
Die Suid-Afrikaanse “James Dean”, Xander Joubert, is besig om opslae te maak as een van ons land se top opkomende kunstenaars. Xander het alreeds twee enkelsnitte vrygestel wat op verskeie radiostasies se Top 40 geklim het. Nou is Xander gereed vir die volgende stap in sy loopbaan met sy nuutste enkelsnit “Jy Oortref My“.
“Jy Oortref My” is geskryf en vervaardig deur Johan Brits en Xander Joubert. Die liedje lirieke vertel die verhaal van iemand wat vir die eerste keer ware liefde vind en hoe oorweldigend dit kan wees om hierdie emosies te ervaar. Die lied is metafories geskryf en die konsep word gebaseer op hoe ware liefde alle verwagtinge oortref. “As jy jou ander helfte vind, is dit oorweldigend en baie skaars om te vind. As dit met jou gebeur moet jy dankbaar wees en weet dat jy gelukkig is dat ware liefde jou gevind het”, sê Xander met dromerige oë. Enige luistenaar sal beslis aanklank vind by “Jy Oortref My” , omdat daar ‘n prominente popklank is wat enige iemand sal laat op spring om te sing en dans en miskien selfs ook ‘n romantiese oomblik ervaar.
Die liedjie is vanaf 27 November 2020 beskikbaar op alle musiek platforms insluitend iTunes, Apple Music, Spotify, Youtube Music, Deezer en vele meer.
Xander is passievol oor musiek en werk die afgelope agt jaar aktief aan sy musiek droom. Sy talent was erken deur een van sy hoërskool onderwysers wat hom genooi het om vir ‘n talentkompetisie in te skryf, nadat hy die volkslied in die klaskamer gesing het. Nadat hy uiters goed gevaar het in die talentkompetisie, het hy sy musiek loopbaan op die voete gebring en het van daar af nog nie een dag teruggekyk nie. Hy het vokale afrigting ontvang wat verskeie ander kompetisies te oorwinning gebring het en toe uiteindelik gelei het om ‘n musiekkontrak te teken by Mallorca, na skool.
MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/XanderJoubertMusic/
Twitter: @XanderJoubert
Instagram: @xander.joubert
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UCVSl6AKthUK4TqVXs6sKFFg
Apple Music: https://music.apple.com/za/artist/xander-joubert/1529809954
Be the first to comment