Willie & Natasha – Waardig is die Heer

Willie & Natasha – Waardig is die Heer

Dit moet ‘n ongelooflike gevoel wees wanneer twee mense, elkeen in eie reg kunstenaars is, ook saam kan sing as ‘n sangpaar. Wat immers nóg lekker moet wees, is as die sangpaar ook getroud is met mekaar. Dit beteken daar is gedeelde belange nie net in musiek nie, maar ook liefde – en nie net vir mekaar nie – ook vir ons Koning Jesus.

Willie het bekendheid verwerf amper 30 jaar gelede al toe hy die geestelike trefferlied, die Nagmaalslied, geskryf het. Willie het al ‘n rits albums die lig laat sien en het ‘n passie vir die bediening. Nie net sing en bedien hy nie, maar het ook al ‘n rak vol toekennings ontvang waarvan een ‘n SAMA toekenning was. Hy beskou dit as sy grootste voorreg om in diens van die Here te wees. Benewens sy bediening en sy solo-optredes is Willie ook deel van ‘Manne wat glo’ – ‘n mans-sangroep wat bedien landwyd.

Natasha, het al drie solo-albums die lig laat sien en het haar loopbaan begin met meer ligte musiek, wat sy steeds doen, maar wat lankal uitgebrei het en sy ook gewild is as motiveringspreker, ma-en-dogter dae en geseënd is om saam met haar man, Willie te kan optree en te kan bedien. Nie net is sy een van die land se mooiste vroue nie – ja – sy behou die titel as Mrs. United Nation SA en Mrs. United Nation Internasionaal, maar het ook ‘n strelende sangstem en ‘n graad in Bedryfsielkunde. Natasha het ‘n hart vir liefdadigheid en is op haar gelukkigste as sy ander mense gelukkig kan maak met haar emmers vol talente wat sy beslis nie onder die maatemmer wegsteek nie.

Hierdie model-huwelikspaar het pas die mooiste geestelike album uitgereik, Waardig is die Heer. Die album is gevul van die wêreld se bekendste geestelike duette soos Waardig is die Heer, My koning Heer, Hoe groot is U, Oorwinningslied, I exalt Thee, Agnus Dei en nog vele, vele meer.
Dis die perfekte album vir ‘praise-and-worship’, saamsing en met hul meesleurende, gemaklike stemme en kwaliteit verwerkings, gaan hul nie net ‘n fees vir jou ore wees nie, maar ook jou hart nie onaangeraak laat nie.
Die warmte van hul liefde kan gesien en gehoor word op die album, maar méér, ook hul liefde vir die Here. Hierdie twee mooi mense sing uit hul hart, loof ons Koning en wanneer jy na WAARDIG IS DIE HEER luister, dit ‘n geestelike ervaring gaan wees.
Defnitief ‘n album wat hoort in elkeen se versameling wat soms bemoediging nodig het of soms net wil jubel en juig en ons Heer loof en prys.
‘n Geestelike ervaring meer as net nóg ‘n album!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*