JAKO MEYER STEL NUWE ENKELSNIT VRY | MY HANDE

Oktober 2021 sien die vrystelling van ’n nuwe enkelsnit vanaf JAKO MEYER, getiteld MY HANDE. MY HANDE is die tweede enkelsnit vanaf sy tweede album, DAGBREEK DOOLHOF wat later vanjaar vrygestel sal word. Die eerste enkelsnit, ‘Ek Vier Jou, Ek Groet Jou’ is in Julie vanjaar vrygestel.

MY HANDE is in Augustus 2021 geskryf nadat JAKO ’n behoefte gehad het om iets te skryf oor die konsep van verganklikheid gekombineerd met kwesbaarheid; wanneer iets jou hande verlaat en jy as mens oor ’n tydperk daarmee moet vrede maak.

“MY HANDE handel oor om as mens kwesbaar en broos te wees. Ons is baie keer alleen op daardie skip op die waters, en dis heeltemal fine.” 

Effe anders as JAKO MEYER se gewone rock ’n roll geïnspireerde snitte, kan aanhangers uitsien na ’n meer sielvolle, rustige aanbieding gevul met rou emosie. Met ’n koor wat tot in jou siel sny, is MY HANDE ’n liriek-gedrewe, sterk melodie waar die musiek en lirieke mekaar komplimenteer en wat luisteraars op ’n reis neem na hul diepste, donkerste kamers.

“Alles is verganklik en niks bly ooit dieselfde nie. Tog verbeel ons onsself dat ons onbreekbaar is. As jou hande iemand of iets al moes laat gaan, sal jy hiermee kan identifiseer.”

Luister MY HANDE hier:

http://JakoMeyer.HearNow.com/My-Hande

JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal later vanjaar vrygestel word.

JAKO MEYER KONTAK

 

Facebook: https://www.facebook.com/Jako.Meyer.1

Twitter: https://twitter.com/Jako_Meyer

Instagram: https://www.instagram.com/Jako_Meyer

Vir meer inligting, kontak asseblief:

Rachelle Crous
Email: rachelle@rcpublicity.com
Tel: 082 084 6724

RACHELLE CROUS PUBLICITY

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*