innerlike stryd en verlies, bring Louis van Lill se jongste enkelsnit, Druppels, nie net ’n eerlike terugflits op rou emosie nie, maar ook ’n fluistering van hoop..”

    Hy het die lied in minder as ’n uur geskryf – ’n vloeiende, emosioneel belaaide proses. Dié spontane uitbarsting van kreatiwiteit dui op hoe diep gewortel hierdie gevoelens was – en hoe musiek as ’n kanaal vir verwerking gedien het.

    Die begin van Druppels skets ’n prentjie van ’n verlore siel wat snags deur strate dwaal, ou plate luister, en sin probeer maak van sy gedagtes. “Die karakter is ek self,” sê Louis sonder twyfel. “Laat aande uit… om te vergeet van die slegte dinge.” Hierdie lied is dus nie net ’n storie nie – dit is ’n selfportret.

    Louis gebruik sterk beelde soos “desperate winternagte in die somer” om die kontras van pyn in tye van geluk aan te dui. “Soms gaan dit sleg in die goeie tye… maar daar is altyd ‘n einde,” sê hy. Hierdie reëls is ’n metafoor vir die komplekse emosies wat dikwels onder die oppervlak broei – veral wanneer die wêreld verwag dat jy “okay” moet wees.

    Hierdie simboliek – die herhalende “note val soos druppels” – verbind musiek met emosionele pyn. Dis asof elke noot ’n traan is, maar ook ’n reiniging, ’n verlossing.

    Die reël “Hoe kan ek jou dalk help” weerspieël ’n desperate poging om ander te bereik – selfs wanneer jy self sukkel. “Mens probeer nogsteeds om te help as jy amper nie eers jouself kan help nie,” sê Louis. Dis ’n rou eerlikheid wat min liedjies vandag waag om aan te raak.

    Vergifnis is ook ’n sterk tema. “Ek het die slegte goed in my lewe vergewe – en myself,” verduidelik hy. Dit bring ’n gevoel van afsluiting, van vrede maak met die verlede – selfs al kom mens nooit heeltemal “oor dit” nie.

    Louis sê omtrent 50% van die lirieke is direk geïnspireer deur sy eie lewe – maar die ander helfte behoort aan almal. “Ek hoop mense kan relate. Daar is soveel mense wat veg met iets in die lewe… Mag hierdie lied troos en hoop gee vir die mense wat ’n daaglikse geveg het waarvan ons geen kennis dra nie.”

    Druppels is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

    Luister, voel, en onthou – jy is nie alleen nie.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • ANDRIËTTE VIND LIEFDE WAAR DIT ALTYD WAS – ’N TYDLOSE LIEFDESVERHAAL

    ANDRIËTTE VIND LIEFDE WAAR DIT ALTYD WAS – ’N TYDLOSE LIEFDESVERHAAL

    Met haar splinternuwe enkelsnit “Jy Was Altyd Hier” neem Andriëtte luisteraars op ’n diep persoonlike reis van selfontdekking, hoop, geestelike oorgawe en uiteindelike hereniging met liefde. Hierdie Afrikaanse ballade, ryk aan emosie en poëtiese lirieke, is nie net ’n lied nie – dit is ’n hart se verhale.

    Die begin reël, “Waarna toe sou jy gaan, as ek nog ‘n dag sou wag…” stel onmiddellik die toon van vrees en onsekerheid. Andriëtte erken openlik dat sy bang was om liefde te verloor – nie omdat dit nie bestaan het nie, maar omdat sy dalk te lank gewag het om dit te erken.

    “Ek het gewonder of hy dalk sou besluit hy het genoeg gewag en ek verloor hierdie liefde vir ewig,” vertel sy.

    Hierdie vrees spruit uit vorige hartseer: “Ek was bang vir liefde… omdat ek al teleurstelling ondervind het in die liefde en het my geloof begin verloor.” Hierdie woorde weerspieël nie net haar eie pad van genesing nie, maar spreek tot ’n universele menslike ervaring.

    Die liriek “Ek moes my pad gaan soek, moes my vrede vind” dui op ’n reis van innerlike werk – en vir Andriëtte was dit meer as net simboliek.

    Sy vertel dat haar spirituele pad deel was van hierdie genesings proses: “Ek het begin bid en vir Jesus gevra Hy moet my vrede gee as dit die man is vir my – en Hy het.” Hieroor sê sy verder: “Ek bid en ek stap in die natuur. As ons nie na Jesus kan opsien nie, sal ons verlore bly voel.”

    Een van die mees aangrypende besef oomblikke kom met die reël “Jy was altyd hier voor my.” Andriëtte erken dat sy, soos soveel mense, dikwels liefde gesoek het op plekke waar dit nie werklik was nie: “Jy is opsoek na die goeie in ’n minder belowende maat… en mis die een wat regtig vir jou daar is.”

    Sy onthul later dat haar man letterlik nog altyd deel van haar lewe was – “Hy het voor my krieket gespeel in my agterplaas toe ek 12 was” – en met daardie slotreël word die sirkel voltooi.

    In die brug van die lied hoor ons: “Elke stap wat ek gegee het was vir jou.” Dit is ’n rou, eerlike belydenis – een wat moeilik was om neer te pen.

    “Ek onthou, toe ek my man ontmoet, het ek vir hom gesê ek is nie gereed vir hom nie. Maar ek het belowe: as hy my kan glo, gaan ek nog met hom trou.”

    Die woorde “Ek gooi my hande oop” weerspieël daardie oorgawe – nie net in liefde nie, maar in geloof en vertroue. “Ek is maar bang vir teleurstelling,” sê sy eerlik. “Maar soms voel mens met iemand jy hoef nie so te voel nie.”

