
JAKO MEYER – EK VIER JOU, EK GROET JOU
JAKO MEYER het ’n splinternuwe enkelsnit, EK VIER JOU, EK GROET JOU vrygestel. Die enkelsnit is die eerste aanbieding van sy nuwe album, DAGBREEK DOOLHOF wat later vanjaar vrygestel word. EK VIER JOU, EK GROET JOU is vroeg in 2021 geskryf na JAKO die behoefte ervaar het om oor sy verlowing wat in 2020 verbrokkel het, te skryf as ’n manier om te groet en vrede te vind.
“Dit is soms die moeilkste ding om mense te groet. Dit is soortgelyk aan die dood. Of dit dalk ‘n vriendskap, verhouding, of werklike afstrewe is. En selfs al wil jy soms nie groet nie, moet jy. Ek moes haar groet.”
Al is daar ’n seer en egtheid aan die liedjie omdat dit liries moeilik is om die woorde te sê, sorg die musiek en melodie en JAKO MEYER kenmerkende groot koor tog vir ’n glimlag en positiewe gevoel waarna aanhangers kan uitsien.
“Soos aan die begin van ‘n nuwe hoofstuk, moet mens baie keer mense en dinge uit jou verlede agterlaat. Ons almal het soveel verloor die afgelope jaar. My tweede album, ‘Dagbreek Doolhof’ gaan juis oor die maak of breek, verkeerde afdraaie, om uiteindelik uit te kom waar jy moet wees. Soos vir baie ander mense was my doolhof deurmekaar die laaste ruk. EK VIER JOU, EK GROET JOU was vir my ‘n goeie begin vir die volgende deel van die reis.” sê JAKO.
Laai / Koop EK VIER JOU, EK GROET JOU hier:
https://jakomeyer.hearnow.com/ek-vier-jou-ek-groet-jou
JAKO MEYER se tweede solo album, DAGBREEK DOOLHOF, sal later vanjaar vrygestel word.
Be the first to comment