ARNO JORDAAN SKOP DIE SOMER AF MET SY NUUTSTE ENKELSNIT “VÊR INNI WÊRELD PIETIE”
NICHOLIS LOUW LAAT VOETE JEUK MET SY NUUTSTE ENKELSNIT: "OENTS OENTS OENTS"
DEON GROOT VERTEL VAN DIE DINGE WAT ‘N MAN WIL HÊ:
WG NEL SLEEP “SEWE SAKKE SOUT” IN SY NUUTSTE ENKELSNIT:
Dozi vier Potchefstroom se legendariese “Muis van Potchefstroom”!
RUDI KLEINGELD BEKENDSTEL SY NUWE LIED, "NUWE MAAN" – 'N MUSIEKREIS VAN EMOSIE EN RITME
“AFRIKAANS HET NIE BRIEKE NIE” IN ANDRIËTTE SE NUUTSTE ENKELSNIT:
DIE “KRULKOP DUO” VREDE STEL NUWE EN DIEP GEVOELIGE SNIT VRY: HEMEL OP DIE AARDE
SOEKER is reeds vroeg in 2021 geskryf na JAKO die behoefte ondervind het om iets te skryf oor die soeke na jouself, die wêreld, God en die idee dat geluk nie altyd gevind kan word in die illusie dat daar altyd iets beter is.
“Na twee moeilike jare wil ek graag met SOEKER 2021 afsluit. Om te leef is een groot reis. Ons almal is op soek na onsself. Om te oorleef. Baie keer hardloop ons weg, en baie keer het ons die moed om die fight te fight. Ongeag of jy hardloop of baklei, beide is okay. Tog is dit belangriker om te weet dat die gras nie altyd groener aan die anderkant is nie.” sê JAKO.
SOEKER is ’n energieke feel-good aanbieding met ’n treffende koor en betekenisvolle lirieke. Waar die eerste enkelsnit van die nuwe album, ‘Ek Vier Jou Ek Groet Jou’ hard en swaar was en die tweede enkelsnit, ‘My Hande’ rou en emosioneel, val SOEKER reg in die middel van die twee. Aanhangers kan uitsien na ’n lied wat jou op ’n interne reis neem terwyl jy reflekteer oor die jaar wat verby is, en bepaal waarheen jy op pad is.
JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal in 2022 vrygestel word.