    Andriëtte wou hê die musiek moes “emosioneel en atmosferies” wees – iets waarin luisteraars hulle eie stories kon sien. Sy en medeskrywer Werner (van Blouberg) het ’n betowerende komposisie geskep wat die temas van afstand, soeke, hoop en hereniging perfek vasvang.

    “Ek wou iets diep hê, iets oor liefde. Ek dink baie van ons was al so deurmekaar en onseker. Veral in ons 20’s.”

    Op die vraag of die temas van spyt en hoop universeel is, antwoord Andriëtte: “Ek dink dis universeel. Ons is almal net mens en ons moet soms ons kop goed stamp om te besef iets goeds is reg voor jou oë.”

    Hierdie lied is dus meer as ’n liefdeslied – dit is ’n refleksie oor tyd, verlies, geloof, tweede kanse, en uiteindelike vrede.

    Met “Jy Was Altyd Hier” wys Andriëtte nie net haar vaardigheid as sanger en storieverteller nie, maar ook haar vermoë om ons eie kwesbaarhede en hoop aan te spreek. Dis ’n lied vir elkeen wat ooit gewonder het of hulle te laat liefgekry het – en vir elkeen wat besef het die liefde was eintlik nog altyd daar.

    Luister nou na “Jy Was Altyd Hier” op alle digitale platforms.
     Volg Andriëtte vir meer inspirasie en stories agter die musiek.

    Deur liefde, gebed en eerlikheid word selfs die sterkste storms ’n lied – en in Andriëtte se geval, ’n meesterstuk.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • ZOÉ KAP TERUG IN NUWE ENKELSNIT

    ZOÉ KAP TERUG IN NUWE ENKELSNIT

    Zoé se nuwe enkelsnit, Insecure Meisies, gee ’n stem aan die dinge waaroor baie jongmense stilbly — boeliegedrag, selfbeeldkwessie en die druk om in te pas.

    ‘’Insecure Meisies” het vir Zoé aanlyn bekend gemaak — met meer as 268 000 kyke op TikTok en duisende gebruikers wat hul eie stories met die oorspronklike klank deel. Die liedjie het intussen ’n beweging geword. Vir Zoé voel dit soos haar “eerste smaakie van sukses”, maar die blywende impak lê nie in sosiale media-statistieke nie — dit lê in die rou eerlikheid van haar lirieke en die moed om pynlike waarhede te verwoord.

    Die sukses van Insecure Meisies is iets wat Zoé nooit kon voorspel of beplan het nie. Sy plaas liedjies dieselfde dag wat sy dit skryf op TikTok om te toets hoe mense gaan reageer — en Insecure Meisies het dadelik ontplof. Sy sê met verbasing: “Duidelik is hierdie nie een wat net ek gaan hoor nie!”

    Zoé se inspirasie vir die lied kom uit haar eie pynlike ervarings met boeliegedrag in haar kinderjare — van kommentaar oor haar gewig tot haar sproete en ore. “Ek kan nie bullies verdra nie,” sê sy reguit. “As mense tyd en energie uit hul dag wil vat om ander af te breek, sê dit meer van húlle karakter as van joune.” Hierdie ervaring het haar gevorm as kunstenaar en iemand wat vasbeslote is om ander se selfwaarde te beskerm.

    Die kernboodskap van “Insecure Meisies” is duidelik: Jou waarde word nie bepaal deur wat ander mense van jou dink nie. Met lirieke soos “Insecure meisies wil jou sleg laat voel,” herinner Zoé luisteraars daaraan dat jaloesie en onsekerheid dikwels die wortel van afknouery is. Sy vertel hoe haar ma haar geleer het om daardie gedrag vir wat dit regtig is te sien — ’n weerspieëling van die ander persoon se eie stryd, nie van jou waarde nie.

    Zoé is nog lank nie klaar met Insecure Meisies nie. Sy het ’n groter droom: om die lied die beginpunt van ’n anti-boelieveldtog te maak. Sy wil met jong meisies en seuns gesels oor selfbeeld, boeliegedrag en die druk om in te pas, wat nie weggaan as jy groot is nie.

    Deur haar musiek gee Zoé woorde aan emosies waarmee talle jongmense sukkel. “Dit voel fantasties en vreesaanjaend tersefdetyd,” sê sy. Sy onthou hoe musiek haar deur moeilike tye gedra het — nou wil sy dieselfde vir ander doen. “Ek is niks sonder die mense wat my ondersteun nie,” sê sy, dankbaar. “Julle maak hierdie klein dorpie-meisie se drome waar.”

    Haar raad aan ander jong mense is eenvoudig: “Hou op om jouself te probeer verduidelik aan mense wat nie wil verstaan nie. Dis beter om geen vriende te hê as om vriende te hê wat jy nie kan vertrou nie.” Sy glo dat ware vriendskap jou ligter maak — nie swaarder nie.

    Wanneer sy terugkyk na haar tienerjare, sê Zoé: “Ek wens ek kon vir haar sê hoe cool en talentvol sy is.” In ’n wêreld vol filters en sosiale druk, is Zoé se stem ’n eerlike en opregte een. Insecure Meisies wys dat daar krag in kwesbaarheid krag is.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • GIAN GROEN EN JAN BLOHM SING VOLLEBORS IN HULLE MOEDERTAAL

    GIAN GROEN EN JAN BLOHM SING VOLLEBORS IN HULLE MOEDERTAAL

    Deur die oë van ‘n volk, met die klank van eerlikheid en trots, ontstaan ‘n lied wat baie meer as net ‘n deuntjie is – dit is ‘n beweging. “Vollebors”, die jongste vrystelling deur Gian Groen in samewerking met reus soos Jan Blohm, skep nie net musiek nie – dit verkondig ‘n identiteit.

