
Marcel Dalmayda sing al vanaf 5-jarige ouderdom. Dit was wat hy van kindsbeen af wou doen en volg dit nou voltyds as loopbaan.
Op skool het hy altyd in skool revues gesing, aan kunswedstryde en eisteddfods en aan ‘n paar ATKV kompetisies deelgeneem.
Gedurende sy eerste jaar op universiteit was Marcel ‘n gaskunstenaar op Noot vir Noot en daarna het hy ongeveer ses keer verskyn op Musiek Rolette as een van die kunstenaars. Hy het deelgeneem aan The Voice SA se eerste seisoen waar hy in die Top 30 was (hy was deel van Karen se span). Dit is ‘n ervaring waar hy baie ondervinding opgedoen en kontakte opgebou het.
Marcel is gebasseer in Pretoria en sy eerste enkelsnit is ‘n Engelse liedjie getiteld, Forever Mine en is vrygestel deur Precision Music. Dit weerklink reeds op verskeie radiostasies. Bly Bietjie Langer is sy eerste Afrikaanse enkelsnit en geskryf deur Louwrens Bezuidenhout en Deon Groot.
Die tweede enkelsnit wat oor deur Vonk vrygestel sal word, is getiteld Dis Hoe Sy Dans en geskryf deur Marcel self. ‘n Album is in beplanning vir volgende jaar. Hy doen voltyds optredes, is ‘n ywerige kitaarspeler en skryf sy eie musiek.
Be the first to comment