WILLEM VAN DER RYST – KNIPMES AAND

Willem Van Der Ryst – Knipmes Aand

Willem van der Ryst se nuuste enkelsnit, getiteld Knipmes Aand, is ‘n produk uit sy eie pen. Hy speel ook mondfluitjie en kitaar op die snit.
Die lirieke vertel die storie van ‘n naweek in die bosveld waar die manne bymekaarkom met hul coolerboxe om lekker te kuier. Hulle is heerlik gesellig om ‘n vuur met die voggies wat loop en ‘n skaap op die spit. Natuurlik is daar geen bykosse of borde ter sprake nie, want die ouens eet die skaap sommer net so van die spit af met hul knipmesse, vandaar dan die titel, Knipmes Aand. Soos met enige lekker kuier om ‘n bosveldvuur is daar baie stories, soos dat wanneer daar nie meer ys in jou drankie is nie, druk iemand twee vingers in jou drankie en slaan jou op die arm, so sorg dat jy altyd ys in jou glas het. Die opgewekte klank van kitaar en mondfluitjie behoort enigeen se voete te laat jeuk.
Die eerste enkelsnit van ‘n album wat hul beoog om teen die einde vanjaar vry te stel, heet Buffelram en word nou gevolg met Knipmes Aand. ‘n Musiekvideo hiervoor volg binnekort

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


three × 3 =