
XANDER JOUBERT – HANSIE SLIM
Xander Joubert se liefde vir sing was nog altyd groot en al het hy nooit gedroom dat hy ‘n loopbaan in die musiekbedryf sou hê nie, is dit ‘n bewys dat drome waar word en het hy pas sy vierde enkelsnit vrygestel. Hy het hard gewerk en die afgelope paar jaar hard gewerk om sy droom ‘n realiteit te maak.
Xander skryf self heelwat van sy eie musiek en speel kitaar in sy gekose genre van pop/country. Tot op hede het hy drie enkelsnitte vrygestel: die eerste getiteld Aardbewing, toe Blus My, Hoeveel Keer Ek Aan Jou Dink en pas sy vierde splinternuwe enkelsnitvrystelling, Hansie Slim uit die pen van Johan Oberholzer. Dié sprokieslied is opgeneem en verwerk deur Werner Beukes. Xander hoop dat dit aanklank by die luisteraars sal vind en dat die liedjie baie herinneringe sal wakker maak. Die melodie en lirieke is asof ‘n droomverhaal en behoort luisteraars se hartsnare te roer en spoedig bo-aan die treffersparades te pryk.
Be the first to comment