
VirAnder – U Alleen
Loof en Prys kry ’n nuwe unieke klank vanuit die Oos-rand deur ’n groep wat bestaan uit familie en vriende. VirAnder is daar om ’n verskil te maak in mense se lewens deur middel van hulle musiek om mense nog nader aan God te bring. Hulle musiek video vir ‘Sing ’n Hallelujah’ is al meer as 150 000 keer gekyk in minder as ’n week.
VirAnder het hulle bekendheid verwerf met die vertaalde weergawe van ‘Raise a Hallelujah’.
Die groep het besluit om die lied te vertaal omrede dit vir hulle salwing dra. Die liedjie volgens die groep, is ook op die oomblik relevant as ‘n encore lied vir Suid Afrika.
Die bedieningsgroep VirAnder het 3 jaar terug besluit om hulle droom te volg om mense weer nader aan God te bring. Al die liedere kom uit die pen van VirAnder se lede. Inspirasie is gevind deur hulle sterk geloof en in God se woord. Jy kan deur middel van hulle lirieke hoor hulle het net een fokus en dit is dat alles wat asem het die Here loof.Met hierdie album wil VirAnder graag hê dat die liedere almal se harte sal aanraak en dat die hoop altyd in God gevestig sal bly.
Hulle CD vrystelling vind plaas op die 28ste Julie 2019 by die Woord En Lewe Kerk in Boksburg.
VirAnder se Debuut-album U Alleen sal binnekort beskikbaar wees.
Liedere op die album is soos volg: Prys die Heer; U Alleen; Sing ‘n Hallelujah; Meer; Braaf; Nader; Kind Van God; Ek is Vergewe; U is Goed; Wees Stil; Waarlik Vry
VirAnder bestaan uit:
Morne Coetzee – Stem, Kitaar
Zani Coetzee – Klawerbord
Estian Le Grange – Baskitaar, Klawerbord, Kitaar
Jady van Zyl – Dromme, Perkussie, Kitaar, Stem
Chantel van Zyl – Stem
Lizelle Maree – Stem
Daniélle Ackerman – Stem
Charles Ackerman – Kitaar, Stem
“…en die tweede , wat hiermee gelyk staan , is : Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” Matteus 22:39
Be the first to comment