
VISVANG GAAN GROOT!
Ek sou sê dis Rugby, maar toe nie. VISVANG is die grootste sport in Suid Afrika en wat is dan beter om ‘n album gepak met Visvangtreffers uit te reik. Of jou familie nou lief is vir kusvakansies en die man en kinders die see se viswaters aanpak soos Kosibaai, Margate of Jeffersbaai en of julle eerder binnelandvakansiegangers is en meer die rustigheid van die Vaal- of Gariepdam geniet; wanneer daar visgevang word, moet daar altyd iets om te eet, te drink en te luister wees!
Hier stel VONK Musiek vir jou ‘n een-‘vangs’ album bekend met van die gewildste Visvangtreffers. Nou hoef jy nooit weer ‘n hele pak albums in te pak of dat die kinders ‘n “playlist” opstel nie.
Meeste Visvangtreffers vereenselwig jy sommer al met die titel van die snit soos Hartebeespoortdam (Anton Myburgh), Elandsbaai se groot vyf en Jacobsbaai (Andries Vermeulen), Groenrivier se krewe (Basjan), en nog vele meer.
Visvangtreffers is beskrywend, soms tong in die kies, maar meestal goedvoel- en humoristiese musiek.
Liedjies wat aandag vang soos Lekker ou Jan (Basjan), Kaptein Castle (Hugo), Loopdop (Kaptein Skuim) sê vir ons daar word meer geniet as nét visvang en dis als deel van die “sport”!
‘n Album gelaai met treffers van bekende kunstenaars soos Rooies, Jakkie Louw, Gerhard Steyn, Juandre Marais, Jason Bradley, Jan Rhaap, JJ Strydom tot selfs Piet Pappagaai en die sinkers! Pak die stokke en aas en hierdie album. Die grote mag dalk ‘weggekom’ het, maar met hierdie gaan jou vakansie steeds ‘n fees bly!
Be the first to comment