GIFT MATJILA ’N GESKENK VIR AFRIKAANSE MUSIEK

” ‘n Gift vir Afrikaanse musiek”

Sanger Gift Matjila het pas sy eerste enkelsnit, EK STAAN BY JOU, vrygestel. Die liedjie is opgedra aan Suid-Afrika se boere en is geskryf deur Gift en vervaardig deur Tertius Human van CoolerBox Studios.

Die 25 jarige liedjieskrywer is in Pretoria gebore en het op ’n jong ouderdom reeds van musiek begin hou. Volgens sy ma het hy as kind in die buitekamer met spanners verskillende klanke gemaak het en saam gesing met die melodie.

Op skool was Gift baie sportief. Hy het aan Atletiek deelgeneem en Rugby gespeel, maar musiek het nog altyd in sy ore bly drom. Na matriek het hy ’n gapjaar gevat saam met Metamorpho-Doxa Deo waar hy besluit het om vir homself ’n boekie te koop met verskillende koorde en homself leer kitaar speel het en van daar af het sy liefde vir musiek net gegroei.

Gift hou baie daarvan om musiek in Afrikaans te skryf. “Ek kan my emosies die beste in Afrikaans beklemtoon. Ek skryf oor pyn, liefde, hartseer en ook geluk, ek dink wat my inspireer is die goed waardeur ek gaan ‘byvoorbeeld’ heartbreak of selfs wat aangaan in ons land. Ek probeer om altyd so eg as moontlik te bly as ek skryf. Ek dink wat my inspireer vorm deel van hoe ek voel die dag.”

 

Gift se eerste enkelsnit, EK STAAN BY JOU, is ’n gebed wat hy opgedra het aan ons land se boere.

“Ek het laat die aand op my bed gesit en skryf en niks het gewerk nie, later toe begin ek met die woorde ‘Stoksiel alleen in my kamer op my bed’ en van daar af toe vloei die woorde. Die lied gaan vir my oor hoop, dit gaan ook vir my oor elke boer wat sy hand opsteek en sê ek sal weer opstaan en boer al gaan dit sleg. Dit gaan ook oor Suid-Afrika en my liefde vir die land.”

Musiek is egter nie al waarmee Gift homself besig hou nie. Hy is ’n voltydse onderwyser en geniet dit verskriklik baie. “Ek is ’n onderwyser omdat ek die voorreg het om die toekoms van ons land op te voed en uit te stuur om ’n verskil te maak. Onderwys is meer as ’n klaskammer, tussen die skoolgee is daar omgee, tussen die huiswerk is daar inspirasie, tussen die gejaag om skool te gee het ek die voorreg om ’n pa figuur vir ’n kind te wees wat miskien grootgeword het sonder ’n pa.”

Gift se talent vir musiek is raak gesien deur CoolerBox Records sê Kobie Koen toe hy aan Via se werklikheids reeks, Date, agteruit deelgeneem het. Hy het tydens ’n afspraak met ’n dame op Date, agteruit, Spoegwolf se winter gesing het saam met sy kitaar en Kobie het besluit om hom te kontak. “Toe Oom Kobie my die eerste keer gekontak het was dit gedurende vakansie en ek het op my oom se plaas gewerk vir ’n ekstra sakgeldjie, dit was uit die bloute uit en ek kon dit nie glo nie. Ek het lank gebid, gewag, gehoop vir ’n oproep soos dit en ek kan steeds nie glo dis ’n werklikheid nie.”

Na gelang van hulle gesprek het Gift met die bekroonde musiek vervaardiger Tertius Human begin werk. “Tertius is ’n genius. Hy het die vermoë om na ’n song te luister en magic te maak,dit was ’n eer en ’n voorreg om saam met hom te werk. Dit was my eerste keer in studio en hy het my baie gemaklik laat voel.”

Gift het ook die geleentheid gehad om op Jo Black se Program Doodgewone Jo as ’n gaskunstenaar te verskyn.

“Dit was die grootste voorreg om op Jo Black se show te verskyn, dis crazy hoe goeie goed met ’n doodgewone ou soos ek kan gebeur. Ek was op my senuwees om vir die eerste keer vir Jo Black te ontmoet maar hy is so nederig en hy het met my gesels asof hy my vir jare ken.” Jo het selfs na die opname vir Gift ’n kitaar as ’n geskenk gegee.“My beker loop oor en hy het dit by my huis kom aflaai, onverdiende guns, ek vra myself gereeld hoe kan sulke amazing goed met my gebeur!”

Gift se volgende droom is om met kunstenaars soos Danie du Toit, Robbie Wessels en Pierre van

DHF, te werk. Sy eerste enkelsnit en musiekvideo, EK STAAN BY JOU, is nou beskikbaar.

Die lied is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Coolerbox Records

Francois Roux

Sell: 061 312 2160

Eposadres: francois@vonkmusiek.co.za

Webblad: www.vonkmusiek.co.za

 

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*