    “Vollebors is maar net een van daai liedjies wat daarvoor gevra het om ’n koor aan die einde te hê,” sê Gian Groen met ’n glimlag. Dit is geen toeval dat stemme soos Jan Blohm, Dozi en ander bekende Vonk-kunstenaars hul stemme saamgevoeg het nie – hulle het letterlik by die ateljee opgedaag toe dit nodig was. Dis vriendskap, toeval en Musiek liefde wat saamvloei.

    Die lied self het ’n merkwaardige agtergrond. Groen het “Vollebors” oorspronklik geskryf vir ’n konsert wat deur Kobie Koen beplan is, maar wat uiteindelik nie weens die Covid-19-pandemie kon plaasvind nie. “So Vollebors bestaan eintlik al amper vyf jaar,” sê hy. Dit is dus ’n lied wat lank moes wag vir sy oomblik – en nou is dit hier, met voller klank en groter impak as ooit.

    Die lied dra onmiskenbaar die stempel van Gian Groen: eerlik, melodieus, en met ’n produksie wat emosie dra. “Die lied beweeg twee halftone op aan die einde – die krag lê daarin,” verduidelik hy. En dit is juis in daardie klim, daardie samesang van vriende, waar ’n gevoel van gemeenskap wakker word.

    Een van die mees aangrypende dele van die lied is die reël: “Hierdie taal waarin ek foute maak…” Groen verduidelik dat dit nie ’n politieke stelling is nie, maar ’n diep persoonlike verwysing. “Dit verwys eerder na my verhouding met Afrikaans. Dis die taal waarin ek droom, waarin ek liefhet.” Dié reëls spreek van ’n taal wat mens nie net praat nie, maar leef.

    “Vollebors” gebruik sterk simboliek – van vlae wat wapper tot vure wat brand. Maar vir Groen is dit nie polities nie. “Dis hoofsaaklik kulturele elemente wat die inspirasie was,” sê hy. “Dit is doelbewus so geskryf dat luisteraars hulself daarin kan raaksien.” En daarin lê die trots : “Vollebors” voel vir elkeen bekend, soos ’n lied wat altyd daar was.

    Die stemme van 44 ander net soos ons…” is ’n lyn wat dadelik opval. Die getal? ’n Tonge-in-die-kies verwysing na Charlize Theron se opmerking oor die paar mense wat nog Afrikaans praat. Maar hier is 44 stemme, en nog duisende ore wat luister.

    Die reaksie op “Vollebors” was oorweldigend positief. “Gewone Afrikaners sien hulself iewers in die lirieke raak,” sê Groen. “Dit skep ’n volksgevoel waarvan gehore baie hou. Dit maak my gelukkig.” Dit is nie net ’n lied nie – dit is ’n spieël waarin luisteraars hul identiteit kan herken.

    Groen is vasberade: Afrikaans móét deur jong mense voortleef. “Elke ouer moet die liefde vir die taal aanmoedig.” Vir sy kind en vir elke volgende generasie, bly hy optimisties – en opgewonde – oor Afrikaans as kultuurtaal.

    En is hy dan ’n aktivis vir Afrikaans, of bly hy by die kuns? “Vir my as skeppende kunstenaar is dit ’n eer om my Moedertaal, wat nog so jonk is, te bevorder deur musiek en goeie lirieke.” Dis nie net ’n beweging nie – dis ’n roeping.

    “Vollebors” is nie net ’n lied nie – dis ’n verklaring, ’n gebed, ’n viering. Dit herinner ons waarom Afrikaans saak maak: omdat dit die taal is waarin ons droom, liefhet en leef. En met kunstenaars soos Gian Groen aan die voorpunt, brand daardie vuur helder – dalk helderder as ooit.

    “Afrikaans, ek’s ’n vollebors Afrikaner…” – en saam sing ons, met vellies in die grond en vlae in die wind.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT &
    BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • HENDRÉ BAARD & BRANDON MILES DRA ‘N ODE OP AAN OPREGTE LIEFDE

    HENDRÉ BAARD & BRANDON MILES DRA ‘N ODE OP AAN OPREGTE LIEFDE

    In die vroeë oggendure, toe die wêreld stil geraak het en net ‘n kroegliggie nog flikker, het twee kunstenaars bymekaargekom en besluit: dis tyd om liefde in Afrikaans te vier. So het “Liefde Soos Die” ontstaan – ‘n samewerking tussen die immer-charismatiese Brandon Miles en die diep-sielvolle Hendré Baard. Dié lied is meer as net ‘n musiekstuk – dis ‘n liefdesbrief aan die onbreekbare, tydlose liefde waarvan almal droom.

    Die inspirasie het onverwags gekom. Brandon vertel dat hy en Hendré sommer daar in Plaasjapie besluit het om ‘n liedjie te skryf – nie sommer enigeen nie, maar een wat die gevoel van Afrikaanse liefde vasvang. Teen drie-uur daardie oggend was die besluit geneem, en die eerste klanke en lirieke is begin.

    “Sal jy vir my luister? As ek so na jou kyk.” Hierdie eerste woorde dra ’n persoonlike gewig .Brandon onthou veral ‘n persoonlike oomblik met ‘n eksmeisie vir wie hy gereeld gesê het: “Kyk nou vir my en luister asseblief.” Só word die lied onmiddellik intiem en eg.

