HENNING JOUBERT – VUUR AANSTEEK BOEREMUSIEK

Henning Joubert- Vuur Aansteek Boeremusiek

Henning Joubert is ‘n uitstaande musikant. HY wy se hele wese toe aan musiek, Hetsy in die ateljee of waar hy optree op van die grootste verhoë in die industrie, sy musikale bydrae is ‘n aanwins vir enige produksie. Henning bespeel nege instrumente en is meer as bekwaam as vervaardiger, verwerker, komponis en skrywer.

Henning se nuutse album, Vuur Aansteek Boeremusiek, is ‘n moderne, geen fieterjasies, net lekker boeremusiek album met veertien heerlike treffers. Die besluit was om net ‘n lekker straight forward, lekkerluister, sag op die oor boeremusiek album op te neem, iets wat Henning voel die VONK-span in geslaag het. Die liedjies op dié album is ‘n paar van Henning se gunstelinge en bekende songs onder die boeremusiek geledere.

Musiekverwerkings is deur Henning self gedoen en Tertius Joubert het al die tegniese aspekte, opnames en finale meng hanteer.

Baskitaar, kitaar en konsertina – Henning

Tromme – Vinnie Henrico

Marius Marais & Kobie Botha – Klawerbord

Die album kan digitaal geluister word:

 

Agtergrond

Henning het begin musiek maak op 7-jarige ouderdom. Sy pa was ‘n musikant in eie reg en het ‘n kadetorkes van die hoogste gehalte afgerig. Hy was ook ‘n orrelis in die kerk, dus was daar altyd ‘n instrument wat iewers rondgelê het en waarmee hy kon eksperimenteer. Op 12-jarige ouderdom het Henning konsertina gespeel in Goudkop Primere Skool se boere-orkes. Hy het grootgeword in Klerksdorp, wat ‘n “folk” omgewing is en sodoende blootgestel aan ‘n groot verskeidenheid instrumente soos kitare, baskitare en drome. Ná skool het hy musiek (kitaar) gaan studeer by die Jazz Departement van die Technikon van Pretoria, waar hy ‘n beurs ontvang het.Hy het reeds verskeie toekennings ontvang, onder andere ATKV, the Rock “Guild – Beste konsertina speller (17 jaar), Eisteddfod en Guinness Book of Records vir die grootste konsertina ensemble.

Henning was ‘n lid van die Revolutionere Afrikaanse Rock Groep, Beeskraal en het gereeld saam met die orkes getoer. Tydens die toere het Henning heelwat musikante ontmoet wat hom genader het om vir hulle kitaar te speel. Hy het later weggebreek van Beeskraal en begin speel op ‘n vryskutbasis vir kunstenaars soos William Blackrose, Steyn Fourie en ‘n paar “cover bands”. Gedurende ‘n optrede in London, het Henning en Dozi ontmoet en ‘n maand later het hy op ‘n permanente basis saam met hom begin toer. Na dit was hy ‘n permanente lid van Robbie Wessels se orkes vir drie jaar en daarna deel van Bok van Blerk se orkes.               In 2001 het hy die Sakkie-Langarm-Boereorkes Kompetisie op kykNet gewen en die album van gevolg het, het weggestap met ‘n SAMA-toekenning.

Hy is ‘n veelsydige kunstenaar en speel kitaar, akoestiese kitaar, konsertina, mandolien en baskitaar, blues harp, banjo, klavier en trekklavier.

 

 

 

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*