
Jan Blohm – Jenny (Enkelsnit)
Gaan oor die verbode liefde tussen twee tieners in die tagtigerjare in ‘n tyd waar dans nog ’n sonde en ‘n taboo was. Hul het regoor mekaar gebly in die spoorwegdae.
Somersaande het Jenny en haar ma op hul rooi stoep gedans en hy het haar dopgehou en van ‘n afstand af begin bewonder. Hy het verlief geraak en wou so graag met haar kommunikeer en leer dans en met háár dans, maar dans was sonde in daardie dae.
Sy het hom leer dans op die maat van die radio en een somersaand het hulle al die reëls gebreek.
Steeds het sy nie geweet hierdie tienerseun in in verroering oor haar en verlief nie. Hy het begin briewe skryf en in haar vensterbank gesit, maar sy het nooit geweet dit kom van die seun wat reg oorkant haar woon nie.
Jenny het jare later in New York gaan woon en werk en hy was steeds hierdie teruggetrokke jong man. Sy het ‘n boek geskryf oor die liefdesbriewe wat sy as tiener gekry het en uiteindelik het hy die moed bymekaargeskraap om vir haar gesê dat dit hy was.
Jenny is ‘n nostalgiese lied met hartroerende lirieke en ‘n treffende melodie uit Jan se pen. Hy het inspirasie geput uit Forrest Gump se tydperk en so is dié enkelsnit gebore wat vervaardig is deur Tertius Human van VPHSTUDIOS.
Be the first to comment