ANDRIETTE MOEDIG MENSE AAN OM DIE WOORDE TE SE VOOR DAT DIT TE LAAT IS DIE MOEDERSDAG

Die bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaar, Andriëtte, het onlangs haar nuwe enkelsnit “Ek moes dit gese het” vrygestel. Die lied is haar opvolg enkelsnit  na die uit ruik van haar liedjie Sonder Liefde wat gevolg het in die voetspore van talle radiotreffers, waaronder Mis jou Meer, Dink aan My, Vat my Hoër, Sewe Oseane, Napoleon, My Kind, Bittersoet van Liefde, Dinge, Druppel in die See en vele meer.

Ek Moes Dit Gesê het” is ‘n emosionele ballade wat jou laat dink aan daardie een oomblik in jou lewe waar jy alles wil sê, maar net nie kan nie. Dit is ‘n liedjie wat almal wat liefde ervaar of ervaar het, sal verstaan.

“Ek onthou jou asem, sagtens teen die ruite van my siel” is ‘n deel van die liedjie se refrein en dit beskryf die diep emosies wat die kunstenaar in die liedjie inbring. “Ek weier dat verlange, herinneringe van jou hart verniel” is ‘n baie kragtige vers in die liedjie wat baie mense sal raak. Dit beskryf die gevoel van verlies wat mense ervaar wanneer hulle nie die kans kry om hul gevoelens te uiter nie.

Andriëtte het die musiekmark in 2007 betree nadat sy as naaswenner aangewys is van die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiekprogram, IDOLS. Kort daarna is haar eerste album, Diamant, uitgereik waarvoor sy in 2008 ‘n Vonk-toekenning ontvang het vir Beste vroulike kontemporêre album gewen het. Nog ses suksesvolle albums het gevolg, waaronder Wat Rym met Liefde, wat ‘n Ghoema-toekenning gewen het in 2014 vir Beste vroulike kontemporêre album.

Volgens Andriette sing sy oor dinge wat haar hart raak en beskou Steve Hofmeyr, Laurika Rauch en Michael Bublé as haar grootste rolmodelle in die musiekbedryf. Sy sou ook graag nog eendag saam met Elvis Blue wou werk. Dié 36-jarige Kapenaar, gebore en getoë in Brackenfell, woon tans in Durbanville saam met haar man en drie seuns. Na skool het sy eers in die skoonheidsbedryf gewerk voordat die musiekgogga haar gebyt het. Tans ontvang sy verder musiekopleiding by Amanda Luyt.

Ek Moes Dit Gesê Het” is ‘n liedjie wat jou sal raak en wat jou sal inspireer om nie stil te bly nie, maar om jou gevoelens te deel en nie te wag tot dit te laat is nie.

Ek Moes Dit Gesê Het” is beskikbaar op alle digitale platforms. – https://linktr.ee/andriettemusiek

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*