
SOKKIE GAAN GROOT!
Of dit nou jare terug nog Balke-toe was, langarm of skoffel, deesdae SOKKIE ons. En as jy nie kán Sokkie nie leer jy vinnig, want dis in ons Afrikanerbloed om onsself gate uit te geniet op ‘n dansbaan. VONK verras ons met ‘n album vasgetrap met van ons land se grootste Sokkie-treffers. Vrydagaande begin ons gewoonlik, nes die eerste snit Vrydagaand deur Gerhard Steyn en Anaïs. Snotkop is ook deel van hierdie trefferslys vir die jongeres terwyl Kurt Darren en Juan Boucher al gesoute Sokkie-manne is.
Behalwe dat dit bloot pret is, het die meeste van ons ook al ons harte verloor ‘n dansbaan. Daarom is daar ook ‘n paar Sokkies vir die verliefdes soos Iemand om vas te hou van Helene Bester, Dream masjien van Anton Myburgh, Kateriena Malherbe (Hennie Jacobs), Afrikaanse Meisies (Gerhard Steyn), en nog vele meer.
Die wat van ‘n bietjie meer County-Sokkie hou, is daar ook manne soos Die Campbells en Rooies. Joe F, Jakkie Louw, Emil Struwig sorg weer vir meer moderne-Sokkie.
Die album maak ook plek vir die nuwe, jonger kunstenaars wat jy al meer en meer op die dansbaan hoor en dan wonder wie dit is wat jou voete so laat jeuk. Chané Valentine, Chrizaan, Elmé, Ernie Bates is maar om ‘n paar te noem.Of jy nou wil Sokkie, die langpad vat wat jou beslis gaan wakker hou of net die dinge aan die gang wil kry rondom die braaivleisvuur, is hierdie dié album vir oud en jonk.
Be the first to comment