Pitkos Vol.4 – Tradisionele Boeremusiek

Pitkos Vol.4 – Tradisionele Boeremusiek

Net sodra jy hoor mense praat agter hul hand dat tradisionele boeremusiek besig is om uit te sterf, dan kom die immergroen konstertinakoning, Hannes Schoeman te voorskyn en bring nóg ‘n treffer-album uit. Hy reik al albums uit sedert 1989 en meer as ‘n 100 albums het al die lig tussen deur sy konstertinavingers gesien.
PITKOS Vol. 4 is gepak met ‘n versameling ou en nuwe treffers en daar is bekendes en onbekendes wat op die album gespeel het. Só bly hierdie musiekstyl vars en die oues word vereer en die nuwes kry ‘n geleentheid.
Boeremusiek is so deel van ons erfenis soos koffie en beskuit. En nes jy nie jou oggend kan indink sonder boeretroos en ‘n stukkie beskuit nie (alhoewel jy nie elke dag boeremusiek luister nie) as jy dit tog hoor, maak nie saak hoe oud jy is nie, jy wéét daardie klank loop erens in jou bloed – nes jou DNA.

PITKOS is gevul met liedjies in eg-tradisionele boeremusiekstyl. Geen elektroniese, moderne instrumente is gebruik nie. Néé, jy hoor nog vir juffrou konsterina en vir oom banjo. Het ons dit nie as kind ‘n krismiswurm genoem nie? Wel, wurmpie is daar en laat jou hart warm klop as jy hom hoor huig.
Hierdie is die perfekte geskenk wat kleinkinders vir hul grootouers kan koop en selfs net so perfek vir grootouers om dit vir hul kleinkinders te koop, want hierdie is nie net musiek nie; hierdie is erfenis en ‘n versamelaarsitem.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*