
Vasvat Snare – André van Deventer & Gerhard Meyer
Hierdie manne kom al ‘n langpad. André, wat nog ‘n jongeling is, woon in Brakpan en is ‘n motorwerktuigkundige. Gerhard, wat so paar somers ouer is, het grootgeword in Lichtenburg en is nou in Klerksdorp waar hy homself as ‘n gesondheidsinspekteur bekwaam het. Op 16 ontmoet André vir Hennie de Bruyn wat hom die basiese drukke op ‘n kitaar geleer het. Gerhard weer op die ouderdom van 14 begin mondfluitjie speel en later bemeester hy die kitaar.
Jare het verby gegaan en toe ons weer sien, bereik Gerhard Meyer en Hennie de Bruyn goue status as Die Kitaarkêrels waarvan verskeie albums opgeneem is en vele goue status bereik het en selfs met ‘n paar Ghoema- en SAMA toekennings benoem is.
In 2011 kruis André en Gerhard se paaie nadat die Kitaarkêrels besluit het om hul vlerke in verskeie rigtings te sprei en daar word hierdie tweelingskap gebore. Beide manne met warm vingers.
Hierdie is hul vierde album saam met die unieke kombinasie van ‘n 3-snaar piek en ‘n ritmiese kitaar. Dit was ‘n nuwe klank vir die publiek, want ons is so gewoond by die braaivleisvuur speel iemand ‘n konsertina en een begelei met ‘n ritmiese kitaar. Hulle het besluit om hierdie kombinasie te probeer en die sukses staan geskryf teen die muur.
Vasvat Snare is ‘n lekker-luister album met verskeie genre’s. Of jy langpad ry, vuurmaak of ‘n draaitjie om die tafel wil dans, moet jy hierdie album Vasvat!
Be the first to comment