

"PA, EK WIL ’N BOK WEES": TINO, HENRU EN SCHWABIE RAAK DIEP MET HUL NOSTALGIESE HULDEBLYK AAN PA'S EN DROME
"NEE BUFFEL" – WG NEL VIER BROEDERSKAP, BAKKIES EN BIER MET ’N EGTE MANNE-NAWEEK
’N LIED VIR DIE STILSTE, MOOISTE OOMBLIKKE VAN DIE LIEFDE – LEO SONSKYN SMELT HARTE MET “SONDAGMIDDAG LIEFDE”
TEVREDE IN DIE KLEIN OOMBLIKKE VAN DIE LEWE
HOKAAI STOPPIE LORRIE , RAY DYLAN MAAK GEREED VIR NOG N “SPIN” OM DIE DANSVLOER
MARI BOSMAN BRING HULDEBLYK AAN AFRIKAANS MET KRAGTIGE NUWE ENKELSNIT "ROEPSTEM"
Juan Boucher keer terug met ’n sielsroerende album en stig sy eie platemaatskappy, Boland Musiek
ARMAND STEENKAMP SE NUWE ENKELSNIT “WOESTE MANNE VAN WORCESTER” VIER VRIENDE, VISVANG EN VREUGDE
Dozi, ‘n geliefde en bekende in Suid-Afrikaanse musiekkringe, reik sy musiekvideo, As Jy Deur Hel Gaan, uit wat opgedra is aan vrede.
Die musiekvideo gaan beeldmateriaal van die oorstromings in Australië en die oorlog in die Oekraïne insluit. Die hoop is om fokus te vestig dat ons almal moet saamstaan en sodoende enigiets kan oorwin. Hierdie musiekvideo wat vrede uitbeeld, eindig met die bewoording, “Wat het geword van die wêreld? Daar is minder pyn en lyding in vrede…”
Vanaf die uitreiking van Dozi se eerste album, Mercy in 1999, sing hy die land aan die brand met sy warm stem. As Jy Deur Hel Gaan is beskikbaar op Dozi se negentiende studio album, getiteld Vrede, tesame met 11 ander oorspronklike snitte. Dié liedjie is een van sy gunstelinge op die album. Hy voel nie net is dit van toepassing op die huidige situasie nie, maar dat ‘n mens lirieke skryf moet dit iets relevant wees tot mense se lewens.
Hierdie lied van vrede is op verskeie digitale platforms, soos Spotify, Deezer, Apple Music en iTunes beskikbaar.
As Jy Deur Hel Gaan se musiekvideo word Vrydag, 11 Maart op Real Music/Vonk Musiek se YouTube kanaal vrygestel.