
VatVas Dansorkes – Gooi die meel
Gooi die meel en maak daai litte los met die VatVas-dansorkes!
Dié driestuk van die Oos-Rand is geskaaf, gedrewe, passievol, afgerond en vol in die kol.
As jy op country, rock-‘n-roll en boeremusiek wil dans, nooi jy Rudie Grobler, Johan Duvenhage en Martin Viljoen – wat al jare in die musiekbedryf doenig is – om die ritme by jou geselligheid te verskaf. Hul vertonings word gekenmerk aan afgeronde kitaarspel, indrukwekkende beligting en ‘n klankstelsel wat die meel van die vloer sal wegblaas!
Hul debuut-album, Gooi die meel, is ‘n vrolik en opgewek. Die bekende kunstenaars Rudi Muller en Ernie Bates het die stewige, professionele produksie behartig.
Hul vyfjaarplan is bloot om musiek te maak wat mense sal geniet.
Ontmoet die musikante:
Martin Viljoen
Verjaardag: 11 Augustus (1977)Hy bedryf sy eie opname-ateljee, verkoop klank- en beligtingtoerusting en behartig verskeie kunstenaars se klank. “Ek hou daarvan om tyd in die natuur deur te bring; dis baie ontspannend. Diepseehengel en perdry tel tussen my tydverdrywe – én ek is nogal ‘n goeie kok.” “Ek is gelukkig getroud met ‘n baie oulike vroutjie wat my bystaan en aanmoedig in my musiek loopbaan. Ons het drie woelige Jack Russels wat ons baie besig hou.” Rudie Grobler
Sy pa het sy eie orkes gehad so Martin (een van drie kinders) het al van kleins af met musiek grootgeword. Op vyf kon hy al kitaar en klavier speel en op twaalf het hy sy musiekloopbaan begin.
Hy woon aan die hange van die Suikerbosrand in pragdorpie Heidelberg, Gauteng.
Verjaardag: VERSKAF ASB
Gevestig in Nigel, waar hy sy eie ingenieursmaatskappy bedryf.“Ek was twaalf jaar oud toe ek saam met my oorlede pa, Hans, begin kitaar speel het; eers net so by die huis. Toe hy hoor ek kom mooi reg, het ek saam met hom by troues en ander funksies opgetree. Ons is ‘n lekker groot familie. Ons vyf broers en drie susters, waarvan ek die jongste is, almal is al getroud en het kinders; behalwe ek.”
Johan Duvenhage
Rudie geniet rugby, ondersteun die Haaie ondersteun en woon graag motorresies by. “Ek het ook vir my self ‘n motor opgebou en is nog besig met hom. Ek wil ook gaan resies ry.”
Rudie is ‘n kranige hengelaar, versot op die spoed van motorfietse en hy hou daarvan om motors mooi en vinnig te maak.
Verjaardag: 28 Junie (1962)
Martin, een van vyf kinders, woon op ‘n kleinhoewe in Nigel, waar hy met skape en beeste boer en sy eie vervoer-onderneming en pandjieswinkel bedryf.Hy geniet perd- en motorfietsry , bring graag tyd in die natuur deur en hy is ‘n groot rugby-ondersteuner en skree vir die Haaie. “My grootste vreugde in die lewe is om te vlieg. Ek het vlieëniers-opgeleiding en het dit jare lank gedoen. Ek was meer in die lug as op die grond. Ek was ‘n baie streng instrukteur en het daarom die bynaam Generaal gekry. Van my kinderdae as vyfjarige seuntjie het ek graag na my pa geluister as hulle bietjie musiek gemaak het. Daar het ek die liefde vir die kitaar ontwikkel. Ek kon vir ure na hulle sit en luister. Ek is getroud, het ’n aantreklike vroutjie en slimkop kindertjies.” Dit is die dans-orkes VatVat se manne – manne wat kán!
Kry hul CD Gooi die meel en laat die klank van die kitare die rimte gryp!
Be the first to comment