     “’n Liefde soos die kan niemand koop nie” weerspieël vir Brandon iets wat bo die gewone uitstyg – soos die liefde vir familie, iets onbreekbaar en diep.

    En dan is daar daardie treffende beelde: “Wees my eerste dans… wees my laaste dans.” Dis nie net romanties nie, dis simbolies van die hele liefdesreis – van begin tot einde, ‘n keuse om saam deur die lewe te dans.

    Die twee kunstenaars se stemme smelt, volgens Brandon, perfek saam. “Ons het dit glad nie verwag nie – maar dit’s perfek!” Die lied is saam geskryf, elk met unieke bydraes tot die melodie en lirieke. Selfs toe verskillende kreatiewe idees op die tafel was, het hulle telkens gekies vir dit wat hulle in hul siele die beste laat voel het.

    Die klank van die lied – sag, dromerig en intens – is volgens hulle vanaf die eerste woord intuïtief vasgelê. Die kitaarwerk, deur niemand minder nie as Fred van Heuwels Fantasties, bring ‘n besonderse klank. Sy Gibson Hallow Body kitaar gee die lied ‘n warm, egte gevoel – presies wat hulle wou hê.

    Die terugvoer? Oorweldigend. Volgens Brandon het elke “sneak peek” video reeds viral gegaan. Mense vra wanneer hulle dit kan aflaai, wanneer die volgende lied kom. Dis duidelik: hierdie lied tref mense reg in die hart.

    Maar verstaan mense die dieper boodskap? “Nie altyd nie,” sê Brandon. “Hulle hoor die ‘fairytale’, maar met tyd sal die betekenis insink.”

    Die gebruik van woorde soos “ewigheid” was doelbewus – geïnspireer deur een van Hendre se ou liedjies. Dit bring ’n gevoel van belofte, van iets wat stand hou in ’n tyd waar liefde dikwels vlugtig is. “As ons mense kan laat glo in outydse liefde, dan het ons iets reggekry.”

    Vir Brandon het die lied hoop gegee – dit het hom herinner aan wat hy werklik in liefde soek. Die lyn “Jy het altyd die antwoord as ek soek na die vraag” is vir hom ‘n ode aan vroue wat altyd raad het en ‘n kalm teenwoordigheid bring.

    “Moet my tog nie gebruik” is een van die hartseerste reëls – en Brandon sê Hendré sal dié sin dalk beter kan verduidelik. Maar dit bring ‘n eerlikheid na vore: liefde is nie net mooi nie, dit dra soms vrees saam.

    Hierdie is nie ‘n eenmalige samewerking nie. Brandon verklap dat hulle alreeds ‘n volgende lied saam het – weer eens ‘n mooi liefdeslied. Individueel beplan hy ‘n sokkie-treffer en selfs ‘n duet met ‘n vroulike kunstenaar. Hendre het ook twee enkelsnitte wat later die jaar gaan vrystel

    Hulle glo in die dieper betekenis van liefde – “Dis ’n fee verhaal in ons eie taal” – en hulle wil dit in Afrikaans vasvang, sodat dit iets kan wees wat generasies inspireer.

    “Liefde soos die” is nie net ’n lied nie – dis ’n ervaring. ’n Ode aan konstante liefde, ’n herinnering aan wat werklik tel, en ’n oproep om meer eg en dieper te voel. Brandon glo dat jonger generasies dit sal beleef as “romanties” – en dat dit juis daardie gevoel van hoop bring wat ons almal soms nodig het.

    Met hierdie samewerking wys Hendre Baard en Brandon Miles dat Afrikaanse musiek steeds kan innoveer en inspireer. In hul woorde, lirieke en styl lê ’n opregtheid wat nie net resoneer nie – maar bly hang in die hart.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :
    Vonk Musiek
    Francois Roux
    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za
    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   
  •  “PA, EK WIL ’N BOK WEES”: TINO, HENRU EN SCHWABIE RAAK DIEP MET HUL NOSTALGIESE HULDEBLYK AAN PA’S EN DROME

     “PA, EK WIL ’N BOK WEES”: TINO, HENRU EN SCHWABIE RAAK DIEP MET HUL NOSTALGIESE HULDEBLYK AAN PA’S EN DROME

    In ’n tyd waar musiek dikwels dieper temas aanraak as net klank, bring drie geliefde kunstenaars – Tino, Henru en Schwabie – ’n snit wat die hart tref en die oë laat water trek. Hul jongste samewerking, “Boktrui”, is meer as net ’n sportlied – dis ’n huldeblyk aan vaders, aan drome, en aan die onuitspreekbare band tussen ’n kind en sy held.

    Die lied begin met die eenvoudige, tog kragtige woorde:
    “ek was net ’n jong seun / speel alleen / Pa moet kom kyk”
    – en van daardie eerste lyn af word luisteraars ingetrek in ’n wêreld van kinderjare, Saterdag-rugby en die soeke na aanvaarding.

    “Vir my is daar baie van my persoonlike ervarings in die liedjie,” vertel Henru. “Ek het as kind ure lank in my Boktrui in die agterplaas gespeel en gemaak asof ek voor duisende mense ’n drie druk. Dis regtig iets wat uit ons harte gekom het.”

    Henru en Schwabie se die idee van n”Bok-liedjie” het vroeg ontstaan tydens die beplanning van ’n nuwe album. “Ons het van die begin af geweet ons wil iets doen wat eg Suid-Afrikaans voel – iets wat mense laat onthou, laat droom.” Hulle wou dit graag met ‘n collaboration doen en het besluit Tino sal die perfekte persoon wees om die projek saam met hulle aan te pak.

