
Shelby – Ek Gaan Jou Mis
Die nuutste Boksburg rockster, Shelby is reg om die Afrikaanse mark aan te pak met sy
nuutste enkelsnit EK GAAN JOU MIS. Hierdie sal Shelby se eerste afrikaanse vrystelling
wees en hy is reg om nuwe energie in die mark te bring.
EK GAAN JOU MIS is oorspronklik deur Etienne Steyn vrygestel in 2012 en vertel die
storie van ’n komplekse liefdes verhouding. Dit is metafories geskryf met die doel om te
verduidelik hoe ‘n geliefde sy hart gesteel en gebreek het, al sou die verhouding nooit
gewerk het nie. Die lied verduidelik hoe die pad maklik is as hulle weg van mekaar af is,
maar a hulle by mekaar is, nie so maklik is nie. Die liedjie le klem daarop oor hoe baie hy
die meisie gaan mis en dat hy nog elke dag aan haar dink, tenspyte van hulle stand van
sake.
Luisteraars sal aanklank vind met hierdie lied van ’n liefdesperspektief af. Dit raak die
hartsnare van mense wat onlangs uit n verhouding uit kom, mense wat nogsteeds ’n
vorige liefde mis of selfs vir mense wat nie die voorreg het om gereeld hulle liefdesmaat te
sien nie.
Shelby het al van kleintyd af ‘n passie vir musiek, maar het eers baie later in sy lewe vir die
eerste keer voor n gehoor opgetree. Gerhard Steyn het vir Shelby onder sy vlerk geneem
as mentor in 2019, en sedert het Shelby vir baie van Suid Afrika se top kunstenaars die
verhoog opgewarm, kunstenaars soos, Juan Boucher, Appel, Jan Bohm, Elandre en vele
meer.
Be the first to comment