
Dozi, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers, is verheug om sy nuwe enkelsnit, “Bloutrein”, aan te kondig. Hierdie aangrypende lied sal beskikbaar wees op alle digitale platforms vanaf 6 Oktober 2023.
“Bloutrein” is ‘n spesiale live weergawe wat opgeneem is tydens die Theuns Tribute vertoning by Loftuspark in Maart 2023. Die lied, oorspronklik geskryf deur Theuns Jordaan in 2012, dra ‘n diep emosie wat Dozi byvoeg in hierdie optrede. Dit is ‘n huldeblyk aan die sterk vriendskap tussen Dozi en Theuns Jordaan, wat vir baie jare geduur het. Die lied roep die vrees op van die Bloutrein wat ons almal eendag kom haal, soos dit Theuns uiteindelik kom haal het.
Die live weergawe van “Bloutrein” vang die emosie en intensiteit van Dozi se optrede saam met die orkes. Die lied bou op vanuit ‘n eenvoudige begin tot ‘n hoogtepunt van emosie en musikaliteit. Ons nooi luisteraars uit om hierdie meestervertoning te geniet met die lewendige beeldmateriaal wat reeds beskikbaar is op Vonk Musiek se YouTube kanaal.
Dozi se interpretasie van “Bloutrein” is ‘n ware eerbetoon aan Theuns Jordaan en sy nalatenskap. Die lied raak diep aan die hart en herinner ons aan die kosbare vriendskappe in ons lewens. Dozi se emosievolle vertolking en die meesterlike begeleiding van die orkes maak hierdie weergawe van “Bloutrein” ‘n unieke en onvergeetlike luisterervaring.
Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/dozimusiek
Geniet die musiekvideo hier – https://www.youtube.com/watch?v=nAq9O1tlkQE
Dozi se Sosiale Media:
Facebook: https://www.facebook.com/Dozifanpage
TikTok: https://www.tiktok.com/@dozigram
Be the first to comment