JAKO MEYER STEL NUWE ENKELSNIT VRY | SOEKER

SOEKER is reeds vroeg in 2021 geskryf na JAKO die behoefte ondervind het om iets te skryf oor die soeke na jouself, die wêreld, God en die idee dat geluk nie altyd gevind kan word in die illusie dat daar altyd iets beter is.

 

“Na twee moeilike jare wil ek graag met SOEKER 2021 afsluit. Om te leef is een groot reis. Ons almal is op soek na onsself. Om te oorleef. Baie keer hardloop ons weg, en baie keer het ons die moed om die fight te fight. Ongeag of jy hardloop of baklei, beide is okay. Tog is dit belangriker om te weet dat die gras nie altyd groener aan die anderkant is nie.”JAKO.

 

SOEKER is ’n energieke feel-good aanbieding met ’n treffende koor en betekenisvolle lirieke. Waar die eerste enkelsnit van die nuwe album, ‘Ek Vier Jou Ek Groet Jou’ hard en swaar was en die tweede enkelsnit, ‘My Hande’ rou en emosioneel, val SOEKER reg in die middel van die twee. Aanhangers kan uitsien na ’n lied wat jou op ’n interne reis neem terwyl jy reflekteer oor die jaar wat verby is, en bepaal waarheen jy op pad is.

 

Luister SOEKER hier:

https://linktr.ee/JakoMeyer

 

 JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal in 2022 vrygestel word.

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


fourteen + 11 =