JAN RHAAP SKRYF SPESIAAL VIR DIE GRIEKWA-RUGBYSPAN HULLE EIE LIEDJIE!

JAN RHAAP SKRYF SPESIAAL VIR DIE GRIEKWA-RUGBYSPAN HULLE EIE LIEDJIE!

Die Ghoema-benoemde sanger van die Noordkaap, Jan Rhaap (Werner Burger), wie se huidige treffer, Maak jou Maak(e) op al wat ‘n trefferparade pryk, hou nie net van gesellig wees en samekomste nie, hy is ook ‘n gróót ondersteuner van die Griekwa-rugbyspan. Dié sanger wat, wanneer hy nie op die verhoog is nie, boer op ‘n plaas net buite Niekerkshoop; ’n klein dorpie tussen Griekwastad en Prieska, het pas vir die Griekwas hulle eie liedjie getiteld, POUBLOU, geskryf wat voortaan in stadions gespeel sal word wanneer wedstryde gespeel word.

Een van Jan se vriende wie se seun vir die jaarlikse “Cravenweek” vir skolerugby vir die Griekwas gespeel het, het hom verlede jaar geskakel en genoem dat die Griekwas nie ‘n liedjie het nie en dat hy dalk moet oorweeg om een vir hulle te skryf. En daar is POUBLOU gebore.

Die Griekwas staan bekend as die “Poubloues” as gevolg van die kleur in die rugbyspan se truie en daarvandaan kom die titel vir hierdie nuwe liedjie wat verseker baie gesog gaan wees by wedstryde en onder Griekwa-ondersteuners. “Ek is vol vertroue dat die ondersteuners die liedjie gaan geniet. Dit is ‘n lekker kuier-liedjie en hulle sal met die lirieke kan vereenselwig. Ons het ook een van die grootste Griekwa-ondersteuners, Oom Bushy, by die liedjie betrek en sy baie bekende stem kan ook in die liedjie gehoor word”, sê ‘n baie opgewonde Jan Rhaap.

Jan beskryf die mense van die Noord Kaap as “plat op die aarde”en opregte mense. Volgens hom is die Griekwas dalk nie een van die grootste unies nie, maar hulle speel uitstekende rugby en is ook sonder enige “fancy dinge”. Die manne speel net harde, goeie rugby. Ek het ook al die liedjie vir die Griekwas unie se bestuur gespeel en hulle is mal daaroor!”, sê hy.

Die liedjie is opgeneem by Coolerbox Studios en vervaardig deur Tertius Human. Dit sal beskikbaar wees op Jan Rhaap se vierde ateljee-album wat op 19 Februarie 2021 uitgereik sal word.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af:  lnk.to/CNkC7pXL  

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/janrhaap/
Instagram: @janrhaap
Twitter: @janrhaap

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*