Ray Dylan – Country Vibes

Ray Dylan – Country Vibes

Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Ray slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuuste album, “Country Vibes”, is ‘n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers! “Country Vibes” bestaan uit 19 liedjies, soos “Forever Young, Santa Maria, Beautiful War en Stuck on You” om slegs ‘n paar te noem – nie almal noodwendig eg “country” nie, maar met ‘n baie duidelike “country”-aanslag – soos net Ray Dylan kán!
Hy is een van die veelsydigste sangers in die bedryf! Hoewel hy tans ook ten opsigte van produksies en promosies diversifiseer, gebruik hy steeds sy geseënde stemtalent. Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ‘n geweldige wye repertoire.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*