    Die kragtige refrein “Pa ek wil ’n bok wees / my seun jy was nog altyd” is die hartklop van die lied. Volgens Henru het die frase natuurlik ontstaan toe hulle geskryf het oor ’n kind wat droom om eendag op Loftus of Newlands te hardloop. “Dis iets wat jy as kind sê – amper sonder om te dink – en dit raak iets groter: dit gaan oor hoop, aanvaarding, trots.”

    Vir hulle was dit belangrik om nie net ’n sportlied te skryf nie, maar iets wat ook emosie en erfenis vasvang. Hulle beskryf dit as “’n lied oor karakter, opoffering en trots in wie jy is en waar jy vandaan kom.”

    Die lirieke neem ons terug na daardie eenvoudige, maar magiese oomblikke:
    “ek speel in die tuin tot laat / ek hardloop met ’n spoed / ek druk hom in die hoek / en die skare raas”
    – drome wat groot voel in ’n kind se wêreld, maar universeel resoneer.

    Dis juis daardie soort herinneringe wat die kreatiewe proses aangevuur het. “Ek dink jou kinderlewe vorm ’n groot deel van jou denkwyse en besluite nou,” sê Schwabie. “Daardie tyd bly in jou – en dis waarom dit so kragtig is wanneer jy dit in musiek vasvang.”

    Die snit het nie net ’n nostalgiese klank nie, maar ook ’n stadium-gevoel: met akoestiese kitaar, lewendige tromme en selfs elemente wat subtiel na die volkslied verwys, het die trio ’n klanklandskap geskep wat diep eg en eerlik voel. “Ons wou hê dit moet iets wees wat elke generasie saam kan sing,” sê Tino.

    En ja, die lied raak aan identiteit ook – met die eenvoudige lyn:
    “my seun jy was nog altyd”,
    gee hulle ’n boodskap van aanvaarding, selfs al word jy nooit ’n Springbok op papier nie.

    “Dis ’n groot eer om nou daardie rolmodel te wees,” sê Henru. “Ons het grootgeword met helde op die rugbyveld en pa’s wat saam met ons voor die TV gesit en droom het. Nou om self ’n stem van inspirasie vir jong kinders te wees, is werklik besonders.”

    Hulle hoop die lied dra hoop – en die wete dat drome nie beperk is tot ’n rugbyveld nie. “As jy met hart speel, as jy hard werk en nooit moed opgee nie, is alles moontlik.”

    “Boktrui” is nie net ’n lied vir rugbyliefhebbers nie – dis vir elkeen wat hul pa of oupa onthou voor die televisie op ’n Saterdag. Dis vir die kind wat droom. Dis vir die man wat self nou pa is. Dis vir almal wat weet hoe dit voel as die volkslied begin speel en jy daardie trui dra, al is dit net in jou hart.

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • ’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”

    ’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”

    Leo Sonskyn, die klein dorpie seun van Springs met ‘n groot droom, laat weer die harte van luisteraars klop met sy nuutste Afrikaanse enkelsnit, “Sondagmiddag Liefde.” Dis nie sommer net ’n lied nie—dis ’n gevoel. ’n Oomblik van rus. ’n Intieme liefdesbrief aan daardie een spesiale persoon by wie jy net jouself kan wees.

    Leo se loopbaan het hom van The Voice SA, Idols SA en Die Kontrak geneem tot waar hy vandag as kunstenaar staan. Maar steeds beskryf hy homself as net ’n “lekker dude van Springs af.” “Ek’s net ’n huweliks maat , ’n pa en ’n gewone ou,” sê hy nederig. “Ek het eendag besluit ek het ’n droom en toe het ek hom aangepak.”

    Dis juis hierdie egtheid en plat-op-die-aarde geaardheid wat deurskyn in “Sondagmiddag Liefde.” Dié lied is gebore uit ’n kreatiewe samewerking met die bekende William Wolf. “Hy’t ’n cool melodie in sy kop gehad,” vertel Leo. “Ons het net daar begin skryf—die gevoel van daai rustige Sondagmiddag saam met jou persoon het die hele idee gedryf.”

    Waar baie liefdesliedjies fokus op groot gebare en dramatiese oomblikke, kies “Sondagmiddag Liefde” om eerder die sagte, stil oomblikke te vier—daardie tye wat dikwels ongemerk verbygaan, maar eintlik die fondament van ware liefde vorm.

    “Ek soek jou laat Sondagmiddag liefde…
    Ek het nooit geglo in die hemel,
    Maar nou lê die hemel net hier langsaan my.”

    Vir Leo is dié lirieke meer as poëties—dit’s persoonlik. “Ek het nooit gedink ek sal ooit ’n vrou hê nie,” erken hy. “Soos party mense wat nie in die hemel glo nie, het ek nie geglo liefde gaan met my gebeur nie. Maar toe gebeur dit. En nou, elke keer as ek na haar kyk, weet ek – hierdie is my hemel op aarde.”

    Met die musiekvideo wou Leo en sy span die reinheid van liefde vasvang sonder enige voorgee. “Ons het probeer wys dat dit nie gaan oor wie jy op ’n Vrydagaand saam wil wees nie, maar oor wie jy op ’n Sondagmiddag by wíl wees,” sê hy. “Dít is liefde.”

    Die visuele aanbieding sluit perfek aan by die tematiek van die lied—rustige oomblikke, ’n sagte aanraking, twee mense wat mekaar werklik sien.

