
Ray Dylan – Torrabaai
Torrabaai is jou tipiese Ray Dylan-klanke met kitare wat lekker kreun. Die wysie en lirieke voer jou weg na die spontane kultuur van Namibië. In Ray Dylan se RDM STUDIO geskryf, opgeneem en vervaardig, is hierdie treffer ‘n ware verhaal oor wat op toer aan die einde van 2018 deur Ray Dylan ervaar is. Dit verduidelik die warmte, liefde en gasvryheid van die Namibiërs. Van die aankoms by die lughawe op Walvisbaai tot in Torrabaai, ‘n klein vakansiedorpie aan die Skedelkus, was Ray se ervaring weereens so asemrowend dat hy net nie anders kón as om oor die gebeurtenis te skryf nie. Persoonlike emosies en mense wat hom aangeraak het, word duidelik in die liedjie vertolk. Ray wil graag hierdie liedjie aan oorlede oom Daantjie van Vuuren, die legend en burgermeester van Torrabaai, opdra. Torrabaai is ‘n ware partytjieliedjie waarna jy oor en oor sal wil luister.
Be the first to comment