VOLLEBORS IN AFRIKAANS – 23 Mei 2020 Sun Arena | Time Square Casino

VOLLEBORS IN AFRIKAANS – 23 Mei 2020 Sun Arena | Time Square Casino

Vollebors in Afrikaans is ‘n splinternuwe produksie aangebied deur VONK Musiek en Entertainment & Event Factory. Dié tsunami van musikale talent vind plaas op 23 Mei 2020 by die Sun Arena, Time Square Casino, Pretoria. Dit gaan ‘n tsunami van Afrikaanse talent op een verhoog wees met meer as dertig kunstenaars wat hul beste werke in ‘n musiek gedrewe musikale opvoering gaan lewer. Dit op sigself is genoeg om hoendervleis oomblikke te beloof.

Maak jou reg vir ʼn legendariese musiekreis van oorspronklike Afrikaanse musiek, huidige sowel as nostalgiese treffers, alles op een verhoog. Vollebors in Afrikaans beloof ‘n belewenis van oorspronklike Afrikaanse musiek, opgevoer deur die oorspronklike kunstenaars. Daar wag ook optredes deur nuwe kunstenaars met nuwe treffers. Hierdie geleentheid beloof om die gehoor terug te neem in tyd en vir ‘n oomblik die horlosie te laat stilstaan terwyl nuwe herinneringe gekweek word met nuwe treffers. Talle optredes sal deur talentvolle plaaslike kunstenaars op internasionale vlak gelewer word, wie se bekers oorloop van musikale talente. Baie van die sangers is kunstenaars in murg en been en word die blootstelling gegun om dit ten toon te stel. Meeste van die kunstenaars is liedjieskrywers en sangers, sommige is ook bedrewe digters en ander kan selfs toor met ‘n verfkwas.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*