    Leo se musikale reis het reeds op 14 begin en het hom van plaaslike verhoë tot nasionale televisie geneem. In Die Kontrak se derde seisoen het hy dit tot die top vyf gehaal.

    Met “Sondagmiddag Liefde” wys Leo Sonskyn dat daar plek is in Afrikaanse musiek vir sagtheid, opregtheid en stilte. In ’n wêreld wat dikwels lawaaierig en gejaagd is, herinner hy ons daaraan dat liefde nie altyd geskreeu hoef te word nie. Soms lê dit in die kyk oor ’n laken, die stilte tussen twee mense, en die teenwoordigheid van iemand wat jou verstaan.

    Maak jou hart oop, sit terug op ’n rustige Sondagmiddag, en laat Leo se stem jou herinner aan wat regtig saak maak.

    Facebook Instagram Tiktok

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE

    TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE

    In ‘n wêreld waar ons almal jaag na die volgende ding – sukses, stabiliteit, betekenis – is dit skaars om ‘n lied aan te tref wat jou laat stilstaan. Maar dis presies wat die nuwe Afrikaanse enkelsnit Tevrede van die musiekgroep Vrede regkry: dit vang ‘n gevoel vas wat te dikwels verlore gaan in die geraas van die alledaagse. Met hierdie lied bring die duo, bestaande uit Francois Roux en Storm Opperman, ‘n brokkie kalmte en dankbaarheid en  ‘n herinnering aan wat regtig saak maak.

    “Mense dink jy moet ‘cool’ wees en niks omgee nie. Maar dis nie ons nie,” sê Storm. “Ons gee om. Veral oor wat ons deur ons lirieke sê.”

    Volgens die duo is Tevrede gebore uit daardie seldsame, eenvoudige oomblikke – ‘n koue bier na ‘n lang dag, ‘n perfekte golf in die Kaap, of net iemand spesiaal se teenwoordigheid. Die lied dien as ‘n herinnering dat geluk nie wag in groot drome nie, maar in die hier en nou. Lirieke soos “Solank jy net hier voor my staan, al val hierdie plek uit mekaar” spreek tot ‘n universele waarheid – dat liefde dikwels die enigste konstante is in ‘n chaotiese wêreld. Dit is hierdie filosofie van teenwoordigheid, eerder as besit, wat die kern van die lied vorm.

    Met ‘n produksie onder leiding van die bekende Loki Rothman, is Tevrede ‘n musikale terugkeer na iets meer “Up Beat”, iets eg. Die produksie bring ‘n vars energie wat perfek saamvloei met die lirieke se nostalgiese toon.

    Die lied weerspieël ‘n hunkering na eenvoud – verwoord in die reël “Soos ‘n styl uit die ou tyd, daars niks soos soliede grond nie.” Dis ‘n subtiele kritiek op moderne verhoudings en lewenswyses, maar nooit veroordelend nie. “Ons verkies iets konstant, en vertroubaar,” sê die band. Dis ‘n estetika én etiek wat hul musiek vorm.

    Vir Vrede is die Kaap nie net ‘n plek van oorsprong nie, maar ‘n simbool van hul artistieke en emosionele wortels. “Daai fees daar onder in die Kaap” is meer as net ‘n verwysing – dis ‘n herinnering aan liefde, vriendskap en die ontstaan van hul musiekloopbaan. In hierdie konteks word die lied ‘n nostalgiese reis, maar ook ‘n uitnodiging om te onthou.

    Tevrede is nie net lig of romanties nie – dit spreek ook van swaarkry en die krag van verhoudings in moeilike tye. Lirieke soos “die bank het als gevat” wys op werklike, rou realiteite, maar teenoor dit staan die hoopvolle reël “dis nie waarheen nie, maar saam

    met wie jy gaan.” Hierdie kontras skep ‘n emosionele diepte wat min moderne alternatiewe popliedjies behaal.

    Hoewel Tevrede in toon meer romanties en ritmies is as van Vrede se vorige werk, sien hulle dit nie as ‘n afwyking nie. “Elke keer probeer ons iets anders – vandag reggae, môre alternatiewe pop,” sê hulle. “Maar die hart bly dieselfde: eerlikheid.”

    Die lied is oorspronklik deur Storm geskryf, en toe hulle dit saam met Loki Rothman aangepak het, het dit ‘n nuwe dimensie aangeneem. “Ons wou daardie oomblik vasvang – wanneer jy wil opgee, maar dan kyk jy op, en sy’s daar. En skielik weet jy jy kan aanhou.”

    Die musiekbedryf het nie onbewus gebly van Tevrede se trefkrag nie. Bekende kunstenaars soos Zaan Sonnekus, Dozi, Tino, en Gian Groen het reeds hul bewondering uitgespreek. “Hierdie is dalk Vrede se sterkste werk nog.”Met hierdie lied glo die groep hulle kan ‘n groter Afrikaanse gehoor aanraak.

    Uiteindelik is Tevrede nie net ‘n liefdeslied nie. Dis ‘n stelling. ‘n Roepstem teen die wêreld se gejaagdheid. Dis ‘n herinnering dat geluk nie in ‘n toekoms vol planne lê nie, maar in die teenwoordigheid van iemand wat jy liefhet – in ‘n oomblik sonder voorwaardes.En dalk is dit presies wat ons nou nodig het: ‘n lied wat ons nie net laat luister nie, maar laat voel. Wat ons herinner: jy’s genoeg. Sy’s genoeg. Net soos julle is.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER

    HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER

    Na 18 jaar op Suid-Afrika se dansvloere en in die harte van sokkieliefhebbers, het Ray Dylan besluit om sy ikoniese treffer “Hokaai Stoppie Lorrie” ’n splinternuwe klank te gee — en dis rock n roll soos net Ray dit kan doen.

