ENKELSNITVRYSTELLING: SING VIR MY SAGGIES – JOHN ROCK PROPHET

John Rock Prophet, gebore en getoë in Windhoek, Namibië, het van kindsbeen af ‘n liefde vir musiek en die skryf daarvan. Tesame met dié liefde, is hy lief vir woorde en gedigte en verkies hy musiek wat in digvorm is. Vandaar vertolk hy dit as kontemporêre folk en rock melodieë. Hy hou daarvan om fluite, banjo’s en trekklaviere in sy musiek te gebruik, vandaar sy gewildheid onder jonk en oud. John Rock Prophet sing, speel kitaar en is soms die tweede stem, maar in sy hart is hy ‘n sanger en liedjieskrywer, met die groot liefde is om liedjies te skryf.

Platteland is sy eerste albumvrystelling en het in April 2016 die lig gesien. Sy heel nuutste enkelsnit heet Sing vir my Saggies. Dit is deur John Rock Prophet geskryf en Gian Groen sing saam op dié snit. Sing vir my Saggies handel oor die hervestiging, ‘n verbintenis teenoor iemand anders, hetsy teenoor ‘n vriendskap of romantiese verhouding. Die lojaliteit teenoor iemand anders en om sy of haar bestaan op aarde te erken en by wie jy sal staan, want elkeen het dinge waarmee ‘n mens daagliks veg, maar by wie jy sal staan tot jou laaste asem. Dit geld vir pa teenoor dogter, man teenoor vrou of vriend teenoor vriend.

Kyk gerus uit vir die musiekvideo op YouTube en Facebook. Dit sal ook binnekort op Spotify, Deezer, Apple Music en iTunes beskikbaar wees.

Kyk die YouTube video hier:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*