Dozi dra lied op aan wêreld vrede

Dozi

Dozi dra lied op aan wêreld vrede. Dozi, ‘n geliefde en bekende in Suid-Afrikaanse musiekkringe, reik sy musiekvideo, As Jy Deur Hel Gaan, uit wat opgedra is aan vrede.

Die musiekvideo gaan beeldmateriaal van die oorstromings in Australië en die oorlog in die Oekraïne insluit. Die hoop is om fokus te vestig dat ons almal moet saamstaan en sodoende enigiets kan oorwin. Hierdie musiekvideo wat vrede uitbeeld, eindig met die bewoording, “Wat het geword van die wêreld? Daar is minder pyn en lyding in vrede…”

Vanaf die uitreiking van Dozi se eerste album, Mercy in 1999, sing hy die land aan die brand met sy warm stem. As Jy Deur Hel Gaan is beskikbaar op Dozi se negentiende studio album, getiteld Vrede, tesame met 11 ander oorspronklike snitte. Dié liedjie is een van sy gunstelinge op die album. Hy voel nie net is dit van toepassing op die huidige situasie nie, maar dat ‘n mens lirieke skryf moet dit iets relevant wees tot mense se lewens.

Hierdie lied van vrede is op verskeie digitale platforms, soos Spotify, Deezer, Apple Music en iTunes beskikbaar.  https://linktr.ee/dozimusiek

As Jy Deur Hel Gaan se musiekvideo is beskikbaar op Real Music/Vonk Musiek se YouTube kanaal.

Kyk dit hier:  https://youtu.be/2JDxwPR6050

Vir ander VonK Musiek Nuus, kliek hier!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*