    “As hierdie song ’n partytjie kon wees in lewende lywe, wow man,” lag Ray. “Ek sien net kampvuur, kitare, defnitief dans om die kampvuur en ’n ys koue biertjie.” Hierdie beeld som perfek op wat hy met die heruitreiking van die liedjie wil bereik: ’n herlewing van daardie nostalgiese partytjievibes met ’n moderne klank.

    Die oorspronklike weergawe van “Hokaai Stoppie Lorrie” het vinnig een van Ray Dylan se “flagships” geword – ’n lied wat mense onmiddellik assosieer met sokkies, sonsondergange en daardie onvergeetlike girl van gisteraand. Nou, met sy live band, vars produksie en kragtige kitaarwerk, het hy die lorrie weer aangesluit vir ’n nuwe generasie.

    “Dis kitare, dis rock n roll, dis my live band – ek dink die lorrie gaan vir baie jare nog nie stop nie,” sê Ray met ’n glinster in die oog.

    Die nuwe weergawe behou steeds die geliefde lirieke wat aanhangers oor die jare uit hulle koppe uit ken:

    “Gistraand se party is oor en uit / Die son begin oor die berge kruip / En die wiele draai – ja, die wiele draai…”

    “Hokaai stoppie lorrie, dis hier waar ek vanaand wil bly / Hokaai stoppie lorrie, bring al jou pelle saam / Ons gaan dans dat die stof so staan…”

    Maar Ray gee dit nou ’n nuwe klankbaadjie – een wat die dansvloere weer sal laat bewe. “Ons het nuwe sounds wat ons moet toets, en trek hom ’n nuwe baadjie aan. Ons gee hom ’n nuwe spin op die dansvloer,” sê hy.

    Vir Ray is “Hokaai Stoppie Lorrie” meer as net ’n lied – dis ’n gevoel, ’n herinnering, en nou, met sy heruitreiking, ’n uitnodiging. “Maak nie saak wie jy is nie – as jy die song vir die eerste keer hoor, maak jouself gereed vir ’n groot party. Lekker dans, lekker vas-sokkie, lekker sweet op die voorkop… want ons gaan rock.”

    So, sit daai bottel op ys, stof die dansskoene af en kry jou pelle bymekaar — Ray Dylan se “Hokaai Stoppie Lorrie” is terug, groter en beter as ooit. En die wiele? Hulle draai weer… of hoe?

    Facebook Tiktok

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT “ROEPSTEM”

    MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT “ROEPSTEM”

    In die jaar waarin Afrikaans sy 100ste bestaansjaar vier, bring sangeres en liedjieskrywer Mari Bosman ’n diep emosionele huldeblyk aan haar moedertaal met die kragtige nuwe enkelsnit “Roepstem”. Dié lied is nie net ’n musikale viering van Afrikaans nie, maar ook ’n persoonlike verklaring van liefde, erfenis, en trots.

    “Afrikaans is vir my dié mooiste taal ter wêreld,” sê Mari. “Daar is geen ander taal waarin ’n mens jouself so mooi kan uitdruk nie. ‘Roepstem’ is my liefdesbrief aan Afrikaans – ’n taal wat ek wil help bewaar en laat voortleef.”

    Met lirieke soos “dis my stem, dit is my hartklop wat jy hoor” en “ek sal veg, jy sal my hoor”, roep die lied herinneringe op aan generasies wat hul taal moes beskerm en laat voortbestaan. Dit is juis hierdie temas van trots, stryd en kultuurerfenis wat die lied laat resoneer – nie net onder ouer generasies nie, maar ook onder jong luisteraars wat dalk hul eie plek in die taalgemeenskap soek.

    “Ek hoop dat jong Afrikaanse mense hul taalgebruik met trots sal begin koester. Afrikaans is opwindend, nostalgies, en vol karakter – en dit verdien om soos goud bewaar te word.”

    “Roepstem” is in samewerking met Tertius Human vervaardig, met bykomende kreatiewe insette van Riaan Steyn. ’n Seunskoor van ’n hoërskool in die Paarl lewer die indrukwekkende agtergrondkoor, wat die lied ’n ware “hoendervleis” gevoel gee. Die keuse van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl en die Voortrekker Monument in Pretoria as verfilmingstonele vir die musiekvideo, beklemtoon verder die geskiedkundige en emosionele waarde van die lied.

    “Ek het in ’n rooi rok gespring en my hart uit gesing,” vertel Mari oor die verfilming van die musiekvideo. “Ek wou hê mense moes die trots, die erns, én die passie vir Afrikaans in elke raam beleef.”

    “Roepstem” vorm deel van Mari se persoonlike missie om musiek te skep wat iets dieper aanspreek – liedjies wat mense aanraak, verenig, en inspireer.

    “Ons as kunstenaars het ’n verantwoordelikheid om ons stemme te gebruik vir iets groter as onsself. ‘Roepstem’ is my bydrae tot die bewaring van ons taal – en hopelik sal dit nog oor 100 jaar gesing word.” “Roepstem” is vanaf 30 Mei 2025 beskikbaar op alle digitale platforms en die musiekvideo kan op Vonk Musiek se amptelike YouTube-kanaal gekyk word.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

     

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

  • Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek

    Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek

    Juan Boucher, die geliefde multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat reeds diep spore in die Afrikaanse musieklandskap getrap het, is terug met ’n nuwe kortspeel-album “Dis Presies wat Liefde doen”. En dié keer doen hy dit op sy eie manier — as die eerste vrystelling van sy splinternuwe platemaatskappy, Boland Musiek.

