Sollie Marx – 54 Jaar se Kitaar Juwele

Sollie Marx – 54 Jaar se Kitaar Juwele

Sollie sal seker nie daarvan hou as jy hom ‘oom’ noem nie, maar dalk eerder ‘meester’. Daar’s ‘n spreekwoord wat lui dat as jy vir tien jaar aan iets daagliks oefen, jou kans om dit ten volle te bemeester, 100% gewaarborg is. Dus, kan ons vir Sollie Marx ‘n meester van die snare noem. Sy liefde vir die kitaar het begin op die ouderdom van 23. Hy begin as jongman die kitaar bemeester, maar kort voor lank stig hy die Vaaldam Orkes en in 1965 stel hul hul eerste langspeelplaat bekende, getiteld “Die Snare Sing”.
Elke Saterdagaand van sy lewe het hy en sy orkes die snare laat wikkel êrens in die land vir meer as 13 jaar. ‘n Tweede en derde langspeelplaat het ook gevolg waarvan die laaste een, Kitaal Party in 1969 opgeneem is.
In September 2017 word Sollie bekroon met die toekenning as Boeremusiek ikoon deur die Boeremusiek Gilde vir sy bydrae tot die skatkis van boeremusiek wat deel van ons erfenis geword het.

Nou op die ouderdom van 80 is hy steeds te sien op verhoë reg oor die land en by elke boeremusiek-byeenkoms. Sy musiek het al wye draaie gemaak selfs so ver as Australië en London.
54 Jaar se kitaar juwele is ‘n samestelling van al sy groot gunstelinge wat strek oor 54 jaar.
54 Jaar se kitaar juwele is ‘n samestelling van al sy groot gunstelinge wat strek oor 54 jaar. Dis ‘n dubbel-album propvol verpak met die een boeremusiek-treffer op die ander. Bekendes en onbekendes, maar as jy ‘n aanhanger van Boeremusiek is, is hierdie beslis een vir jou versameling.
Meeste van die liedjies het hy self geskryf, maar hier en daar sien jy ook bekende name soos Nico Carstens en nog van die ander groot ikone.

Of jy nou wil Polka, trippel, Wals of die Seties vastrap, hier is album gevul met ‘n verskeidenheid van genres opgeneem oor meer as 5 dekades! Beslis ‘n versamestuk vir elkeen waar daar boeremusiek in sy are klop!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*