Willem van der Ryst – Storie Boek

Willem van der Ryst – Storie Boek

Let bietjie op. Daar’s iets unieks in die stemme van ons sangers wat uit die Noord-Kaap kom. ‘n Aardse, unieke, eerlike eerlikheid. Willem het grootgeword tussen vaalbosse op die ghaapse berg, ‘n uur weg van Kimberley. Sy drome in sy persoonlike storieboek was groter as die Karoovlaktes en hy het homself in Gauteng kom vestig en bemagtig as ‘n profesionele klankingenieur. Hy doen vir verskeie kunstenaars klank en wanneer iemand ‘n blaaskans wou neem, het Willem gou agter die mikrofoon ingespring. In sy Storieboek-droom het jy nog skaars omgeblaai, toe is Willem van der Ryst se naam op almal se lippe.
Sy album, STORIE BOEK bevat al die bestandele; top kwaliteit produksie, goeie verwerkings, dié beste musikante in die land en net oorspronklike musiek. Wanneer dit kom by musikante praat ons van reuse soos Jaques Rautenbach, Denny Lalouette, Johan Rautenbach, Jaconell Mouton en nog vele meer…
Die meeste van die liedjies het hy saam met Anton Botha geskryf, wat bekend is dat wanneer hy sy pen optel, dit in treffers verander.

SAND IN ‘n UURGLAS gaan beslis die land aan die praat hê en terwyl die sand deurloop, gaan een van sy nuwer opnames, TASSENBERG kort daarop volg. Die snit, STORIEBOEK vertel ‘n mooi verhaal en gaan jy dit binnekort op elke dansvloer hoor. ALEXANDERFONTEIN staan soos ‘n spogplaas uit in die Karoo met sy warm, akoestiese klank en lirieke wat elke boer se hartsnare sal roer.
Jy kan tussen die snitte hoor dat daar baie moeite gedoen is met hierdie album en dat dit beslis Willem se HART VOL DROME (ook ‘n liedjie op die album) vervolmaak.
Maak jou reg om nog lank hierdie Karooseun se storieboek te lees. Sy ‘boek’ bevat al die regte bestandele vir ‘n kunstenaar wat reg wegspring en hier gaan wees om te bly.

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*