    “Dis Presies wat Liefde doen” is alles behalwe oppervlakkig. Met ses splinternuwe snitte wys Juan weereens hoekom hy as een van die mees dominante kunstenaars in die Afrikaanse bedryf beskou word. Sy kenmerkende rasperstem en eerlike lirieke vat luisteraars op ’n emosionele reis — van passie en pyn tot verlange en verlossing.

    “Dodelik”, die eerste snit, is ’n vurige liefdeslied wat die gevaar en aantrekkingskrag van ’n intense verhouding ondersoek. Dit is gevolg deur “Ek Ken Jou”, ’n rou, intieme ballade oor sielsverbinding en herkenning. Juan se samewerking met Tasché in “Noord” staan uit as ’n duet wat nie net harmonieus nie, maar ook diep simbolies is – ‘n soeke na rigting en liefde in ’n deurmekaar wêreld.

    Met “Liefde” bring hy ’n eerlike weergawe van hoe liefde gelyktydig kan breek en bou, terwyl “Seun” ’n pragtige ode is aan vaderskap en die transformerende krag van ’n kind se teenwoordigheid. “Die Bus” sluit die album af met ’n poëtiese reis oor verlies, herinneringe en aanvaarding.

    Hierdie album bevestig Juan se vermoë om nie net liedjies te skryf nie, maar om stories te vertel wat resoneer met mense van alle ouderdomme. Hy weet hoe om sy aanhangers se harte warm te hou — en met hierdie vrystelling oortref hy weer verwagtinge.

    Maar dis nie al nie. Saam met die album bekendstelling, tree Juan ook amptelik as mede-stigter van sy eie platemaatskappy na vore: Boland Musiek. In samewerking met Kobie Koen is die maatskappy gebore uit ’n droom – om musiek te maak wat nie net gehoor word nie, maar gevoel word.

    Gebore tussen die berge en wingerde van die Paarl, is Boland Musiek meer as net ’n handelsmerk. Dis ’n gevoel — van tuiskoms, van egtheid, van stories wat gesing word met die geure van die Boland in elke noot. “Dis musiek wat die siel roer en die geskiedenis laat leef,” sê Boucher.

    Juan Boucher se is terug— met ’n nuwe album én as stigter van ’n platemaatskappy — is ’n bevestiging van sy vasberadenheid om musiek nie net te maak nie, maar betekenisvol te leef. “Dis Presies wat Liefde doen” is nie net die titel van sy album nie — dit is ’n weerspieëling van sy kreatiewe hartklop.

    Boland Musiek staan op die drumpel van iets besonders. Soos Juan self sê: “Daar is niks so ongelooflik soos om musiek te ontdek wat tydloos is nie.”

    En met hierdie vrystelling wys hy presies wat liefde doen: dit bou, dit bind, en dit bly.

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

    Facebook Twitter Instagram
  • ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE

    ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE

    Die energieke en geliefde Afrikaanse sanger en storieverteller Armand Steenkamp is terug met ’n splinternuwe enkelsnit vol karakter, kuier-genot en hartlike humor. Sy nuutste vrystelling, “Woeste Manne van Worcester,” is, 16 Mei 2025, vrygestel op alle digitale platforms – saam met ’n eg Suid-Afrikaanse musiekvideo wat reeds die harte van aanhangers verower het.

    Die inspirasie agter die lied spruit uit ’n visvangtrip wat Armand se vriend, Tiennie, saam met ’n groep vriende in Terracebaai onderneem het. Hoewel Armand self nie op daardie spesifieke wegbreek was nie, het die foto’s, stories en herinneringe daarvan diep bly lê – en uiteindelik het die liedjie homself agter die stuur van Armand se bakkie kom opdis.

    “Ek dink toe – dít is een van daai tipe trips waarheen ’n mens net moes saamgaan,” sê Armand. “Daai gedagte het my nie weer losgelaat nie.”

    Die lied vertel op humoristiese wyse van ’n klomp regte vriende – met hul regte byname soos Gommie, Tiennie en ander – wat saam die lekker van die lewe proe. Die bus met visstokke op die neus en wyn in die trailer is net een van die kleurvolle beelde wat hierdie storie laat leef.

    “Ek skryf oor dit wat vir my genot bring – vriende, visvang, jag, kuier en natuurlik… lag,” verduidelik Armand. “My musiek is vol stories, en dié lied is ’n ode aan broederskap en die lekker dinge in die lewe.”

    Die musiekvideo, waarin van die oorspronklike manne self verskyn, is met groot verwagting ontvang en weerspieël die gees van egtheid wat Armand se werk so uniek maak. Alhoewel die wêreld soms swaar voel, is sy doel duidelik:

    “Die wêreld is donker genoeg – as ek iemand kan laat lag of bietjie vreugde bring, dan het ek my werk gedoen.”

    “Woeste Manne van Worcester” is nie net ’n jolige kuierlied nie – dit dra ’n dieper boodskap van dankbaarheid, vreugde en verbondenheid. Met nog nuwe musiek wat reeds in beplanning is – liedjies oor vriendskap en die eenvoudige lekker van die lewe – wys Armand dat sy hart en pen altyd in die regte plek.

    Facebook Tiktok Instagram

    PUBLISITEIT & BEMARKING :

    Vonk Musiek

    Ashley Du Toit

    Sel: 083 963 3055

    E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

     

     

    PLATEMAATSKAPPY :

    Vonk Musiek

    Francois Roux

    Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

    E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

    Webwerf: www.vonkmusiek.co.za